Pad by Pelgrimsrus tydelik gesluit

Argieffoto

Die R533-pad tussen Ohrigstad en Pelgrimsrus is tydelik gesluit weens diesel wat op die pad gestort is.

Motoriste word aangeraai om die pad vir eers te vermy en van ʼn alternatiewe roete gebruik te maak.

Moeti Mmusi, woordvoerder van die departement van gemeenskapsveiligheid in Mpumalanga, sê die storting is weens ʼn dieselvragmotor wat Woensdag op die pad omgeslaan het.

“Noodpersoneel en verkeersdienste het aanvanklik een baan oopgestel sodat hulle op die toneel kan rondbeweeg, maar die pad is nou heeltemal gesluit om die diesel op die padoppervlak so gou moontlik te verwyder,” sê Mmusi.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

JohanR ·

Pelgrimrus…..dink die pelgrims het lankal opgestaan en geloop en rus iewers anders gaan soek. Nog ‘n geskiedkundige plek opgebogger. Dankie tog ek in 1988 saam met my ouers gaan besoek daar afle. Lekker gekyk en gekoop, en toe middagete in die hotel geniet. My Ma is nou 91 en was ‘n plaas meisie in Groot Marico omgewing soe sy het die soe geniet om weer deur die 1920/1930/1940 huis te stap met al die ou meubels.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.