Paasfees-padsyfers ‘klop nie’ – AA

Motoriste maak amok tydens die Paasnaweek. (Foto: SA Trucker/Twitter)

Die padveiligheidsyfers wat die minister van vervoer, Fikile Mbalula, vandeesweek bekend gemaak het, sou bemoedigend gewees het as dit ooreengekom het met die syfers wat vorige jare bekend gemaak is.

Die Automobiel-Assosiasie (AA) sê geen noemenswaardige afleiding kan uit vanjaar se syfers gemaak word nie, aangesien dit nie met mekaar klop nie.

Mbalula het Donderdag bekend gemaak daar was minstens 189 ongelukke oor die Paasnaweek met 235 mense wat op die land se paaie dood is.

“Syfers van die Padverkeerbestuurskorporasie (RTMC) – wat uit amptelike data verkry word – wys 228 mense het tydens die 2019-Paastydperk op die land se paaie omgekom. Indien dit die geval is, is die 235 sterftes wat vanjaar oor die Paastyd aangemeld is, ʼn toename en nie ʼn afname nie,” sê die AA.

“Mbalula het gister egter gesê 260 mense het tydens die 2019-Paastyd gesterf, wat op ʼn daling dui. Die syfers klop nie met mekaar nie, wat enige kommentaar daaroor oorbodig maak.”

Die AA sê die syfer van 260 sterftes in 2019 verskyn in geen amptelike regeringsdokumente nie, wat vrae oor die akkuraatheid daarvan laat ontstaan.

“In 2019 het die Paastydperk tussen 18 en 21 April geval, maar die amptelike syfers is op 29 April – minder as agt dae later – goedgekeur. Die finale syfers word gewoonlik eers ná 31 dae bekend gemaak,” sê die organisasie.

Die AA waarsku dat enige syfer wat nou vir vanjaar se sterftes bekend gemaak word, voorlopig is – en om dit met enige syfer van vorige jare te vergelyk “statisties irrelevant en voortydig” is.

“Ons het ʼn situasie waar die minister van vervoer sê die regering vorder met sy padveiligheidsdoelwitte, maar sy gevolgtrekking is gegrond op twyfelagtige data. Geen noemenswaardige afleiding kan weens die verskil en onbetroubaarheid van die syfers gemaak word nie,” sê die vereniging.

Hy sê die teenstrydighede in die syfers is voorts ʼn probleem omdat dit gebruik word om toekomstige padveiligheidsplanne te rig.

Die AA sê desnieteenstaande die teenstrydighede in die syfers, bly die getal sterftes op die land se paaie oor vakansietye steeds te hoog.

“Een sterfte is een te veel. Ons kan ook nie aanhou om ʼn boodskap te verkondig wat bestuurders vir die hoë sterftesyfers blameer nie. Ons weet dat menslike foute botsings veroorsaak, maar dan moet almal wat daarby betrokke is maniere vind om veiliger stelsels tot stand te bring wat dit in ag neem.”

Die AA het verkeersbeamptes landwyd geloof vir hul toewyding om die Paasnaweek-verkeer te hanteer, maar sê ook dit is iets wat daagliks moet gebeur.

“Padveiligheid kan nie seisoenaal of geleentheidsgedrewe wees nie; dit moet ʼn deurlopende poging wees. Tot ons dit besef, asook die belang van padveiligheid vir ons ekonomie en samelewing, gaan

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Kaptein ·

n Mens kan sien wie het hom geleer somme maak.
Oom Zoma. Alles is mos n grap vir mnr Fikile Mabilula.

Fedup ·

Do i have to send the abacus again?
Or maybe my 8 year old twin nieces?

Hennie ·

Mbabalubab het nie somme gehad op skool nie… Ook nie Afrikaans nie….

Dirk Mostert ·

Volgens ‘n TV-berig was 35% van die sterftes voetgangers. Hulle behoort eerder geklassifiseer te word onder onbedoelde selfmoord, soos doodgeskok tydens kabeldiefstal of in onwettige myn-aktiwiteite.

Nie Verbaas ·

Padsyfers klop nie. Niks ongewoon nie. Geen syfers van ANC klop nie. Wiskunde en statistiek opvolg ontbreek.

Jack ·

Dit is tog sekerlik nou al welbekend dat syfers wat positief lyk altyd as politieke middel gebruik word om die ministers beter te laat lyk. Daar is teveel voorbeelde hiervan om op te noem. So my uitgangspunt is: Glo geen syfers wat deur die staat aangekondig word nie veral nie oor dood en matriek slaag syfers nie. Dit is nou normaal om te lieg hieroor.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.