PAC steun grondonteiening-voorstel

Narius Moloto, president van die PAC, tydens ʼn mediakonferensie in Desember 2017. Foto: ANA/Balise Mabona

Die Pan Africanist Congress (PAC) het die ANC se voorstel verwelkom dat art. 25 van die grondwet gewysig moet word om voorsiening te maak vir grondonteiening sonder vergoeding.

Die PAC het in reaksie op die voorstel gesê hy was nog altyd van mening dat grondhervorming in Suid-Afrika nie met die uitruil van geld gepaard moet gaan nie.

Die ANC het verlede maand tydens sy 54ste nasionale konferensie ʼn voorstel goedgekeur dat die party die grondwet wil wysig om voorsiening te maak vir grondonteiening sonder vergoeding, maar het nie ʼn sperdatum gegee vir wanneer dit moet gebeur nie.

Narius Moloto, president van die PAC, het in ʼn verklaring gesê die omstrede grondeienaarskapkwessie het teruggekom om by Suid-Afrika te spook omdat dit vir dekades geïgnoreer is. “Die kern van die PAC se stryd en politieke doelwit was nog altyd die teruggee van die grond aan die regmatige eienaars en gratis gedekolonialiseerde onderrig vir die Afrika-mense met die fokus op Afrika-kinders,” het hy gesê.

“Ons salueer die dapper patriotte wat hul lewens neergelê het en die grootste prys betaal het sodat die grond na die regmatige eienaars kan terugkeer.”

Moloto het gesê die eiendomsklousule in die grondwet beskerm die “openlike roof wat die koloniale verowering van die grond van die inheemse volk is”. Hy beweer die PAC is die enigste vryheidsbeweging wat teen die eiendomsklousule beswaar aangeteken het tydens die multi-party onderhandelinge oor die grondwet in 1992 en 1993.

“Ons het 25 jaar later steeds dieselfde siening; ons het nie verander nie,” het hy gesê.

Hy het ook gekap na politieke partye, sonder om spesifieke name te noem, wat gemeenskappe aanmoedig om grond onwettig te beset sonder dat hulle die grondwetlike toestemming het om dit te doen. Hy het gesê politieke partye gebruik die grondkwessies om stemme van die Afrika-mense te werf.

“Bedrieërs moet nie hierdie emosionele kwessie oor grond gebruik om die Afrika-massas om die bos te lei nie. Die regte vraag is wie onteien grond en in wie se belang moet die grond teruggeneem word. Hierdie land en sy omgewing behoort aan die Afrika-mense.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

42 Kommentare

PJC ·

Indien hierdie ooit realiseer sal dit die begin van groot chaos inlei. Dit is presies hoe Zim se ondergang begin het. Dit sal sommer ook wys hoeveel die Afrikaner gaan verduur voordat hy sy rug gaan styf maak.

HPV ·

PJC my vriend, jy gaan baie lank wag. As rug styf maak van toepassing is moet dit NOU gedoen word beginnende by die landbou unies, later sal te laat wees. Zim was te laat.

Pjk ·

Ek stem die tyd is hier dat ons ons rug moet styf maak. Ek voorsien GROOT moeilikheid vir ons land.

Sal nie onder my waak gebeur ·

Watse beweging sal diefstal ondersteun? Ek SAL dit teenstaan en sterk teenstaan, wees gewaarsku.

WIE ·

AG ASB AGRI SA en die SA LANDBOU UNIE Is te bang om iets te doen, dit is net AFRIFORUM wat bereid is om te veg. Hulle kry mos nogsteeds hulle salarisse, maak nie saak aan wie die plase behoort nie, of so dink hulle. NIEMAND sal hulle teestaan behalwe burgerregte organisasies nie en die boere wat hulleself verdedig sal in die tronk beland. ZIMBABWE is ‘n goeie voorbeeld van wat hier gaan gebeur .. die ANC gaan eers na 20 jaar besef dit het nie gewerk nie, dan is die land in sy peetjie in.

Sanet van Wyk ·

Kan niemand sien wat in Zim gebeur het nie. K6k niirdwes daar verby Diesening dam lê hordes grond beskikbaar. Ander kant Dube hordes hoekom word dit nie gebruik nie. Daar nog baie meer oral in die land.

willehond ·

Hulle wil dit nie he nie! Dit het nie heinings, boorgate, damme, vee, bakkies, trekkers en implememente nie! Om nie eers te te praat van die plaas opstal en vee krale nie!

Roofus ·

Hi Sanet. As hulle maar net dieselfde as ons kon dink, maar dit gaan nie vir hulle oor die grond nie. Maak nie saak of ons nou ‘n nasie van myners, bosbouers of boere was nie, sou hulle steeds net wou vat wat ons het. Hulle probeer ons magteloos maak en al wat ons oor het is on grond waarop ons boer. Die mense in die stalede is klaar gewen, dit is net die boere wat oorbly wat in hulle pad is.

Lappies ·

Klaarblyklik is die pac ender politieke partye se pense nog dik gevreet. Hulle leef ook met oogklappe aan want hulle leer nie uit zim en ander swart state wat kripeer se “sukses verhale” nie. Hou aan krap aan die by-nes en die les gaan rampspoedig wees.

Hanna ·

Hulle stel net in produktiewe grond belang sodat daar geplunder en vernietig kan word. Wonder wie die bank lenings op hierdie grond gaan oorneem of word net reeds afbetaalde grond geteiken?

Realisme ·

Tog sou hulle met die voorgestelde wysiging van art 25 nie toegang tot sulke plase verkry nie. Soos Mnr. Ramaphosa gesê het, sal plase slegs oorgedra word as dit nie die ekonomie of voedselsekerheid negatief beïnvloed nie. D.w.s. daar kan slegs dormante plase wat niks op groei nie afgevat word.

Koeks ·

Sanet. Ek stem heeltemal daarmee saam! Wat van die onbewerkte grond? Nee hulle wil in die spoggetige bewerkte klaar ontwikkelde plase intrek sonder om daarvoor te betaal! Hoe werk hulle koppe? Wil hulle volskaalse oorlog he? Hulle sal dit kry!

Roofus ·

Dit is vir my baie amusant dat mense dink die boer alles wat hy en sy voorvaders lewens lank hard voor gewerk het net gaan los en rustig wegloop. Wys daarop dat sommiges vergeet het van die geskiedenis voor 1994.

Kobus ·

ANC en PAC.ek is n boer.ons wag dat julle kom probeer om ons grond te probeer vat.ek lag in julle gevrete.

johan ·

Wat dink jy gaan ons doen teen die oormag. Ons het nie n kans nie.

Danie ·

Aarde hoe dink die mens waar het jy al gesien jy kan in ń winkel stap en iets gratis kry….dis net so met die om ń plaas gratis te kry waarmee moet daai boer ń nuwe lewe begin….maar dit wys net weer jy gee die hand en die hele arm word gegryp

Koos ·

Gedekolonialiseerde onderrig? Dis ‘n groot woord. Wat kan dit beteken? Soos dit was voor die kolonialiseerders opgedaag het, stories vertel onder ‘n boom? Of onderrig sonder eksamens, waar almal deurkom of deurgesit word indien hulle nie die uiters laag gestelde dwarslat kan oorsteek nie?

Bawana ·

Dit sal presies soos Zimbabwe eindig. Ekonomie se einde werkloosheid 90% en geen rand meer nie. Die enigste probleem is dat die massas die keer nie meer suid sal kan hardloop vir werk nie. Die keer gaan dit lelik raak. Renamo Frelimo hier kom ons

Saartjie ·

Die staat besit baaaie grond. Hoekom gee hulle nie daarvan vir die mense wat so graag grond wil hê…mwat wil die regering in elk geval met grond maak. ….ek vra maar net…

Domvraag ·

Die grond behoort nie aan die pac of hul aanhangers nie. Baie van die sogenaamde swart inheemse mense het na 1652 vanaf noord afrika na die suide gevlug asook vanaf sentraal afrika getrek om op die myne te kom werk. Hulle was en is nie die eerste bewoners van SA nie maar dis eerder n kultuur van afguns en wil hê wat ander opgebou het. Ongelukkig is afrika bewys hiervan, van net vat en dan totale verval.
Sal graag wil sien hoe lyk gedekoloniseerde onderrig (onder n boom en die vakke, is dit bees oppas of modderhut bou?)
Snaaks die taal, klere, kos, medies, industrieë, motors ens is alles produkte van n gekoloniseerde land. Hoe lyk gedekoloniseerde skryf en lees??
Waar is die stem van wigte en teen wigte?
Soos mis voor die son het die 1994 besluitnemers verdwyn.

Kosie Kramer ·

Ek ondersteun die PAC hierin. Ons moet hulle net sover kry om die afkapdatum te stel op 31 Februarie 200 n.C. Laat hulle en die Boesmans, Khoi, San en ander dan onderhandel. Dan koop ons die grond by hulle teen 6 April 1652 pryse.

Callie ·

Miskien moet van julle teruggaan in die geskiedenis. Die tyd van die grensoorlog. Die jonges wat nie daar was dink jy baklei n oorlog met n 243 OF 30 06 met n scope op en n coolbox agter op jou bakkie. Glo my, dit is nie so nie. Die van ons wat daar was probeer om dit te vermy. Glo my ook, as dit daarop aankom sal ek daar wees. Die groot ding is om alles te stop voor die eerste skoot klap. Dan is ons waar Angola, Mosambiek en die res van Afrika nou nog is. Asb, alle Suid Afrikaners, kom ons bid en wees sterk in ons geloof. Hierdie land kan nie bekostig om te brand nie

Pac ·

Eich we want the land and when we get it we will wait for the food to grow

Ben Prinsloo ·

Ja Daniel ou maat ek hoor jou kommentaar teenoor Kobus maar vertel vir ons wat is jou planne? Ek neem aan jou planne hou nie net by praat op nie. Moloto, dagdromer vertel vir ons hoe gaan jy hierdie storie van jou aan die Khoy San verkoop. Wil vir my voorkom dat net so min as wat ons jou storie glo gaan jy en hulle dieselfde pad loop.

Jankees ·

Roofus, Kobus, wat se julle ? Jul weet mos jul het n kat se kans om te hou wat julle sn is. Ek meen, kyk wat het gebeur in Zim.

Amaplasie ·

Lees gerus die grondoudit kommentaar op Maroela van die 1ste Nov 2017. Nogal insiggewend. Onder geen omstandighede mag die grondkwessie afgehandel word nie. Watse beloftes gaan dan gebruik om ‘n verkiesingveldtog op te baseer? Gelukkig is CR ‘n kapitalis. Hy maak nou net eers die regte geluide tot hy in die “seat” is. Hy is self ‘n boer, die massas is in vir ‘n verassing as hulle dink elke ou gaan 2ha grond kry

bgj van der westhuizen ·

daar moet onthou word dit is nie zim hier nie en as ons alles verloor waar voor jy gewerk het dan is dit soos n wilde kat wat vas gekeur word en sal alles doen om vry te wees n burger oorlog is lelik maar as julle gaan sit en kyk is ons reeds in n oorlog waar hulle ons mense dood maak op n maneer dat nie mand n haan kraai oor dit nie
plaas moorde die meeste is blankes wat vermoor word
blankes word geroof en vermoor ens
dis blankes begin om te kyk waar jy bly en hoe kan jy vlug as daar in aan val gebeur deur die massa dit is tyd dat ons besef daar sal geen beseming wees vir ons in die land nie geen weermag of sapd sal n steen roer om jou te help nie en as jy geld het kry dit uit die land wand hulle sal kom vir dit wand hulle soek net geld en is te lui om te werk vir eits wil alles net he

Dawie ·

Hierdie sal n absolute hartseer oomblik in ons land se geskiedenis wees. Ek dink hulle verander hierdie spesifieke artikel vir later se misbruik. Die dag as grond eienaarskap nie meer gerespekteer word nie is hierdie ou suidpunt van Afrika ook in absolute chaos. Dit begin al hoe meer vir my lyk dat hierdie mense absoluut strewe na chaos. Diep in my hart begin ek erg twyfel in Afrika want oral in Afrika lyk dit so. Ek dink dis hoogtyd om wetgewing so aan te pas dat die mense in die land n reg het om politieke lyers en partye weer te kan herroep en uit te stem as hulle hulself begin vergryp aan alles wat eintlik bestuur moet word vir die landsburgers. Ek dink politiek en hul deelnemers is in elk geval n klomp narre wat net daar is vir hul eie gewin geen belangstelling om vir sy mense wie hom daar gestel het iets te probeer doen nie.

Hennie ·

Hoe kan die ANC die grondwet verander ad hulle nie meer n twee’derde meerderheid het nie? En hoekom net plaasgrond? Wat van residensiele gebiede? Kan iemand asb verduidelik?

gatiep ·

Net die arm boere gaan grond verloor.
Op die einde van die dag koop die ryk boere weer daai grond vir amper niks nadat plaas weer tengronde gegaan het.

Gerhardb ·

Stem saam met van die vorige kommentare. Wat van die onbewerkte grond in staatsbesit? Val dit onder die grond wat uitgedeel sal word? Wat van die plase met groot groot verbande? Wat sal daar gebeur? Vra ook net….

PJC ·

HPV ek stem 100% saam met jou. Ek wonder net of dit nie al klaar te laat is nie. Verder wonder ek oor een lanbou unie se agenda. Nog ń probleem is dat die algemene publiek nie werlik die boere steun nie. Hulle dink die boere se probleem is die boere se probleem maar besef nie die implikasies daarvan as die boere moet begin ondergaan nie.

ferdi ·

Begin eers met Cyril Ramaposa se miljoene hektars wat hy het en groot vet beeste en wild wat da loop

SO GEDINK ·

JA WANTdie PAC ry nog altyd op die gravy trein en alles wat FOR FREE Is sal julle ondersteun .. FREE T-shirts, FREE CAPS, FREE LAND, FREE EDUCATION, FREE ELECTRICITY, FREE WATER and SANITATION as long as die privileged foot the bill!!

Schalk ·

Ek sit en wonder hoe klein groepie van die PAC, ANC , EFF of wie ookal die onteining steun gaan werklik op die einde grond kry en wat gaan daarop gebeur. Sonder geld en Kennis van besigheid gaan die skip gou sink.
Iemand het lank gelede sy grond van alle waarde gestroop en toe bitter basiese ontpanningsplekke (kampeer sonder geriewe) daarop aangebring. Skielik wou niemand sy grond meer besit nie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.