Pad gesluit ná trok met kookolie omslaan

Die verkeer het Vrydagoggend op die N3 opeengehoop. (Foto: Twitter)

Die N3, ’n hoofroete wat die Vrystaat en KwaZulu-Natal verbind, is gesluit nadat ’n vragmotor met ’n vrag kookolie tussen Van Reenen en Montrose omgeslaan het.

Groot verkeersopeenhopings is Vrydagoggend op dié pad, wat daagliks deur sowat 6 000 vragmotors gebruik word, aangemeld. Die N3 is een van Suid-Afrika se belangrikste roetes vir die vervoer van goedere tussen die KwaZulu-Natalse kus en die res van die binneland, asook na talle van Suid-Afrika se buurlande.

Brig. Motantsi Makhele, woordvoerder van die Vrystaatse polisie, sê motoriste onderweg vanaf die Vrystaat na KwaZulu-Natal én andersom word versoek om van alternatiewe roetes, onder andere die roete via Bergville, gebruik te maak.

Dit is nie in die stadium duidelik wanneer die pad weer oopgestel sal word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Ag Nee ·

Hoe slaan jy aspris om?? Verstaan nie, verduidelik asb. Die enigste ding wat ek kan dink is, dat jy nie weet hoe om te bestuur nie

Swerwer ·

Stel die regte mense aan en raak ontslae van die huidiges by Spoornet sodat spoorweë weer bedryf kan word soos 27 jaar gelede, dit is al hoe ongelukke en kapings van vragmotors ingeperk sal word. Die vragmotors voeter in elk geval ons paaie op want vandag se standaarde is sub staandaarde van 27 jaar gelede

Jacques ·

Staan in n trok drywer se skoene voor julle nonsens kwyt raak asb. Julle almal wil ten alle tye produkte op winkel rakke sien. Ordentlike drywers maak seker julle eet, kan gerieflik toilet gebruik ens. Onthou asb alles behalwe n baba word deer n trok afgeĺewer.

Elinette ·

Gelukkig word SUURSTOF darem nie deur trokke afgelewer nie …. of word dit? As SA se spoornetwerk in goeie kondisie en onder effektiewe bestuur was, sal daar nie soveel trokke op die paaie wees, wat ongelukke veroorsaak of in ongelukke betrokke is nie, maar nou ja – dié is die “Nuwe SA” na 27 jaar van “demokrasie” ……..

Danie ·

Ek verlang na die dae van goederetreine.
Deesdae is geen mens sy lewe seker op enige pad waarop vragmotors beweeg nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.