PAC soek Marikana-vakansiedag

‘n Vrou huil tydens ‘n gedenkdiens wat in Augustus 2012 vir die Marikana-slagoffers gehou is. Foto: Werner Beukes/SAPA

Die Pan Africanist Congress (PAC) het Dinsdag gesê hulle versoek dat 16 Augustus, die dag waarop 34 stakende mynwerkers in 2012 by Lonmin se Marikana-myn in Noordwes deur polisielede doodgeskiet en talle ander beseer is, ʼn nasionale vakansiedag moet word.

“Die grootste eis wat ons elke jaar stel is dat, net soos die Sharpeville, Langa en Soweto-slagtings, moet Marikana ook in ons geskiedenis aangeteken word. Ons moet op dié dag wegbreek van ons daaglikse pligte as ʼn manier om gevalle martelare te vereer wat baklei het teen die ANC- elite kapitalistiese regering – wat eerder die belange van hul comrades dien, eerder as die massa,” het die party in ʼn verklaring gesê.

Die PAC het gesê hy is teleurgesteld met die lewensomstandighede van die mynwerkers vyf jaar ná die eis vir ʼn minimumsalaris van R12 500 by Lonmin. “Ons het nog nie gesien dat die regering verantwoordelikheid neem om te vergoed vir die verlies aan lewens tydens die Marikana-slagting nie, hulle wil nie rekenskap gee vir dit wat hulle gedoen het nie.”

“Die Farlam-kommissie, net soos ander tandelose kommissies, het nie die afsluiting gebring vir die slagoffers van Marikana, veral die 34 weduwees wat hul eggenote en verloofdes verloor het nie. Dié mans was die broodwinners vir hul geliefde arme families.”

Altesaam 34 persone, hoofsaaklik stakende mynwerkers, is op 16 Augustus 2012 doodgeskiet en 78 persone is gewond toe die polisie op ʼn groep persone, wat op ʼn koppie naby die myn vergader het, losgebrand het. Tien persone, insluitend twee polisiebeamptes en twee veiligheidswagte, is die vorige week dood. Die arbeidsonrus is voorafgegaan deur verskeie voorvalle van geweld en konfrontasie by die platinummyn.

Die Farlam-kommissie, wat die voorval ondersoek het, het sekere sleutel politieke figure kwytgeskel van betrokkenheid by die voorval. Dit sluit die voormalige polisieminister Nathi Mthethwa en adjunkpresident Cyril Ramaphosa, wat ʼn nie-uitvoerende direkteur van Lonmin was, in.

Die kommissie het aanbeveel dat die voormalige polisiekommissaris Riah Phiyega en die provinsiale polisiekommissaris, Zukiswa Mbobo, se bevoegdheid ondersoek moet word. Die jaarlikse Marikana-vieringe, onder leiding van die Association of Mineworkers and Construction Union (Amcu), vind Woensdag by Marikana plaas.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Johan ·

In plaas daarvan om te staak hoekom werk hulle nie eerder. Die PAC is die pad heeltemal byster.

Meatloaf ·

Die PAC het die pad nog nooit gevind nie Johan!! Ek meen, hoeveel vakansie dae het julle noual?

Leahim ·

Ek stem saam vat die 16 de tot die 21 ste as vakansie dae met vol betaling en oortyd betaling as die tye oor naweke val

Johan. H. ·

Wil hulle nog minder werk , as daar nog een dag vakansie gehou word tussen die stakings kan hulle maar by die huis bly,,, Ek betaal gladnie vir stakings en vakansiedae nie,,,

Linette ·

@Johan H – jy oortree die Wet op basiese diensvoorwaardes indien jy nie op vakansiedae betaal, wanneer jou werkers werk nie. Jy mag egter betaling weerhou indien hulle op ‘n onwettige staking gaan, indien dit so op hul dienskontrakte gestipuleer is.

Eish ·

Ek haal aan : “… veral die 34 wewenaars wat hul eggenote en verloofdes verloor het…”
Dit moet seker weduwees wees.

Cyril Blackburn ·

Dagsê Eish
Dankie vir jou kommentaar! Ons vra om verskoning vir die oorsig – die berig is reeds gewysig.
Groetnis
Cyril nms Maroela Media

snoefie ·

die oac vergeet dat volgens n paar joernaliste wat op die toneel was, het die eerste skote uit die stakers se geledere gekom. moet oirtrefers dan vereer en beloon word net omdat hulle swart was?

Hanna ·

R12 500 as minimum loon??? Waar kan ek aansoek doen? As n gegradueerde persoon sukkel ek om werk te kry. Dalk moet ek mynwese oorweeg?

Ilse ·

Van die 34 mense wat dood geskied is daai dag was net 11 van hulle werkers vir die myn. Die res van hulle was daar vir die kwaad doen. Dan voel ek ook moet elke dag wat daar ‘n boer vermoor is en word ook ‘n vakansie dag word. Sodat ons ook kan rou en dienste hou vir die boere wat so gemoor word. Teen die spoed hoef ons volgede jaar nie te werk nie maar gaan betaal word. Hulle maak ‘n ophef van niks. Daai mense was op die verkeerde tyd op die verkeerde plek. En hulle kry vergoeding van die myn af, hulle kinders se skool geld word betaal en nog baie ander dinge wat my mond laat oop hang.

Stef ·

Wat almal vergeet is dat AMCU se lede 10 nie stakers vermoor het en talle vermink het op die grusaamste maniere. Dit die week voor die skietery. Wat van hulle naastes?

Callie ·

Hoekom is daar simpatie vir die moordenaars wat polisie en sekuriteits wagte vermoor het. Magtig, hoe siek is die gemeenskap in SA nie. As dit nie gaan volgens die kriminele nie dan is dit onmenslik en allerhande snert. Kom by in die land

Ouma ·

Elke persoon sien dinge net vanuit sy eie oogpunt, en vergeet baie gou van die ander kante.

Wouter ·

In plaas van vakansie kan hulle earner die mense leer om nie n gewapende mag wat reeds 2lede verloor het met gevaarlike wapens aan te Val nie

John ·

So ‘n vakansiedag sal weer uitloop op impi’s wat die polisie probeer troef in groot optogte waar dop en skop, en binnekort edele dagga, vir die hoogskop en bravado sal sorg…. en nog vakansiedae kan volg.. jippie!

Linette ·

Jippie!!!! Ja, ja, ja vir nog ‘n vakansiedag – 16 Augustus elke jaar. Ek wil elke maand ‘n openbare vakansiedag hê – in Februarie kan ons dit Valentynsdag maak. Januarie, Maart, April, Mei, Junie, Augustus en Desember het al openbare vakansiedae. in Julie …. kan ons ‘n Wintersdag hê, in Oktober kan ons weer soos in die ou dae Pres. Kruger se verjaarsdag vier. November …… wel, in November kan ons Manne- of Snorre/Baard-dag (Movember) vier. Lekker man!

Probeer Weer ·

Daar is feite foute in die berig. Die polisie het nie losgebrand op ‘n groepie mense wat op ‘n koppie vergader het nie. Die polisie het hulself verdedig toe ‘n menigte op hulle afgestorm het. Ek het die video’s gesien. Dis hoe die geskiedenis verdraai word. As iemand wat geen voorafkennis het nie, die berig lees, sal hulle ook glo dat die polisie hier verkeerd was. En dis hoe die geskiedenis verdraai word.

Amies ·

As daar vir elke persoon in die land ‘n vakansiedag moet wees na hulle dood gaan ons nooit werk nie. Wat van elke boer se vrou en kinders wat agtergelaat is na hul dood gemaak is in die gemak van hulle eie huis. Die mense in die land soek altyd ‘n rede om te betoog en as daar iets sleg gebeur word hulle opgehef en die hele land gaan staan. die betogers raak geweldadig en dan word daar verwag dat hulle nogsteeds liggies hanteer moet word. wat van die polisie manne wat eerste dood is daai dag na die betogers hulle doodgemaak het. Hoe is al die dinge regverdig, ek is ‘n vrou van 29 jaar oud en het grootgeword in die nuwe Suid afrika maar soos ek dinge verstaan was ons (nasie) maar nog altyd die tipe wat net betoog oor als. So neeee ek stem nie saam met die vakansiedag nie, hulle het daarvoor gesoek toe hulle geweldadig betoog het..

Ronell ·

Jy is 100% korrek Weer Probeer. Die sapd lede wat daardie dag diens gedoen het het geen ander keuse gehad om te skiet om sodoende hul eie lewens te beskerm nie. Beriggewers en buitestaanders wil net die slagoffers as heros raaksien, het geen idee wat werklik gebeur het nie. Enkele video materiaal wys ook nie al die geweld en bloeddorstigheid van die oorledenes nie. Hierdie oormag stormlopers teen n handjievol saps lede word totaal vermy. Hoekom?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.