Padda in sy slaai

Die foto wat @Dirk_Steenekamp op Twitter gedeel het.

Die foto wat @Dirk_Steenekamp op Twitter gedeel het.

Dirk Steenekamp van Johannesburg het onlangs ʼn padda in ʼn slaai opgespoor wat hy by Woolworths gekoop het en die foto op sosiale media gedeel.

Hy sê het hy altyd net by Woolworths sy inkopies gedoen, maar sal nou nooit weer by dié winkel iets koop nie.

Intussen het Woolworths in ʼn persverklaring gesê alhoewel die voorval uiters seldsaam is, is hulle baie besorg daaroor. Woolworths het ook op sosiale media op Steenekamp se foto reageer en hom versoek om met hulle in verbinding te tree.

“Ons maak spaarsamig van insekdoders gebruik om te verseker dat ons vars produkte in ʼn gesonde omgewing gekweek word en terselfdertyd die biodiversiteit bewaar,” lui Woolworths se verklaring. “ʼn Gesonde plaas is aanloklik vir insekte, paddas, voëls en dit is moontlik dat die padda ongesien verby ons gehaltebeheer gegaan het.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Pieter La Grange ·

Vanuit ‘n wetenskaplike oogpunt is dit baie goeie nuus. Paddas is ‘n aanduiding van ‘n gesonde ekosisteem. Ek gaan verseker aanhou koop by Woolworths. En al was dit ‘n ander minder aangename gogga sou ek nie so oorreageer nie. Kom nou, hoe gereeld gebeur dit?

amanda ·

Nee dankie, sal beslis nie weer daar koop nie. Jig dis grillerig

Gideon Erasmus ·

Wie sê die padda was wel in die slaai- sommige mense doen snaakse goed om in die koerant te kom! Dit is maklik om self die padda in die slaai te sit en dit dan af te neem!

SNEL ·

Dit kan by enige winkel gebeur, ek het al n slak in n pak slaaiblare gekry wat sê dis gewas en reg vir gebruik (was nie by Woolworths nie). Sulke goggas en goed weet elkeen hou van slaaiblare, al wat ons te doen staan is was dit al sê hulle dis reeds gedoen. Ek sal my ook doodgril, maar gelukkig het hy die padda gesien en hom nie op n burger gelaai en gehap nie. Wat is slegter as wanneer jy n padda op jou burger sien; wanneer jy n halwe padda op jou burger sien.

Paul ·

Dit wys maar net dat die slaai vars is. Dis juis ‘n goeie teken, hoewel dit nie noodwendig die beste idee sal wees om daardie spesifieke slaai te eet nie, afhangend van hoe lank die padda al dood is. Indien hy dit net na die winkel teruggeneem het, sou hulle dit sekerlik vervang het met ‘n ander pak slaai wat net so vars (maar sonder ‘n padda) is.

Dis asof mense dink kos kom uit yskaste, nie van ‘n plaas af nie…

pop ·

Mmmmm, my een suster koop ook net by Woolies, en ek kry gereeld sulke groot vet groen wurms in hulle slaai. En as ek haar wys< se sy dis at least lewendige wurms wat wys hoe vars dit is. Sies ek eet langtand iets by haar. Dis n status ding.

Deon ·

Tragies… Krisis… en waar gaan Dirk nou sy vooraf gewaste / verpakte kos kry.

Pieter ·

Nou sal die paddas en insekte begin uitkom. Jiggggggg ek het ‘n krokkidil in my sop gekry.

frans ·

Ek kan nie verstaan waaroor di bohaai gaan nie, wees dankbaar die padda is gesond, wees bekommerd oor groente wat skoon is, dis hulle wat jou doodmaak!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.