Packham se dogter sê pa is ‘goedhartige man’

Rob Packham in die hof. Sy familie sit agter hom. (Foto: Armand Hough/African News Agency)

Die 28-jarige dogter van die veroordeelde moordenaar, Rob Packham, het Woensdag aan die Wes-Kaapse hooggeregshof gesê haar pa is ʼn gawe en goedhartige man wat nog altyd vir sy familie gesorg het en nooit gewelddadig of aggressief teenoor hulle opgetree het nie.

Kerry Meyer het ter versagting van vonnis getuig in die hofverrigtinge teen haar pa wat vroeër vandeesweek skuldig bevind is aan die moord op sy vrou, Gill Packham. Meyer het by die hof gesmeek om haar pa nie “vir ewig” agter tralies te sit nie, omdat sy wil hê hy moet daar wees wanneer sy en haar 26-jarige suster, Nicola, eendag kinders kry.

Meyer het haar gesin as naby aan mekaar bestempel. Sy het gesê haar ouers het ʼn normale huwelik met die gewone goeie en slegte tye gehad, hoewel haar pa se ontrouheid haar ma baie woede en hartseer besorg het.

Meyer, wat as ʼn onderwyseres in Brittanje werk, het gesê sy kon nog altyd na haar pa toe gaan vir raad en dat hy haar altyd sou help waar hy kon.

Packham kon nie in Desember verlede jaar haar troue bywoon nie, omdat sy borgtog teruggetrek is nadat hy sy borgtogvoorwaardes verbreek het.

Meyer het aan die hof gesê sy is platgeslaan deur haar ma se dood. “Sy was ʼn warm, liefdevolle, prettige en vriendelike vrou en dit was altyd maklik om met haar te praat.” Sy sê sy het elke dag met haar ma gesels, hoewel sy al die afgelope twee jaar in die Verenigde Koninkryk woon.

Regter Elize Steyn het Meyer gevra oor haar ma se verhouding met haar vier susters. Meyer het geantwoord dat sy van almal vervreem was, behalwe die jongste suster wat in Nederland woon, maar dat sy die afgelope twee jaar voor haar dood weer met hulle begin kontak maak het.

Meyer het gesê die susters het rusie gemaak oor ʼn “eiendomsverwante kwessie”.

Susan Galloway, senior staatsaanklaer, het vroeër slagofferimpak-verklarings van twee van die susters ingedien.

Meyer het aan die hof gesê sy kry weekliks traumaberading, soos baie ander familielede aan albei kante van die familie.

Steyn het haar sterkte toegewens vir die toekoms. “Dit gaan nie maklik wees nie,” het sy gesê voordat sy Meyer van die getuiebank verskoon het.

Die saak is uitgestel tot 10 Junie wanneer verdere argumente ter verswaring en versagting van vonnis aangehoor sal word. Die vonnisuitspraak sal op 12 Junie gelewer word.

Gill Packham het op 22 Februarie verlede jaar verdwyn. Sy het nie soos gewoonlik die oggend omstreeks 07:30 by die werk opgedaag nie en haar liggaam is later in die kattebak van haar uitgebrande BMW naby die Dieprivierstasie gekry.

Haar man, Rob, het aangevoer dat Gill dalk die slagoffer van ʼn kaping was, maar sy weergawe is deur die hof verwerp. Regter Steyn het die sakeman tydens sy skuldigbevinding as ʼn vernuftige leuenaar bestempel wat ʼn dubbele lewe gelei het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Helena. ·

Goedhartige man wat sy vrou vermoor? Sit hom weg dat hy sy ‘goedhartigheid’ in die tronk gaan uitleef.

Heidi ·

Stem saam. Hy het geen genade betoon aan sy kinders se ma nie. Hy is n selfsugtige narcissus. Die hele gesin is verwoes deur hom.

Gert van Wierdapark ·

Soos die hofsaak verloop het, kon mens uit die getuienis aflei hoe hard sy hart was = goed hard-tig!

Amelia ·

Hoe vergewe jy n ouer wat die ander ouer doodmaak. Sal jy nie altyd bang wees dat jy ook sal verdwyn nie? Geen mens wat n ander doodmaak (behalwe selfverdediging of ter verdediging van n ander) moet los rondloop nie. Glo my jou kinders sal jou dankbaar wees as hul oupa nie daar is nie.

Lana ·

Genade, lyk my die Meyer-meisiekind se kop raas net soos haar pa’sin.
Sy wil hê haar pa moet daar wees vir haar kinders. Wat van haar ma wat nie daar kan wees nie, omdat Rob haar vermoor het??

Genieve ·

Nou verstaan ek glad nie dogter nie so mis haar Ma nie vir een oomblik nie kry liewers haar Pa jammer want hy was te goedhardtig om haar Ma te vermoor.

Wielspore ·

Die vonnis het niks te doen met die ouer kind verhouding, die vonnis gaan oor die oortreding, moord waaraan hy skuldig bevind is.
Ruil maar daardie ontwerpers pak klere vir ‘n oranje oorpak want dit is wat jy verdien.

Ekke ·

Wonder wat word van die erfporsies as daar nie meer inkomste is nie bv premies van polisse? Die dogter is seker bang sy word onterf! Belaglike pleidooi!

Koos de Meyer. ·

Hoe gaan sy eendag vir haar kinders sê, julle oupa het julle ouma vermoor en die kar aan die brand gesteek. Ek kan nie glo dat sy nog haar pa probeer bystaan nie.

WIEBO ·

Goehartig en hy het haar ma vermoor?? Belaglik, as ek sy dogter is, sal ek bang wees vir die “goedhartige pa” Sluit hom toe, hy was immers ontrou aan sy vrou ook, so die goedhartigheid is n joke!!!

Hoe sal ons regtig weet ·

Hoe sal ons as mense regtig weet hoe dit voel om die geliefdes/kinders te wees van die beskuldigdes/oorledenes. Ek weet nie of ek sou kon pleit ter versagting van ‘n pa wat my so wreedaardig van my weggeneem het nie. Dit kan nie maklik wees nie.

Ek is egter geensins jammer vir hom nie, hy soos Rohde het moord gepleeg en prober om dit te verbloem. Verder het Packham nog getuies ook geintimideer en probeer oortuig om vir hom te lieg. Dit vlngs my is die handeling van ‘n gewetenlose moordenaar. Tronk toe met jou en gooi sommer die sleutel weg.

Boerin ·

Onthou sy is n kind…dit moet n verskriklike ding wees om deurtemaak!
Moenie klippe gooi nie…dis nie haar toedoen nie, dit bly haar pa…dis baie,baie erg! Dis siek om te se sys bekommerd oor haar erfporsie Ekke!

Kaptein ·

Sy is Packham se kind. Maar op 28-jarige ouderdom sekerlik nie meer ‘n kind nie …

Monster ·

KIND op 28? ok . as jy so se. “As my PA My MA doodgemaak het sou ek absoluut GEEN goeie woorde vir hom gehad het nie. EK sien baie die serial killers se kinders wat beweer watter WONDERLIKE ouers hulle gehad het meantime het hulle tientalle mense vermoor? NEEWAT wil nie so goeie PA he nie.

Antoinette ·

Hy het n moord gepleeg hy moet sy straf vat wat na sy kant toe kom. Hoekom het hy nie van sy vrou geskei hoekom haar vermoor. Lewenslange tronk straf sal gepas weez.

Cherokee ·

Kriminologie is dalk ‘n baie interessante vak. Hoe op aarde sou hy (en sy soort) as hy daarmee kon wegkom, dit kon wegsteek vir sy kinders, (gewese) skelm, familie, skoonfamilie, kennisse en vir homself? Daar moet ‘n blànk’, ‘n holte in so een se kop wees.

christine ·

Geen simpatie sluit toe gooi sleutel weg hy verdien dit skande dogter nie warry oor haar ma wat dood is .

Waarheid ·

Die skelmpie moet ook aangekla word want sy was deel van die verbrokkeling van die huwelik.
Sy het dus saamgewerk vir die vernietiging van hirrdie huisgesin.
Waarom kan sy net wegstap na haar aandeel in alles?
Kla haar aan .
Sy verdien ook n oranje pak sou ek se.

Diefie ·

Daar’s niemand soos iemand wat sien, wat hom/haar blind hou nie.

Blommie ·

Waarheid, Ek stem 100% saam, sy was deel van hierdie hele ding en sy kan net wegstap ASOF niks gebeur het nie.
Ek wens sy lees hier, jy het n gesin verwoes en jy het bloed op jou hande en ek hoop jy kry slapelose nagte van daai arme vrou wat sy moes deur maak.
Onthou net eending, moet noooit ooit uitdeel wat jy nie wil ontvang nie.
Ek hoop nie dit JOU man eendag doen dieselfde aan jou nie. J sal dit nie kan wat nie, jou tiepe vernietig net huwelike en draai om en loop weg asof NIKS gebeur het nie.

Ai ja jai ·

Die ou het mos sy eie lewe opgebokker deur moord te pleeg ( en dit nogal op n dom manier te doen). Nou verwag hy die hof moet hom sy lewe terug gee? Kan hy sy vrou se lewe terug gee? Hy behoort niks minder as 25 jaar te sit nie. Moordenaars kom heeltemal te maklik daarvan af in hierdie derdewereldse land. Kom regter Steyn, wys ons jy het ruggraat en gee hom 40 jaar

Rina Kotze ·

Ek hoop van harte die kind kom tot haar sinne en word groot!
Haar pa het haar Ma vermoor! Hy het ‘n dubbele lewe gelei! Hoe weet sy wat haar pa vir haar vertel, is die waarheid? As hy in ‘n hof kan lieg, en op ‘n verklaring, wat keer hom om vir sy kinders ook te lieg? Watter houvas het hy op die dogter???
HY moet die doodstraf kry en niks anders nie!

Dis al wat gaan help in hiedie land. Nou moet hy gaan sit in die tronk op belastingbetalers se onkoste en hy het sy vrou se reg op lewe ontneem?

Ek is bly die regter het deur sy toneelspel gesien!

AH ·

Ek kan my nie indink oor hoe die arme dogters moet voel nie, maar ek weet dat ek nooit my Pa sou kon vergewe as hy my Ma sou vermoor nie. ‘n Mens is tog lief vir beide jou ouers, maar elke mens het ‘n spesiale band met jou Ma. Sy het jou immers onder haar hart gedra vir 9 maande en het seker meeste van jou doeke omgeruil. Die Pa wat hierdie dogters nou sien tronk toe gaan is seker ‘n ander mens as die eens goedhartige en liefdevolle Pa wat hulle grootgemaak het. Ongelukkig verander mense, veral mans wat ‘n “midlife crisis” beleef en word onherkenbaar en soms monsters. Ek hoop hy sit vir ewig……..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.