Padblokkade-skietery: Beampte in hof

Foto: Netcare 911

Foto: Netcare 911

Die verkeersbeampte wat daarvan beskuldig word dat hy Vrydagoggend ʼn man by ʼn padblokkade in Hatfield, Pretoria, doodgeskiet het, het Maandag in die hof verskyn.

JacarandaFM berig konst. Takatso Mashego het vlugtig in die hof verskyn voor die saak tot Vrydag uitgestel is wanneer hy na verwagting om borgtog aansoek sal doen.

EWN het die slagoffer intussen geïdentifiseer as Tsakani Shimange (38). Shimange, ʼn werknemer van die departement van telekommunikasie en posdienste, is op die hoek van Park- en Grosvenorstraat doodgeskiet.

Volgens die polisie se verklaring het Shimange glo probeer om Mashego, ʼn lid van die Tshwane Metropolisie (TMPD), om te ry toe Mashego hom by die padblokkade wou laat stilhou. Mashego is op die toneel in hegtenis geneem.

Die TMPD het gesê ʼn interne ondersoek na die voorval is ook van stapel gestuur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

DPJ ·

As ‘n bestuurder op my af jaag sal ek ook 10 teen een op hom geskiet het uit selfverdedinging.

Absolutely ·

Absolutely, jy het geen kans teen n voertuig, mag hy dieselfde mense reg as die 1ste oortreder kry, wat sy lewe wou neem, ek sou ook nie stilstaan dat n krimineel my doodry nie. Mag hy goeie regshulp kry.

Rabes ·

DPJ ek stem met jou volkome saam. Die verkeersbeampte het net sy werk verrig en die oorledene het op hom afgepyl. Volgens my het hy regopgetree.

Kobus ·

As dit met my sou gebeur…was my instink om weg te kom so vinnig moontlik uit die pad van die voertuig…daar sal nie nog tyd gewees het om handwapen uit te pluk en n kolskoot deur die voorruit te skiet….daar was blykbaar dan genoeg tyd vir daardie aksie…net so was die tyd dan genoeg om te probeer wegkom

Chris Ws ·

Kobus jy is doodreg!Die eerste ding wat die polisie beampte moes doen is om uit die voertuig se pad pad te gee.Maar nee hy staan,pluk sy wapen uit sy skede en gee die bestuurder ‘n doodskoot.Nee wat ek se hy is trigger happy en moet uit die gemeenskap verwyder word.As hy so reg op getree het waarom is hy dadelik gearresteer?Omdat sy mede metro polisie lede GESIEN het sy optrede was buitensporig.

GES ·

Daar is ongelukkig mense wat geen respek vir gesag het. Bes moontlik het die konstabel reg opgetree. Miskien eers ʼn waarskuwing skoot gevuur het en terselfde tyd ook uit die pad kom. Polisiebeamptes het ongelukkig meeste van die tyd slegs ʼn paar sekondes om ʼn besluit te neem in vergeleke met howe wat soms jare neem om tot ʼn beslissing te kom.

Riaan ·

Ek kan nie verstaan hoekom daar deurlopend verwys word dat die person ‘n staatsamptenaar was nie – Maak dit hoegenaamd ‘n verskil ?

Mielie ·

Die polisie se verklaring is dat die oorledene die lid wou omry. Hoekom is die lid dan in die selle ?
Was die blokkade volgens wet opgestel en wat het die bestuurder dan so ontstel dat hy die lid wou omry.

Daan Erasmus ·

As iemand op my afjaag sal ek ook skiet. Die Polisieman is beseer in die saak.

Cherokee ·

Daar is berigte wat beweer dat hy gesukkel het om die kar waarmee hy die ‘polisiekonstabel wou omry’ aan te skakel. Dan het die triggerhappy polisieman moes genoeg tyd gehad om uit die pad te stap.

Amanda ·

Ek stem saam. As jy hom skiet gaan die kar steeds oor jou ry as die kar in beweging is.

jaco ·

Hier sal niks van kom nie. Blykbaar gee die ANC-beheerde regstelsel nie meer om as moordenaars en slagoffers albei van dieselfde ras is nie. Die parool vir jub jub bewys dit.

anton ·

Verkeerde mense word aangestel as geregsdienaars en hulle kry nog vuurwapens ook daarby.
Skiet moet heel laaste uitweg wees as jou lewe in gevaar is. Duidelik was dit nie hier die geval nie.

Oupa ·

As ‘n klomp gewapende rekruut-verkeerskonstabels in die pad rondstaan, noem mens dit ‘n pad-blokkade? In my dae was daar duidelike padtekens by ‘n blokkade, sowel as verkeer-beheermeganismes soos val-bome en reaksie-voertuie.

Piet Pompies ·

Die polisie beampte moet nou bo alle twyfel kan bewys dat die bestuurder van die voertuig hom wou doodmaak (doodry).
As die persoon bloot weg wou ry by die padblokade kon die polisie beampte die bande pap geskiet het om te voorkom dat die bestuurder ontsnap.
Dit wil voorkom of die gebrek aan opleiding die tragedie veroorsaak het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.