Padblokkade-skietery: Beampte hoor oor borgtog

Die toneel tydens ná die skietery in Hatfield. Foto: Netcare 911

Die toneel tydens ná die skietery in Hatfield. Foto: Netcare 911

Die verkeersbeampte, wat daarvan beskuldig word dat hy verlede Vrydagoggend ʼn motoris by ʼn padblokkade in Pretoria doodgeskiet het, het Vrydag weer in die hof verskyn, waar uitspraak oor sy borgtogaansoek gelewer is.

Konst. Takatso Mashego (26) word daarvan beskuldig dat hy Tsakane Shimange (38), ʼn werknemer van die departement van telekommunikasie en posdienste, buite die Gautrein-stasie in Hatfield in die bors geskiet het, toe Shimange glo versuim het om by die padblokkade stil te hou.

Mashego, ʼn inwoner van Mamelodi, met twee jaar ondervinding by die Tshwane-metropolisie, is borgtog van R5 000 toegestaan. Die saak is tot 8 Februarie uitgestel vir verdere ondersoek.

Peter Jay, Mashego se regsverteenwoordiger, het aangedui hulle sal die staat se aanklag van moord teenstaan en dat Mashego skuld gaan ontken.

Jay het Maandag, tydens Mashego se eerste hofverskyning, gesê sy kliënt is “uitgetart” en dat Shimange hom twee keer met sy voertuig gestamp en probeer om hom om te ry.

Die staat het nie Vrydag Mashego se borgtogaansoek teengestaan nie, aangesien hy nie as ʼn vlugrisiko beskou word nie en meen hy kan nie met enige getuies inmeng nie. Die hof het gehoor hy het nie ʼn paspoort nie en het twee jong kinders, met nog ʼn baba op pad, na wie hy moet omsien.

Mashego is op borgtog vrygelaat op voorwaarde dat hy nie met die ondersoek inmeng of met enige getuie kontak maak nie. Hy moet elke Vrydag by sy naaste polisiestasie aanmeld.

ʼn Groep mense in die openbare galery, wat vermoedelike vriende en familie van die oorledene is, was duidelik ongelukkig toe Mashego borgtog toegestaan is. Hofordonnanse moes intree om hulle te kalmeer.

Snr.supt. Isaac Mahamba, woordvoerder van die metropolisie, het ná die hofverrigtinge gesê die onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat (Opod) ondersoek die beweringe teen Mashego.

“Ons gun Opod die ruimte om sy ondersoek te doen en sal ons nodige samewerking gee indien nodig,” het Mahamba gesê.

Hy het gesê Mashego is nog nie geskors nie, hangende die uitkoms van die ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Johann ·

So as n polisie beampte voel hy word geterg; skiet hy jou bloot?

Jan maak n plan ·

Die wet se duidelik as jy iemand skiet – dan is dit moord. Wat het van waarskuwing skote geword?

marlene ·

Iemand het genoem dat daar kringtelevisie footage is vd voorval. Dis nou die tyd om daarna te kyk.

Magda ·

Netwerk24 hy het R5000.00 borg gekry en die Metro gaan hom nog nie skors nie wag vir die hofsaak!

Riaan ·

Ja nou betaal die belasting betaler mar net nog geld op n dormante werker. Dit is fantasties om vir die regering te werk, it kan aanjaag soos jy wil en Dan word jy ge-arresteer met volle salaries en pakket. En Elke jaar moet ons maar net meer hoes op taks bydraes.

Hilda ·

My skoonseun is in die Metro en is ook al so deur n padblade gestamp dat hy meters deur die lug getrek het. Een van die beamptes wat reg langs hom gestaan het is op die toneel oorlede. Julle moet dink voor julle praat. Die is nie n eerste keer nie.

tom ·

Marula wil nie plaas wat ek se maar kom ek se so, wat gaan gebeur as die swart beampte ; niks gaan oor kom,gaan dit n president skep van as jy nie vir n speedcop wil stop se maar in die nag gaan hulle jou dood skiet en se jy wou nie stop

tom ·

Hilda daar is baie wat arogant is wat dink hulle is bo die wet

Riaan ·

Tom ek stem, baie spoed polisie is arogant. Jy mag nie net n pistool uithaal en skiet nie. Wat as jy n kind dalk in die omtrek raakskiet omdat jy trigger happy raak. Hulle kon bloot die ou op ander maniere gekry stop het en hom ge-arresteer het vir nalatige en roekelose bestuur. Dan was hy nie nou innie knyp. Hilda, mag jou familie lid my nooit aftrek nie, want klink my jy praat dit reg dat hulle mense sommer net skiet.

Bekommerd ·

Onskuldig tot die hof andersins beslis, laat ons maar nie vooraf veroordeel nie.

Peet J ·

Daar bestaan mos ander metodes om ook ‘n voertuig tot stilstand te bring sonder om die bestuurder van die betrokke voertuig te dood. Indien die bestuurder geweier het om te stop kon hulle hom mos verder voorgekeur het. Padblokkades behoort oor ‘n langer afstand implementeer te word.
Veronderstel ‘n voertuig het ‘n meganiese probleem of die bestuurder is bevrees om te stop asgevolg van kriminele aanvalle moet laasgenoemde dan met sy lewe boet. In hierdie geval, in die nuwe SA ; dink ek is die metode wat deur die verkeerspolisie gevolg is oudmodies.

Hilda ·

Ek praat dit nie reg nie. Maar as iemand op my afpyl om my dood te ry sal ek hom skiet. As ek iemand in my huis betrap sal ek hom skiet. En ek sal dit like as my skoonseun jou aftrek. Hy is gelukkig een van daai mense wat glo in dit wat hy geleer is om n Metro beampte te wees. Die eerlikste mens wat ek nog ooit gesien het. Maar glo my Riaan wees jy met hom arrogant sal jy 2 de kom. Wet is wet. Hierdie hele storie is presies wat met hom gebeur het. En hy sit vandag met die pyn.

Andre ·

‘n Kar is ‘n baie gevaarliker wapen as ‘n rewolwer!

Duisende mense word jaarliks gedood deur mal, dronk en of roekelose maniakke (bestuurders) op ons paaie (doodsakkers)!

Die bestuurder het blykbaar sy GEVAARLIKE WAPEN (kar) ingespan om die polisiebeampte mee te “vermoor” .

Dis selfverdediging deur die polisieman!

Hy is onskuldig!

Hy behoort heldeverering te ontvang vir die heldedaad wat hy verrig het deur ‘n GEVAARLIKE MOORDENAAR te stop.

Hilda ·

Mooi gese daar Andre! Hoop die groot Mnr Riaan lees wat jy hier se.

jaco ·

Mense, onthou net, die skieter en die oorledene is albei swart. So hierdie saak kan nog baie interressant raak…

Peet J ·

Ek wonder of die verkeerspolisie enige opleiding in wapen hantering ondergaan het of word hulle maar oor dieselfde kam geskeer as die polisie reserviste. ‘n Vuurwapen in die hand van ‘n onopgeleide persoon laat my dink aan ‘n persoon wat ‘n voertuig bestuur sonder enige ervaring .

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.