Padblokkades glo nie e-tol-verwant

Argieffoto Foto: fightagainstcrime.co.za

Argieffoto Foto: fightagainstcrime.co.za

Die departement van gemeenskapsveiligheid het Dinsdag ontken dat padblokkades in Gauteng verband hou met e-tol.

“Die Gautengse verkeerspolisie het Dinsdag in verskillende dele van die provinsie gefokus op voertuie en bestuurdersfiksheid,” het Thapelo Moiloa, woordvoerder vir die departement, gesê. “Hierdie bedrywighede moet nie as enigiets anders as wetstoepassing beskou word nie.”

Die Justice Project SA (JPSA) het gesê mense wie se voertuie geen probleme gehad het nie, is by ʼn padblokkade in Atlasweg afgetrek en is glo gevra waarom hulle nie e-tolskyfies het nie. Hulle is glo ook gevra waarom hulle sonder e-tolskyfies van die e-tolpad gebruik maak. Hulle name en identiteitsnommers is glo neergeskryf. “Daar is geen vereiste onder enige wet vir enige persoon om ʼn e-tolskyfie te hê nie,” het Howard Dembovsky, voorsitter van die JPSA, gesê. “Selfs Sanral se woordvoerder, Vusi Mona, en ander het dit reeds bevestig.”

Dembovsky het gesê die JPSA is deur die departement gerus gestel dat die aktiwiteit in die noordelike dele van Johannesburg en Pretoria slegs daarop fokus om foutiewe nommerplate, lisensieskywe en ander voertuig- of bestuurdersdefekte te ondersoek. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.