Packham vra kollega glo om te lieg

Rob en Gill Packham. Foto: Facebook

Rob Packham, die sakeman wat van die moord op sy vrou aangekla word, het glo vir ʼn kollega gevra om te lieg oor waar hy hom bevind het op die dag wat sy vrou verdwyn het.

Lodewyk van Rensburg, logistieke bestuurder van Twizza waar Packham as hoofbestuurder gewerk het, het Dinsdag in die Wes-Kaapse hooggeregshof getuig dat Packham hom om 12:33 op 22 Februarie 2018 gebel het.

Volgens Van Rensburg het Packham gevra dat indien iemand bel om te hoor waar hy was, hy [Van Rensburg] moet sê hulle was sedert 8:30 in ʼn vergadering. Van Rensburg het ingestem maar onrustig daaroor gevoel en het dit by die menslike hulpbronne-afdeling aangemeld, het hy getuig.

Packham het aan Van Rensburg gesê dat hy na sy vrou, Gill, soek aangesien sy nie die oggend by die Springfield Convent School, waar sy as sekretaresse gewerk het, opgedaag het nie.

Van Rensburg het verder getuig Packham het hom tydens die telefoongesprek “buddy” genoem en dat dit iets is wat hy nog nooit voorheen gedoen het nie. “Hy was uitasem toe hy met my gepraat het, asof hy besig was om rond te loop.”

Van Rensburg het getuig Packham het vir hom gesê dat hy die vorige dag in ʼn rusie met sy vrou en dogter, Nicola, betrokke was. “Hy het gestres geklink en gesê hy is op soek na Gill. Dit was nie ʼn normale, ontspanne gesprek nie.”

Nicola Packham (26) het Maandag getuig sy was al ʼn paar jaar lank van haar pa se ontrouheid bewus, nog voordat haar ma in Oktober 2017 uitgevind het.

Packham staan tereg op aanklag van moord en regsverydeling ná sy vrou se dood. Hy ontken skuld. Haar liggaam is in die kattebak van haar uitgebrande BMW naby die Dieprivier-treinstasie gevind.

Die staat voer aan Packham het haar met ʼn stomp voorwerp oor die kop geslaan en haar motor aan die brand gesteek om enige bewyse te verbloem.

Die saak gaan voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

33 Kommentare

Piet ·

Jou doppie is geklink. N mens kan met n stok in die donker voel jy is skuldig. Skaam jou.

Genieve ·

2de Jason Rhode jinne wat makeer die mense so n pragtige vrou vermoor vir jou skelmpie.

$ ·

Moenie van Jayde Panayiotou vergeet nie.

Ek wonder soms hoe voel die minnaresse oor die feit dat hul soveel lewens verwoes het – but then again, het hul enigsins ´n gewete?

Nugter ·

Het jy al opgelet dat alle moord sake jare neem om afgehandel te word. Rhode saak, Griekwastad saak, Henri van Breda, nou die Stella moorde, noem maar op. Die prokuteurs en advokate melk hierdie ouens en families se bankrekeninge. Peckham is skuldig, almal weet dit, maar die saak word uitgestel en uitgestel en die regslui werk op ‘n dag tarief. Net so met die Bylsma seun, almal weet hy is skuldig, maar sy advokaat gaan nog eers die ouers se bankrekening goed plunder. Jy kan sommer duidelik hoor Bylsma se advokaat hap in die lug rond soos ‘n honger voëltjie.

JohanL ·

Nugter, kan nie anders as om saam te stem nie. Ja, mens wil ‘n regverdige verhoor sien en nie (soos in VSA) na 37 jare hoop iemand bewys jou onskuld en dat jy vir 37 jaar onskuldig in die tronk was nie. Maar regtig, die regstelsel en uitstel en uitstel en uitstel soms vir skynbaar belaglike redes, laat my ook net wonder.

Tong in die kies, hulle se mos daar is geen skei sake in die hemel nie, want daar is nie prokureurs om dit te hanteer nie :)

Mariaan ·

Daars BAIE skelmpies in die tronk wat jou gaan roer! Kry vir jou meneer…sies man

ES ·

En sy dogter is nog so jonk… nou moet sy sonder haar ma aangaan en haar pa lieg vir die hof en heel waarskynlik vir haar ook oor wat gebeur het…

Judge Dredd ·

Rob moes maar eerder geskei het- nou gaan ‘n tronkvoel hom sy vrou maak.

Maria ·

Ek soek nie na rykmanne maak my skoon bang hoeveelste keer nou. Raak nou gevaarlik en hoogmode.

Lindtjies ·

Daar is nou al: Chris Panayatou, Nico Henning, Jason Rhode en Rob Packham. Ek is nie seker van Nico Henning nie maar die res het almal skelmpies gehad. Ek is nou nie seker van die ander naam nie. Die man het ook sy vrou vermoor en het gesê hy is vroeg uit die huis uit om te gaan jag.

Paul ·

Dit was die man op die plaas by Franchoek wat vroeg uit is en sy vrou was toe daarna kwansuis vermoor.

Heksie ·

@Lindjies, en dan is daar Shrien Dewani, daai Modimolle monster ou, Anke Smit se moordernaar (weet nie hoe ver vorder daai saak nie) … die lys gaan net aan en aan en aan …

Blondie ·

Die soort nuus raak net meer en meer. Die ergste nog, dis mense wat uit goeie huise kom. Opgevoed en klas het. Verstandelik bogemiddeld is. Kan iemand dit aan my verduidelik want my klein breintjie sê vir my as dit met hulle kan gebeur kan dit met enige een van ons ook gebeur. Is dit die bose wat denke so eensklaps kan verander dat jy nie kan onderskei tussen reg en verkeerd nie.

Nettie ·

Ek wonder net – wat het geraak van die saak van die egpaar van Wellington wat so – is dit? – twee, drie jaar gelede saam met hul hond in hul huis uitgebrand het? Die skoolhoof wat na bewering betrokke was …. of hoe dit ookal sy, het mos toe bedank en die niet in verdwyn ….. G’n haan het nog weer agterna gekraai nie. Onthou iemand nog die saak?

Leser ·

Ja @Nettie, ek onthou nou daarvan dat jy dit noem…wonder nou ook wat het ooit van daai saak geword?

Paarliet ·

Die skoolhoof in die niet verdwyn – regtig! Hy is steeds skoolhoof en steeds niks met hul dood te nie. Kry jou storie agter mekaar

Lee van Randburg ·

Rob Packham gaan lekker maatjies maak met Jason Rohde. Hoekom mans nie skei en aangaan met hul lewe kan ek nie verstaan!

Vrygesel ·

Nog n man wat eerder net moes saambly as trou. Regtig ouens, dink mooi voor jy trou of die huwelik regtig vir jou is.
Maar nou ja, ek dink baie mans trou omdat hulle kinders wil hê. En snaaks genoeg, daar kleef nog steeds n stigma aan buite-egtelike kinders. Mens sou dink die mensdom het al aan beweeg, maar blykbaar sukkel dit maar.

GM ·

Lee, ek dink dit gaan vir hul gedeeltelik oor die ‘thrill’. Als voel mos altyd ekstra stout/opwindend as jy weet jy kan uitgevang word. Die manne soek natuurlik ook die ‘veilige hawe’ gevoel wat hul by hul vrouens kry. Die skelmpie gaan mos nie vir hul kos aandra, wasgoed was, kinders help grootmaak ens. nie. Ander voel weer eensaam en die skelmpie laat die man/vrou weer belangrik voel.
Ek glo meeste vroue weet diep binne hul as hul mans hul verneuk, maar almal glo ook hul is anders en kan ‘n man maak bly as hul lief genoeg is vir hom en heeltyd opoffer. Dieselfde geld andersom. Meeste mense is bang om alleen te wees, bang om oor te moet begin, bang vir wat die mense sal sê en om verneder te word as jou man/vrou se streke uitkom (intussentyd weet meeste mense om jou al klaar daarvan). Ek raai nou maar. Dalk kan ‘n paar stouterds ons beter inlig.

Alida ·

Hoekom nie net skei deel alles en gaan aan met die lewe. Nou maak jy jou maat dood en moet al die geld betaal om jou uit die tronk te hou.

Heksie ·

En dan wil almal altyd weet hoekom ek steeds “single” is na 20 jaar …

regtig ·

Die man is onskuldig Is nie te se jy loop rond nou is jy n moordenaar nie Miskien was sy koud n man het needs Hy het dan vir die van rensburg gese hy soek sy vrou Hoe sou jy optree as jou vrou of kind nie opdaag nie sou jy nie ook in n flat spin wees nie

Siener van Melbourne ·

Heksie ja-nee ek is ook nog enkel en mid vyftig. Was nog altyd bang my vrou verneuk my met n skelmpie. Sal maar so enkel deur die lewe loop.

Ekke ·

Glo my mans verneuk hul vrouens en as dit uitkom, rand hul hul onskuldige vrou aan. Dit gebeur al hoe meer. Dis hoekom God ons straf. Ons vrouens trek half kaal werk toe aan en lok getroude mans uit, en getroude mans speel saam. Diè gevalle is net aanranding wat een stap verder gegaan het. As dit nie stop gaan ons van meer sulke moorde hoor.

Lindtjies ·

En nou wil Jason Rhode se regspan kom sê dat die hof hom wil breek. Die vermetelheid. Wat van Susan Rhode wat se reg om te lewe van haar weggevat is. Die lewe is nie vir haar gegun nie. Hy is skuldig en niks kan dit verander nie. Sy regspan wil nou alle sluwe streke uithaal om hom los te kry net soos al die ander skuldiges in ander sake.

charmaine ·

Ek sal net graag vir hom wil vra, die dag toe jy met haar getrou het wat het jy gedink?
En na al daai jare wat het jy gedink toe jy jou vrou saam met haar kar aan die brand steek?

Op n tyd moes daar liefde gewees het, en nou verbrand hy sy vrou??

Antionette ·

Sterkte ou maat jou lovers in die tronk gaan jou laat wens dat jy tog maar tevrede was met jou vrou… soos die spreekwoord se spyt kom altyd te laat

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.