Pad van R40 miljoen spoel weg

Die pad, wat miljoene rande gekos het, is weens die onlangse reën heeltemal onbegaanbaar. (Foto: DA)

ʼn Pad tussen Pampierstad en Matlapaneng, noord van Jan Kempdorp, het weggespoel weens die afgelope ruk se reën en is in hierdie stadium heeltemal onbegaanbaar vir motoriste.

Die DA sê pleks daarvan om ʼn ordentlike pad te bou, het die ANC-regering in Noordwes R40 miljoen gemors om gruis te gooi op ʼn pad wat inwoners nie kan gebruik wanneer dit reën nie.

Die DA se woordvoerder oor openbare werke, Freddy Sonakile, het verlede jaar al aan LUR Oagile Molapisi geskryf oor die tenderproses wat gevolg is om werk aan dié pad, D201, te doen.

“Die tender is toegeken aan Lebo Tebo Trading, ten spyte daarvan dat die [naam van die] maatskappy nie op die tenderboddokument verskyn nie. Die DA het kommer geopper oor bewerings dat die maatskappy glo behoort aan ʼn prominente ANC-lid in Taung,” sê Sello Seitlholo, ʼn DA-LP.

“Die betrokke maatskappy het vantevore ook ʼn R40 miljoen-tender gekry vir die bou van die Sedumedi Primary School.”

Seitlholo sê die DA het ook inwoners se versoek dat hulle ʼn behoorlike teerpad, pleks van ʼn grondpad wil hê, geopper.

Inwoners vra dat die pad geteer word. (Foto: DA)

“Inwoners het gekla dat hulle nie ingelig is oor planne dat gruis op die pad gebruik gaan word nie. Daar was ook geen proses van openbare deelname waarin hulle hul insette oor die projek kon gee nie.”

Die DA sê byna sewe maande nadat hy aan Molapisi geskryf het, het hy steeds geen antwoord ontvang oor die toekenning van die tender nie.

(Foto: DA)

Seitlholo sê die party sal nou weer vra vir ʼn dringende vergadering met belanghebbendes en inwoners.

Hy sê die LUR moet ook verduidelik waarom R40 miljoen bestee is aan ʼn pad wat nie geteer is nie, asook hoe Lebo Tebo Trading the kontrak gekry het, selfs al verskyn die maatskappy nie op die lys van die voorste vyf bieërs nie. Die DA wil ook weet watter ander tenders aan die maatskappy toegeken is.

“As die LUR nie die inligting verskaf nie, sal die DA die saak na die openbare beskermer vir verdere ondersoek verwys.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Charl ·

Kyk net na die geskiedenis van Afrika in sy geheel dan wéét jy hoekom ons is waar ons is vandag. Dis ‘n absolute sirkus en “the clowns runs the show”.

Blomme ·

En dit gaan nog erger word… Want stupid lei vir onnosel!

Wil ·

Ek kan maar net my kop skud,as hulle in so kort tydjie infrastruktuur al op sy kniee het,hoe lyk dit oor 15 of 20 jaar.Ek sou graag ‘n pluimpie wou gee en se daar het hulle goed gedoen,maar hulle kan nie eers bestaande strukture in stand hou.Is daar nie een enkele mens met ‘n gewete in hierdie organisasie nie.Nee hel,

Porseleintjie ·

Hoekom word betrokke rekeninge nie ondersoek VOORDAT geld daarin gedeponeer word nie? R40 miljoen is mos nie kleingeld nie.

marius ·

Nee . Hulle betaal vooruit , steek die helfte of meer terug in hul sakke en smee verder bose planne vir nog . Dis hoekom hulle in paleise bly en miljoene se motors in een huishouding het . Alless op belasting betaler se rekening , en hulle sien geen fout daarmee nie .

Mudguard ·

Dis nie n probleem nie. Bou gou gou n nuwe pad. Maar die keer vir R400 miljoen.

Karina ·

Ek stem saam, ondersoek die betrokke rekening voor geld daarin gedeponeer word. Plus waarom ‘n tender toestaan as die maatskappy se naam nie eers op die dokument verskyn nie. Doen ondersoek in aan wie hierdie sogenaamde “maatskappy” behoort.

Casper ·

Was daar ooit inspeksies uitgevoer om vas te stel of die werk na before gedoen word.

Kokerboom ·

Rook hulle uit DA. Die Noordwes Provinsie is al ‘n korrupte nes sedert 1994! Hoekom doen betrokke Minister(lees Kopdoek) NIE haar werk? Hoekom doen mnr Ramaphosa NIE sy werk???

marius ·

Laat die mense die een wat die geld in sy sak gedruk het gaan uitpluk . Siek en sat vir die skelms .

Phillip ·

Ek dink die DA moet dit in elk geval verwys na die gesag. N hallelujah brain se vir jou dat iets nie plus is nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.