Die polisie het ʼn soektog van stapel gestuur na ʼn Gautengse paartjie wat tydens hul vakansie in die Oos-Kaap verdwyn het.
Kapt. Mali Govender, polisiewoordvoerder, het Maandag aan Maroela Media gesê Guy McLaughlin (40) en sy vriendin, Lindsay Lamb (33), is Vrydag die laaste keer gesien.
“Hulle sou na Hogsback gereis het en dan op na die Wildekus voor hulle sou terugkeer Gauteng toe,” het Govender gesê.
“Volgens inligting van familielede het hulle Vrydag Grahamstown verlaat om na Hogsback te reis. ʼn Voertuig wat hul motor se beskrywing pas, is later die dag deur verkeersbeamptes op die N2 onderweg na Butterworth opgemerk.”
Govender het gesê daar is ʼn moontlikheid dat die paartjie langs die kus van Transkei kan wees.
Die paartjie ry met ʼn metaalbruin Audi-stasiewa met die registrasienommer RSM324GP. Twee fietse word op die voertuig se dak vervoer.
Enigiemand met inligting oor waar die paartjie hulle mag bevind of wat die voertuig opmerk, word versoek om ao. Andrew Bovey van die Grahamstown-polisie by 082 301 9408 of hul naaste polisiestasie te bel.
Lees ook: [Opvolg] Vermiste paartjie opgespoor
Mag hierdie mense veilig en ongedeerd wees. En gou gevind word.
Is dit moontlik dat daar nie sien is waar hul reis nie….bid dat hul veilig is
Lees dit op albei mense se gesigte… avontuurlustig
Blissfully and ignorantly unaware. Hulle slaap en droom seker nog steeds in die ou SA! Daai dae van kamp in die middel van nerens is verby….. sou seker beter gewees het om in Irak te gaan kamp.
Ek is seker hulle is toe opgespoor?