Paasnaweek-padsterftes vandag bekend gemaak

Foto: ER24

Foto: ER24

Dipuo Peters, die minister van vervoer, gaan Woensdag die statistiek bekend maak van die aantal persone wat oor die afgelope Paasnaweek op die land se paaie gesterf het.

Peters sal na verwagting ook die hoogtepunte uitlig van veldtogte en programme wat van stapel gestuur is om die aantal padsterftes tydens dié tyd van die jaar te verminder.

Intussen het die Padverkeerbestuurskorporasie aangekondig dat daar teen Saterdag reeds minstens 103 mense tydens die Paasnaweek op die land se paaie dood is. Die korporasie sal later, sodra Sondag en Maandag se ongelukstatistiek versamel is, opgedateerde inligting bekend maak.

Trac, die konsessie wat die N4-snelweg tussen Pretoria en Mosambiek bedryf, het Dinsdag bekend gemaak dat daar geen noodlottige ongelukke op dié gedeelte van die snelweg plaasgevind het nie. – SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.