PAC se bankrekeninge gevries

Alton Mpheti, president van PAC

Alton Mpheti, president van PAC

Die Pan Africanist Congress sukkel om verkiesingsveldtogte te hou, aangesien sy bankrekening gevries is, het die Sunday Times berig.

Alton Mpheti, president van die PAC, het FNB daarvan beskuldig dat hy die party se rekeninge verlede maand gevries het sonder om met die party daaroor te vergader. “Ons het mense wat bydraes lewer tot die rekening, maar nou kan ons nie toegang kry tot die geld nie,” het Mpheti aan die koerant gesê. “Ons kan nie ons personeel betaal nie, ons kan nie ons dag-tot-dag-take van die organisasie afhandel nie, en ons kan nie ʼn verkiesingsveldtog hou nie.”

Die party se parlementêre OVK- en beleggingsrekeninge is gevries.

Mpheti kon nie aandui hoeveel geld in die rekeninge is nie. Hy het aan die Sunday Times gesê die party beplan om nuwe rekeninge by ʼn ander bank oop te maak.

Danny Zandamela, woordvoerder vir FNB, het aan die koerant gesê die PAC se interne rusies het tot die besluit gelei. Die bank het teenstrydige instruksies van verskillende faksies binne PAC ontvang, het Zandamela gesê.

Die rekeninge sal opgeskort bly totdat ʼn oplossing aan FNB verskaf word.

Die party sukkel met interne struwelinge sedert president Letlapa Mphahlele in Mei 2013 uit sy pos verwyder is. Mphahlele en Mpheti beweer albei hulle is die regmatige leiers van die party. Mpheti se faksie word erken en is by die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) geregistreer. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Slim Daan ·

Beide Mpha en Mphe weet dat “regmatige” een ding beteken: – n Vry lisensie vir handjies in die geldlaai…..en daar le die ding.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.