Pad gee mee ná KZN-vloede

(Foto: Facebook)

Die KwaZulu-Natalse privaat ambulansdiens het Donderdagmiddag reageer op ʼn voorval op die R102 in Scottburgh.

Toe paramedici by die toneel opdaag, het hulle bevind dat ʼn bakkie in ʼn deel van die pad vasgery het wat tydens die onlangse oorstromings in die provinsie meegegee het.

Een persoon het ernstige beserings opgedoen. Hy is op die toneel ondersoek voor hy na ʼn hospitaal geneem is vir verdere behandeling.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Swerwer ·

Nou verstaan ek nie lekker nie……………..waar is die waarskuwing tekens/rooi lint wat kilometers voor die ineengetorte pad geplaas moes gewees het. Regtig. Heel eerste na die ontplooiing om mense te red moet daar mos mense uitgestuur gewees het om die omvang van die skade aan paaie te bepaal en die nodige waarskuwings lint of tekens aangebring gewees het. Die beplanning lyk my vir ‘n ramp toestand is nooit of het nog nooit plaasgevind nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.