Padblokkade hou nie met e-tol verband

Foto: Departement van verkeersveiligheid

Foto: Gautengse departement van verkeersveiligheid, Facebook

Nog foto’s van die padblokkade volg onderaan die berig. Die departement van gemeenskapsveiligheid het Vrydag gesê die Gautengse verkeerspolisie is nie betrokke by e-tolaktiwiteit nie.

“Beamptes vra nie bestuurders oor hul e-tolrekeninge of enigiets wat met e-tol verband hou nie,” het Thapelo Moiloa, woordvoerder van die departement, by ʼn blokkade op die N1 by die Allandale-afrit in Midrand gesê. “Die departement maak slegs gebruik van die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) se hulpbronne en -toerusting omdat ons nie ons eie het nie.”

Die toerusting wat gebruik word sluit toestelle in wat ʼn voertuig en sy bestuurder se lisensies kan nagaan. Die toerusting word ook deur padverkeersbeamptes gebruik om te bepaal of ʼn voertuig se nommerplate vervals of gekloon is.

Die verkeer het bykans ʼn kilometer lank stilgestaan terwyl die beamptes die motoriste afgetrek het.

Ongeveer vyf verkeerspolisievoertuie en ses beamptes het langs die pad gestaan. Daar was ook ʼn Sanral-voertuig en ʼn -sleepwaentjie, maar geen Sanral-beamptes nie.

Volgens die departement is 142 voertuie afgetrek en deursoek. Altesaam 54 boetes is uitgereik vir voertuig- of bestuurderslisensies wat verval het, motors wat onpadwaardig was of voertuie wat nie hul lisensieskywe vertoon het nie en voertuie wat oorlaai was. -SAPA

Foto: Gautengse departement van verkeersveiligheid, Facebook

Foto: Gautengse departement van verkeersveiligheid, Facebook

Foto: Gautengse departement van verkeersveiligheid, Facebook

Foto: Gautengse departement van verkeersveiligheid, Facebook

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Dereck Le Roux ·

Eienaardig genoeg talle van die motorisste beweer dat die verkeersbeamptes juis daarop uit was om te bepaal of jy ‘n E-tol skyfie het en as jy nie het nie moes jy verduidelik hoekom jy op die snelwee bestuur sonder jou E-tol skyfie, iemand is besig om leuens te verkondig.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.