“Tot en met Saterdagaand was daar 103 sterftes en 80 ongelukke,” het Gilberto Martins, uitvoerende hoof van die Padverkeerbestuurskorporasie, gesê. “Ons het nog nie al die getalle nie. Die finale verslag sal eers môre [Dinsdag] ingedien word en later beskikbaar wees.” Die departement van gemeenskapsveiligheid in Gauteng sê daar is intussen steeds swaar verkeer op die land se hoofweë.
Die Nasionale Padagentskap (Sanral) sê padongelukke in Suid-Afrika sal voortduur indien motoriste se gedrag nie aangespreek word nie. “Tot en met ʼn aantal padveiligheidskwessies nie aangespreek word nie, kan ons verwag dat die slagting op Suid-Afrika se paaie, in veral vakansietye, sal voortduur,” het Elna Fourie, Sanral se veiligheidsbestuurder, gesê.