Pad na hospitaal versper tydens Lydenburg-betogings

Lydenburg Hospitaal. Foto: Narda Vermaak)

Die hospitaal in Lydenburg in Mpumalanga het Woensdagaand ʼn “ernstige tekort” aan mediese personeel ervaar nadat paaie in dié dorp weens betogings versper is. Ontevrede inwoners betoog sedert Maandag hier weens die munisipaliteit se swak dienslewering.

Gesondheidswerkers, onder wie dokters en verpleegsters, het Woensdagaand gepleit om toegang tot die hospitaal op die dorp te kry nadat hulle glo deur betogers by padversperrings voorgekeer is.

ʼn Verpleegster by die Lydenburg-hospitaal het op voorwaarde van anonimiteit aan Maroela Media bevestig dat daar gisteraand “ʼn groot tekort aan verpleegsters en ander mediese werknemers was, nadat dié summier weggewys en teruggestuur is”.

DA raadslid Spiros Couvaras het egter ingegryp en met organiseerders van die optogte geskakel. Daar is toe ooreengekom dat mediese personeel nie verhoed sou word om werk toe te gaan nie. “Die hospitaal het ʼn dringende brief aan al die werknemers gestuur wat hulle aan betogers by die blokkades gewys het,” het Couvaras gesê.

Die waarnemende uitvoerende hoof van die Lydenburg-hospitaal, dr. Azwinndini Mulelu, het die voorval bevestig. “Personeel wat wel by die hospitaal kon uitkom, het ingespring en gehelp waar hulle kon. Almal het saamgewerk om te verseker dat alles redelik normaal verloop.”

Teen Donderdag was die meeste paaie weer oop, verkeer het gevloei en sakeondernemings heropen. Betogers het aangedui dat hulle vir terugvoer van TCLM oor die griewe wat gelug is, wag.

Tydens ʼn vergadering gister met inwoners van Lydenburg het die burgemeester, Fridah Nkadimeng, inwoners belowe dat die afsny van huishoudings se krag vir eers opgeskort sal word.

Ezrom Sekghobela, woordvoerder van TCLM, het by navraag bevestig dat die afsit van die krag wel vir tyd en wyl nie sal plaasvind nie. Maroela Media het gevra of dit net van toepassing is op Lydenburg en of dit die hele TCLM-distrikte insluit. “Ek glo dat dit sal geld vir alle huishouding in die munisipaliteit. Sy (Nkadimeng) sal nie die belofte aan slegs een uitbreiding kan maak nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

10 Kommentare

jongste oudste gewildste
Mariana

Nou ja gooi gou vinnig jou speelgoed uit, maak amok en kry jou sin. Lekker ou SA. Moenie ander mense in ag neem nie, nee doen net jou ding en daar sal gehoor gegee word aan jou tantrum……..

marius

Hoe heldhaftig is jou volk nie paddapot!

Sarel

Horkom wird so iets toegelaat…Pasientesorg word verder bedreig en lyk nie of enige instansue insluitendd die sg MRK ‘n duit omgee nie

Dries

Solank dit n VREEDSAME OPTOG IS. Dit beteken jy mag infrastruktuur afbreek brand stig en polisie met klippe gooi..

Deon

Die anc moet hulle strooi uitgesorteer kry, hierdie is die soveelste berig vanoggend wat ek lees waar mense lewens in gevaar gestel word deur hulle aksies… Dis erg genoeg om daarvan in n koerante te lees en nie noodwendig die mense te ken wat negatief beinvloed word nie, hoe gaan dit voel as iemand naby aan jou sterf van iets klein wat n hospitaal kon uitsorteer maar jy kon nie daar uitkom nie want iewers het een of ander skelm n diens nie betaal nie, mense het paaie afgesper en daar was nie toegang nie?