Padblokkade-skietery: Bestuurder was glo staatsamptenaar

Foto: Netcare 911

Foto: Netcare 911

Die man wat Vrydagoggend by ʼn padblokkade in Hatfield, Pretoria doodgeskiet is, was na bewering ʼn werknemer van die departement van telekommunikasie en posdienste.

Maroela Media verneem die man het as ʼn administrasieklerk by die departement gewerk. Hy was glo vroeër die oggend by sy kantoor en het weer gery om iemand te gaan aflaai. Op pad terug kantoor toe is hy op die hoek van Park en Grosvenorstrate doodgeskiet.

Die polisie het vroeër in ʼn verklaring gesê die man was die bestuurder van ʼn meter-taxi en Maroela Media het so berig. Volgens die verklaring het die man glo probeer om ʼn beampte van die Tshwane Metropolisie (TMPD) om te ry, toe die beampte hom by die padblokkade wou laat stilhou. Die polisie het in die verklaring gesê die beampte het na bewering die bestuurder in sy motor doodgeskiet en is daarna in hegtenis geneem.

Teen laat Vrydagmiddag het die polisie egter hierdie verklaring van hul webtuiste en amptelike sosialemediaplatforms verwyder. Maroela Media kon ook nie daarin slaag om die woordvoerder van die onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat (Opod), wat die voorval ondersoek, telefonies in die hande te kry nie.

Foto: Netcare 911

Foto: Netcare 911

Intussen het die TMPD in ʼn verklaring die voorval bevestig. Die metropolisie het gesê die presiese besonderhede van die voorval is nog nie duidelik nie. “Die polisie hanteer hierdie saak en hul ondersoek het reeds begin. Die TMPD kan egter bevestig een van sy beamptes is in hegtenis geneem en word by ʼn plaaslike polisiestasie aangehou,” het die metropolisie gesê.

Die TMPD het gesê ʼn interne ondersoek na die voorval is ook van stapel gestuur. “Ons doen ʼn beroep op lede van die publiek, wat die voorval sien gebeur het, om die SAPD of die TMPD op 012 358 7095/6 te kontak.”

Die naam van die oorledene is nog nie amptelik bekendgemaak nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Johann ·

Magsbehep en gewapen! En beskerm deur n sisteem wat NET na sy eie belange kyk…

Doofstom ·

En daar word nog n rassistiese moord onder die mat ingevee. Ek lief my land. Ek haat die mense

Engela ·

Ek sien nêrens dat die ras van die slagoffer genoem word nie?

Hannes ·

As die slagoffer vir die staat werk soos berig dan is hy heel waarskynlik nie blank nie.

Kobus ·

Die 2 berigte verwarrend….kan daar nie eers baie seker gemaak word voordat n onakkurate berig die wereld in gestuur word…

Pieter ·

Die pot noem die ketel swart? Lees maar eers weer. Die berig sê dan juis dat die vorige weergawe gebaseer is op ‘n verklaring wat die polisie uitgereik het. Vandaar ook die uitligting van sy beroep, om die vorige (verkeerde) weergawe reg te stel wat sê dat dit ‘n taxi bestuurder was. Ons skiet so graag die boodskapper!

Linda ·

@ Kobus nie onakkuraat nie……. Seket weer n cover up….

zoom zoom ·

Een berig se so en n ander berig se dat. Wat is nou waar. As die man by sy werksplek was sou dit nie gebeur het nie.

Chris Ws ·

Feit is hier het ons te doen met ‘n “triggerhappy” metro polisiebeampte wat sy gesag misbruik het om ‘n ongewpende mens koelbloedig dood te skiet .LETWEL – nie te wond nie!EN kyk mooi hy gaan uit op borg wees voor Maandag!Wie wil my wed?

lynette ·

Oor die nuus is vanaand gese die man het gesukkel om sy motor aan die gang te kry toe hy geskiet is volgens n ooggetuie. Dus het hy nie die beampte probeer omry nie.

Jan Baard ·

Dis die grootste onsin ooit, waar kom die rasse kaart nou vandaan?
Swart Metro skiet swart Staadsbeampte!!
Hoekom nou WEER die kaart probeer speel?

vermeende ·

Nou hoekom sal die media die man se beroep of werk plek wil uitlig, het staatamptenare dan die toonbeeld geword van wet gehoorsaamheid?

Hendrik ·

Iemand wat die voorval sien gebeur het help tog asb die polisie, hulle kan nie self die mas opkom nie. Pateties!

Magda ·

Los tog maar die raskaart. Hier is soveel stories omtrent hierdie geval. Maroela Media se hy wou nie stop by ‘n padblokkade nie Netwerk 24 se hy was in ‘n ongleuk met ‘n metrolid se voertuig en wou nie stop nie. Die nuus se weer hy kon nie sy voertuig aangeskakel kry nie . Nou wat is die regte storie??

Jurie Botes ·

Wil net sakie reg stel daar is ‘n verskil tussen Metro Polisie en Suid-Afrikaanse Polisie Diens, Metro Polisie word deur die Munisipaliteit gehuur en opgelei, hulle is geensins deel van die Suid-Afrikaanse Polisie Diens nie, hulle het ook hulle eie opleidings kollege. Die Suid-Afrikaanse Polisie Diens is onderworpe aan die staat, alhoewel Metro Polisie en Suid-Afrikaanse Polisie Diens byna dieselfde magte het as dit kom by handhawing van wet en orde. Lees Suid-Afrikaanse Polisie Diens Wet 68 van 1995.

Francie ·

Dit is nou so onnodig – word daar nie meer waarskuwingskote gevuur nie? Weereens ‘n hartseer voorbeeld van mense wat nie eens bevoeg is om ‘n vuurwapen te besit nie – hoe kan die man ooit aangestel word en dan van ‘n vuurwapen voorsien word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.