Paasnaweek: Werksure by grensposte vir reisigers aangepas

malusi-gigaba-minister-van-binnelandse-sake

Malusi Gigaba, minister van binnelandse sake. (Maart 2017) (Foto: GCIS)

Die departement van binnelandse sake het Woensdag gesê hy het reeds die werksure van sommige van die land se grensposte verleng, aangesien massas mense jaarliks op Paasnaweek in en uit die land reis.

Malusi Gigaba, minister van binnelandse sake, het dié aankondiging Woensdag in Pretoria gemaak.

Volgens Gigaba wys data daarop dat daar ʼn groot behoefte by reisigers bestaan om die werksure van dié grensposte te verleng. “Ek het daarom die verlenging van werksure vir sommige grensposte goedgekeur, aangesien daar jaarliks oor Paasnaweek ʼn duidelike toename in beweging deur die grense is,” het hy gesê.

Volgens hom sal dié nuwe werksure tot op 6 April geldig wees. Gigaba sê aangrensende lande is reeds van dié besluit in kennis gestel en het bevestig dat hulle hul samewerking sal gee.

Hy sê die verlenging van werksure beteken dat werknemers by grensposte ten volle voorbereid moet wees op die massas wat gedurende Paasnaweek gaan toer. Volgens hom is dit ook belangrik dat grensposte waaksaam bly vir onwettige reisigers en reisigers wat landswette oortree.

“Die toename in reisigers- en voertuigbewegings plaas druk op die reeds beperkte hulpbronne by die grensposte,” het hy gesê. “Dit beteken dat addisionele hulpbronne ontplooi moet word om redelike omlooptye [by die grensposte] te verseker en om opeenhoping by die grensposte te voorkom.”

Hy sê ʼn tekort aan hulpbronne word reeds aangespreek deur grensposte wat bykomende personeel vir die langnaweek aanstel.

Volgens Gigaba het 13 320 onwettige reisigers verlede jaar tydens die feesseisoen toegang tot die land probeer verkry. Volgens hom was 4 820 Mosambiekers, 4 126 Basotho’s, 4 301 van Zimbabwe, 18 van Botswana, 16 van Swaziland, 10 van Pakistan, sewe Suid-Afrikaners, sewe Tanzaniërs, drie Malawiërs, drie inwoners van Zambië, twee van Bangladesj en een van Uganda.

Hy sê beplanning vir die feestyd – met verwysing na Paasnaweek – is daarom van kritieke belang.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Tokkolos ·

O ja gigaba waaaaaar kom jy nou weer vandaan. Of weet jy nog self nie

Maak-dit-saak? ·

Maak dit saak met reeds massas onwettiges in die land?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.