Pad gesluit ná vragmotor omval

Die vragmotor wat op 12 Junie 2016 op die N12 buite Warrenton in die Noord-Kaap omgeslaan het  (Foto: Netcare 911)

Die vragmotor wat op 12 Junie 2016 op die N12 buite Warrenton in die Noord-Kaap omgeslaan het (Foto: Netcare 911)

ʼn Gedeelte van die N12, ongeveer 20 km buite Warrenton in die Noord-Kaap, is Sondag gesluit ná ʼn vragmotor omgeval en sy vrag verloor het.

“Die ongeluk het omstreeks 14:00 gebeur,” het Athlenda Mathe, woordvoerder van Netcare 911, gesê. “Die vragmotorbestuurder het matige beserings opgedoen. Hy is op die toneel gestabiliseer voor hy na ʼn hospitaal geneem is vir verdere behandeling.”

Verkeersowerhede moes die verkeer herlei, omdat die vragmotor die pad versper het.

Die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie. Owerhede stel ondersoek in .

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Frederik ·

Gelukkig hoef net die vragmotor verwyder te word. Die vrag is geen probleem nie. Binne 30 minute is daar niks en niemand weet waar hul so vinnig vandaan kom nie.

Karma ·

Stem, Frederick! Kyk hier, waar daardie lot vandaan kom wat die vrag so steel, weet nugter alleen! En die polisie is magteloos, want as hulle die “looters” wil stop, word hulle gedreig. Vragmotors wat omval is ‘n bekende gesig in die area waar ek bly – die drywers is dikwels moeg en wil net ry om in die Kaap te kom en maak dan oordeelsfoute of ‘n ander bestuurder maak ‘n menslike fout. Ons skrik nie eens meer vir die helse slag as ‘n vragmotor hier naby ons omfoeter nie. En ek sê jou: die polisie of verkeersmanne is nog nie eens op die toneel nie, dan is die “looters” al besig om alles wat hulle kan weg te dra. Een keer was hier ‘n ongeluk tussen ‘n kleinerige vragmotor en ‘n groot vragmotor wat verf vervoer het – die bestuurder van die klein vragmotor het op die toneel gesterf – terwyl die “looters” emmers vol verf weggedra het en nie eens gebodder het om die man te help nie …….

Brand ·

JA NE? Om jou vraag te beantwoord…in hierdie geval het ‘n Hyundai bakkie die trok probeer verbysteek terwyl daar ‘n kar van voor af gekom het. Die drywer van die Hyundai het steeds probeer verbykom en toe hy sien hy gaan dit nie maak nie, het hy probeer terug swaai en met die in die vragmotor vas gery. Die impak was op die regter voorwiel wat die vragmotor gedeeltelik van die pad af gedruk het en veroorsaak het dat die voorwiel bars…en almal weet as ‘n voorwiel bars met ‘n vol vrag val ‘n trok.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.