Paartjie word al ʼn maand lank vermis

Nozipho Mnguni (Foto: SAPD)

Die polisie in Durban het Vrydag die hulp van die plaaslike gemeenskap ingeroep om ʼn paartjie van Pinetown, wat al ʼn maand lank vermis word, op te spoor.

Lt.kol. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, het gesê Langelihle Mazeka (41) is die aand van 13 Desember weg by sy huis op pad na sy meisie, Nozipho Mnguni (27). Sy werk by ʼn plaaslike hotel en het pas klaargemaak met haar skof.

Die paartjie is van Mpola in Marianhill, Pinetown.

“Langelihle het gereeld vir Nozipho ontmoet wanneer sy laat gewerk het, omdat sy verby die digte Umhlathuzana-woud moes huis toe loop,” het Zwane verduidelik. “Langelihle het sy kamer se lig aangelos en sy selfoon by die huis gelaat toe hy gestap het om Nozipho te gaan haal. Hulle is egter nie weer gesien nie.”

Langelihle is oorspronklik van Impendle en Nozipho is van Greytown.

Zwane doen ʼn beroep op enigiemand met inligting oor die paartjie om die polisie in Marianhill te kontak of ao Joseph Sithebe by 073 190 1442.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

PJC ·

Die storie van die digte woud waar hulle moes verby klink gevaarlik. In die huidige omstandighede is dit nie eers meer veilig in ń helderverligte winkelsentrum nie.

Ouvrou ·

My hart sink sommer in my skoene in. Ek bid vir hul veiligheid. Niemand, maar niemand is veilig in hierdie vervloekte land nie. Hoeveel mense se bloed gaan nog op hierdie grond van ons vloei nie.

Ben ·

Ja, Ouvrou, ons word almal links en regs met bloed in hierdie land geplant. Mens moet maar gereed wees… Dis realiteit.

MissDemeanor ·

By watter hotel het sy gewerk? Ek voel werkgewers het ‘n mate van aanspreeklikheid oor werknemers se welsyn. Waarom laat hul iemand wat geen vervoer het nie werk tot so laat (miskien te laat om ‘n taxi/ bus te neem)? Ek was gelukkig genoeg om te werk vir n plek wat ‘n “shuttle service” gehad het. Ons land is gevaarlik, ons moet na mekaar kyk.

@ MISS DEMEANOR ·

Ag dis absoluut nonsens. EK weet jy bedoel dit goed, maar waar kan ALLE werkgewers ALLE werknemers van VERVOER na en van hulle huise voorsien? WEes asb tog realisties, daar is wagte wat na ure werk, mense in hotelle, restaurante, my eie kind het in ‘n restaurant gewerk en eers 1 uur in die nag huistoe gekom . en NOOIT het ek van die werkgewer verwag om hom (as skoolseun) huistoe te bring nie .. JY MOET NA JOUSELF kyk, hierdie storie van NA MEKAAR kyk is twak.

Skokkend ·

NEEWAT wit en swart word nou afgemaai. Die REGERING lag in die Parlement vir die wit moorde maar nou dat swart moorde plaasvind draai hulle ook maar net hulle gesigte weg, dit is NET as ‘n wit boer ‘n werker aanval dat dit BAIE aandag trek en dit aan ‘n groot klok gehang word. Die moorde DAAGLIKS op kinders in Townships en BOERE op plase laat knip nie ene politikus meer ‘n oog nie. EK het gehoop SA sal nooit verval en ‘n land word waar mense GEEN respek vir ander se lewens het nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.