Packham mis polisie-afspraak ná vrou se dood

Rob Packham in die hof. Foto: Courtney Africa/African News Agency(ANA)

Rob Packham, die sakeman van Constantia wat teregstaan vir die moord op sy vrou, het die oggend ná sy vrou se dood langs die kus gaan ry en nie sy afspraak met die ondersoekbeampte in die saak nagekom nie.

Gill het op 22 Februarie verlede jaar, die dag waarop sy as vermis aangegee is, nie soos gewoonlik omstreeks 07:30 by die werk aangekom nie. Haar liggaam is dieselfde dag in die kattebak van ʼn uitgebrande BMW naby die Dieprivier-treinstasie gekry.

Packham het die aand wat sy vrou se liggaam gevind is aan sers. Ivan Sonnenberg gesê hy is te moeg om na die polisiestasie te gaan. “Ek het gesê ek het ʼn aaklige dag gehad en dat ek uitgeput is en dit die oggend kan doen. Hy het gesê ek mag,” het Packham Dinsdag in die Wes-Kaapse hooggeregshof getuig.

Adv. Susan Galloway, die staatsaanklaer, het gesê Packham se selfoonsein is die volgende oggend in die Clifton-gebied opgetel.

“Jy het vroeër getuig jy was lam, so emosioneel en het gesukkel om jou vrou as vermis aangemeld te kry. Dit is die prentjie wat jy skets. Maar nou sê jy vir die polisie jy kan hulle eers die volgende oggend sien. Maar dan gaan jy vir ʼn rit en mis jou afspraak.”

Rob en Gill Packham. Foto: Facebook

Volgens Packham het hy die ergste gevrees en was in ʼn toestand van skok. Hy het na al die mooi plekke gery waar hy en Gill altyd sou gaan. “Ek het gedink hoe kan dit met ons gebeur het?”

Galloway het gesê Packham het geen navrae gedoen oor die vordering van die ondersoek die dae ná sy vrou se dood nie. Volgens Packham is daar op die uitslag van DNS-toetse gewag en wou hy nie die polisie teister nie.

Packham het getuig hy het sy vrou by die Wynberg-polisiestasie as vermis probeer aangee, maar dat daar aan hom gesê is om dit by die Dieprivier-polisiestasie te doen.

Volgens Galloway het Packham dit egter nie gedoen nie. “Ek wou dit doen terwyl ek op pad was na my suster, maar om die een of ander rede het ek vergeet.”

Packham staan tereg op aanklagte van moord en dwarsboming van die gereg in verband met die dood van sy vrou. Hy pleit onskuldig.

Die staat voer aan Rob het haar met ʼn stomp voorwerp oor die kop geslaan en toe die BMW met haar liggaam daarin aan die brand gesteek, in ʼn poging om die polisie se ondersoek in die wiele te ry deur bewyse te vernietig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Koos de Meyer. ·

Dis maar ‘n tweede Rohde geval. Maak haar dood en. Lieg.

Domvraag ·

Hoe vergeet jy om jou vrou as vermis aan te meld?
Wanneer hy skuldig bevind sou word dan sal daar gepleit word dat hy berou het en so jammer is. Dan sal ons ook hoor van die stress wat hy gehad het nog voor geboorte (Oscargeval) Lagwekkend dat ons sielkundiges so ver terug kan bepaal en dit alles binne n uur sessie met die beskuldigde.

Oupa D ·

Jy’s reg! Vergeet om sy vrou as vermis aan te meld weens stres? Absurd! Net sielkundiges kan sulke twak glo.

Hallo!! ·

Hyt van die moordwapen gaan ontslae raak toe hy langs die kus gaan ry het….kamtig aan al die mooi tye gedink….Die man is vol verskonings en antwoorde vir als wat niks sin maak.

J ·

Gevaar ligte moes al geflits het lank voor n troue. Besitliheid, jaloesie, vetroue , domineerde houding , kort van draad en agressie aan albei kante. Daar moet elkeen sy oe mooi opmaak en nugter dink
en dan sou persone nie met hul lewens geboet het nie. Na jy getroud is en jou skille van jou afgeval het moes jy uit getrek het en nooit weer terug gaan nie. Lee beloftes was en sal nooit nagekom word nie aan albei gevalle.
Dink nugter en moennie teen skille vas kyk nie.

Asjas ·

Moet ook nie trou vir geld nie, tensy jy regtig vir die res van jou lewe kan shop en anderpad kyk.

marous ·

Hy is gelukkig dat hy nie in sy wroegings toestand rit verdwaal het ,en sonder brandstof gaan staan het in Langa nie …. ander is dalk ongelukkig dat dit nie gebeur het nie .

Ekke ·

Hierdie man is baie arrogant en voel nog minder as Rhode!!!!

Linda limbo ·

Liefste Gill, rus in vrede!
Ek wonder hoe die man dink met al sy gejokery gaan hy sy boude uit die tronk kan hou!
mag God gee dat die waarheid gou gou uitkom en Gill kan rus!

Ek ·

Die man se arrogansie is verstommend en hy het klaarblyklik n baie slegte geheue..Hy ontwyk vrae en antwoord nie reguit nie.. Die jong is skuldig, obviously

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.