Paasnaweek: Duisende motoriste oortree aandklokreël

‘n Verkeersopeenhoping Maandag op die N2 tussen Botrivier en Grabouw. (Foto: Rob Breezy/Twitter)

Minstens 32 000 voertuie in die Wes-Kaap het gedurende Paasnaweek die aandklokreël verontagsaam en tussen 00:00 en 04:00 op dié provinsie se hoofroetes gery.

Jandré Bakker, woordvoerder van die provinsiale departement van vervoer, sê dié voertuie is deur middel van die Asod-stelsel, wat die gemiddelde spoed van ʼn motor vandat dit die eerste kamera verbysteek totdat dit ʼn tweede kamera bereik, op die provinsies se hoofroetes soos die N1, N2, N7 en R27 getel.

Dit sluit dus nie eens al die ander roetes in dié provinsies in nie.

Die departement het Maandag motoriste gewaarsku wat ná afloop van die Paasnaweek huiswaarts keer om gehoor te gee aan die aandklokreël. “Ons is op die pad en sal nie huiwer om jou te stop, te beboet en te laat wag totdat die aandklokreël opgehef is voordat jy jou reis mag voortsit nie,” sê Bakker.

Die Asod-stelsel toon verder dat meer as 350 000 voertuie sedert die begin van die Paasnaweek deur die Wes-Kaap se hoofroetes beweeg het waarvan 74 000 voertuie Sondag deur hierdie punte beweeg het.

Byna 9 000 voertuie is reeds vanoggend deur hierdie stelsel getel. Daar word verwag dat dié provinsie se paaie veral tussen middagete en 20:00 besig sal wees.

Die verkeer het Maandagoggend reeds op die N1 in Limpopo opeengehoop. (Foto:Mogalakwena Municipality/Facebook)

Die Gautengse verkeerspolisie het intussen in ʼn verklaring gesê swaar verkeer word op al die hoofroetes en snelweë wat na dié provinsie lei, verwag namate Suid-Afrikaners ná die Paasnaweek tuiskeer.

Voorlopige data het teen Sondag getoon dat 30 motoriste oor die Paasnaweek op Gauteng se paaie gesterf het. Die meeste van hierdie sterftes word toegeskryf aan dronkbestuur, die onveilige verbysteek van voertuie, spoed, oorlading en voetgangers wat snelweë oorgesteek het.

Meer as 40 motoriste is teen gister reeds in hegtenis geneem op aanklag van dronkbestuur. Die meeste van dié oortreders is in die omgewing van Carletonville aan die Wes-Rand aangekeer.

Sello Maremane, woordvoerder van die departement, sê polisiebeamptes is steeds sigbaar op Gauteng se hoofpaaie. Bestuurders word versoek om waaksaam en geduldig te wees en die padreëls na te kom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

33 Kommentare

SomeOne ·

dis baie vreemd dat die our people wat diens doen, nie die our people aftrek nie, maar die wittes word beboet, so al of our people nie die our people raak kan sien nie

Menan ·

As 1 April nie al verby was nie, so ek kon sweer Bakker is besig met April fool……

Vrijburger ·

Nie April gek nie, net gek: “…….. laat wag totdat die aandklokreël opgehef is voordat jy jou reis mag voortsit nie.” Gee so iemand net ‘n klein bietjie mag en kyk wat gebeur…….

Willem ·

So hulle gaan jou beboet en laat wag. Waar gaan hulle jou laat wag? Daar langs die pad? Wat is dan die verskil jy wag langs die pad of ry op die pad? Party dinge kan ek nie verstaan nie

Tanja ·

Meeste voertuig bestuurders ken nie ons land se pad reëls of wette nie

JohanR ·

Al soe siek, sat en dik vir die aand klokreel. Kan sien waar die ‘n probleem kan wees as jy saam met 30000 anders disco boogie hier 2vm, maar alleen of met jou familie in ‘n kar?

Andre ·

Dit gebeur seker maar wanneer sinnelose reëls uitgevaardig word net om alles te beheer.

Anoniem ·

Baie waar Andre, die 2 sinnelose afduimers gaan slaap seker saam met die hoenders.

Jaco ·

Dieselfde DA wat dié provinsiale dept van vervoer beheer en wat oortreeders van die aandklokreël wil vasvat, is ook teen simpel inperkingsreëls. Hoe dan nou?

Philip ·

Mnr Bakker het nou die groot karwats uitgehaal met die waarskuwing van die ASOD stelsel wat nou sommer elke motoris twee maal gaan beboet en boonop hulle reistyd lelik belemmer.

Wielspore ·

Ek wonder nogal watse impak dit op Covid 19 virus oordrag het om gedurende die stilste tyd van die nag te reis na jou bestemming. Dit is mos nie ‘n kwessie van reis tusssen drinkplek en drinkplek of ander s tussen drinkplek en huis. Ook maar lekker stupid.

Oom Hennie Pennie ·

Dit gebeur as mens sinnelose regulasies soos die aandklokreel instel. Mense is nie meer dom pampoene nie. Dronk bestuurders en spoedoortreders moet toegesluit word sonder ‘n keuse van ‘n boete.

JM ·

Die mensdom wil nou maar eenmaal nie luister om nie onder die invloed van drank te bestuur en ander se lewens in gevaar te stel nie! Dieselfde met die verontagsaming van padreëls: dit is uiters selfsugtig.

Ovelia ·

Wat kan ons se? Dan word hier i Parys nog n dronkhuis gehou tot wie weet hoe laat, dan moet hul mt hul dronk lywe nog huis toe. Nee help asb. Parys

Astrain ·

Ons woon naby n streekpad in Limpopo, dit het tot ounag toe geklink soos N1 spits verkeer!

H ·

ja ?? en ??? wat daarvan…. Die aandklok reel is veronderstel om vir bymekaar kom geleenthede te geld. As iemand met dy kar ry na middernag oppad iewers heen wat daarvan ???? wie gaan hy aansteek met covid. Die regerinmg is kleinlik en sit met ik lose polisie manne wat die wet moet toepas en nie vir hulself kan dink nie. ek se weer , so WHAT as daar mense na middernag in hul kar is oppad huistoe of waarheen ookal . Pas dit toe as daar n byu eenkoms is in die townships… of is julle bang ???

Deon ·

Pas julle wette/regulasies toe, sluit almal toe, mans, vrouens, kinders, diere wat saam in die voertuie is, skut die voertuie, doen wat julle dreig om te doen, laat ons sien hoe ver kom julle. Hou op om te dreig, ek begin al geviktimiseerd voel en ek dink julle kan daarvoor vervolg word. “harrassment” ens ens.

Karel Kobus Kruger ·

Jandré is baie kragdadig. Klink asof hy n paar glase Tarzan water gedrink het.

Cherokee ·

So what? Behalwe vir die enkele gevalle waar botsings was, kan verseker wees dat die motoriste aan die sosiale afstand reël voldoen het, deur (heelwat!) meer as die voorgeskrewe 1½m of 2m van mekaar te wees. Die mense wat bymekaar was in motors, sou buitendien, indien nie op toer, bymekaar gewees het tuis. So, wat op aarde kon daardie aandklok-reël bereik? Niks, soos in bôggerol.

Johnny ·

Ek het, met ‘n gevoel van selfvoldaanheid, die regulasie geïgnoreer en gistermiddag 18:00 uit Kaapstad weggetrek en Johannesburg toe gery. Was vanoggend10:00 tuis.
Interessant dat passasiersbusse gedurende daardie tyd mag ry, maar nou probeer hierdie nar ons vertel dat gewone voertuie nie op die pad mag wees nie . . .

Ali ·

Dis seker jou skuld as daar mense is wat die pad aspris ophou sodat mense nie betyds by hul bestemming kan uitkom nie, ek is seker baie mense wou baie graag vroeer by hul bestemmings uitkom… Seker net nog ‘n skelm manier om geld te maak deur om mense te beboet vir iets wat uit hul beheer was…

Stof ·

Ek kan met waardering meld dat Abel Konstabel nie onredelik is nie. Daardie kere as ‘n SOS ontvang word en noodgedwonge in die nagtelike ure na ‘n traumatoneel of Biko gereis moes word, her hulle nooit gepla nie. In sommige gevalle was Broer Abel gaaf genoeg om my sommer ook te begelei deur die busbane.
Ek reken, Abel se gesindheid het baie te doen met die gesindheid waarmee hy ook bejeen word wanneer hy jou groet op die pad, sowel as wedersydse respek vir mekaar.

Alet ·

Ja en… lyk my die Covid balletjies wag tot 12 uur die nag dan spring hulle agter die bossies uit.

john ·

oh Hoe verbasend mense is besig om te stop om te luister na die al weetende ANC .. Wat verwag hulle mense is gat vol van die nonsens sowel swart as wit. Ek Glo daaran hierdie Covid en sy reels is die begin vd einde vir die ANC

AH ·

Die sterftes op die paaie is tog nie diegene wat die aandklokreël op hoofpaaie verontagsaam se skuld nie, maar wel dronkbestuur en minagting van normale padreëls. Ek wonder ook hoekom die aandklokreël nie maar net in dorpsgebiede of stedelike gebiede toegepas kan word nie, want die mense wat dan daardie tyd van die nag op straat is is waarskynlik op pad vanaf ‘n kuierplek en het miskien ‘n dop of twee agter die blad. Ek is dankbaar vir die aandklokreël aangesien die straatresiese wat veral gedurende naweke plaasgevind het nou iets van die verlede is, maar weereens in ‘n stedelike gebied. Diegene op die hoofroetes verontagsaam die aandklokreël vir ‘n goeie rede. Om in die nag te reis maak ‘n groot verskil wanneer daar ‘n lang afstand afgelê moet word. So my siening is JA vir aandklokreël in dorpe en stede maar NEE op hoofroetes….

Neestemmer ·

So mooi om te sien dat mense die kommunistiese reels van die korrupte “regering” begin ignoreer. Dink hulle regtig dat ons glo hulle griepvirus is so slim dat hy net in die nag uitkom en jou kom besmet daar waar jy in jou motor ry? Dalk moet ons net ‘n masker vir die motor ook kry, bietjie lap hou mos gelukkig hierdie virus uit! …..

Nico ·

Nou verstaan ek nie meer nie, die apartheid’s regering het die Oakland reël toe gepas, daaroor was baie te sê gewees en nou doen die ANC regering dieselfde, dit is net die blankes wat daaronder lei.

quartus ·

niemand weet waarom die aandklok reel in die eerste plek nou nog in werking is nie. Dit dien absoluut geen doeol nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.