Paasnaweek-dodetal staan reeds op 24

Argieffoto Foto: ER24

Argieffoto Foto: ER24

Die Padverkeerbestuurskorporasie sê 24 mense is reeds dood en 34 beseer op die land se paaie sedert die begin van Paasnaweek.

Thato Mosena, woordvoerder van die Padverkeerbestuurskorporasie, sê agt mense is dood nadat ʼn bestuurder beheer oor sy motor verloor het op die N1 tussen Makhado en Thohoyandou in Limpopo. Die motor het aan die brand geslaan.

Mosena sê tien mense is dood en vyf beseer nadat ʼn vragmotor en ʼn minibustaxi gebots het op die R707 tussen Petrus Steyn en Lindley in die Vrystaat. Intussen is vyf mense dood na ʼn taxi-ongeluk naby Greytown in KwaZulu-Natal. ʼn Man is Vrydagoggend dood nadat sy motorfiets teen ʼn motor gebots het in Durban. Die 47-jarige man is op die toneel dood verklaar. Die bestuurder van die motor is nie beseer nie.

Mosena sê onpadwaardige voertuie sal geskut word. “As jy nie ʼn geldige rybewys het nie, sal jy tyd in die tronk spandeer.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.