Padgebruikers gewaarsku voor Paasnaweek

Argieffoto

Die nasionale departement van vervoer het gewaarsku dat die verkeer op die paaie drasties sal toeneem oor Paasnaweek.

Ishmael Minisi, woordvoerder van die departement, het gesê hulle verwag van Donderdag 13 April af ’n toename op al die hoofroetes soos die N1, N3 en N4 met duisende vakansie- en kerkgangers wat na hul onderskeie bestemmings reis.

“Gedurende dieselfde tyd verlede jaar het volumes verkeer op dié paaie van 1 046 780 in 2015 na  1 248 824 in 2016 vermeerder,” het Minisi gesê.

Die departement en die Padverkeersbestuurskorporasie (RTMC) bestuur tans 12,2 miljoen geregistreerde voertuie, 309 768 geregistreerde taxi’s en 61 841 geregistreerde busse.

“Die departement sal deur die RTMC 18 819 verkeersbeamptes ontplooi om die veiligheid van vakansie- en kerkgangers te verseker,” het Minisi gesê.

Die departement het alle padgebruikers gemaan om versigtig te wees gedurende die komende Paasnaweek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Wonder maar net ·

Ek wonder maar net. Weet Ishmael Minisi dat Vrydag 14 April is en nie 13 April nie???

Janie Monsieur ·

Dagsê wonder maar net,

Dankie vir jou kommenataar. Jammer vir daardie oorsig, ons kan bevestig dat dit wel Donderdag 13 April moes lees. Dankie dat jy ons daarop gewys het, die berig is reeds gewysig.

Groetnis
Janie nms. Maroela Media

Stephanie ·

Ai toggie, daar gryp en my ander bril om weer te lees, want ek “sien” Donderdag 13de. Dankie vir die vinnige regmaak Maroela. Het byna gedink die ander mense lees verkeerd.
Alle mede Maroela mense… vreedsame en veilge Pase vir julle. Ons sien mekaar weer Dinsdag. (In een stuk asseblief)

Piet Pompies ·

Laat jou lang naweek of vakansie begin sodra jy uit die erf ry, maak die tyd op die pad deel van die vakansie, pak eetgoed in, lekker musiek, geniet die natuur, ry veilig.
Maak seker jou voertuig is padwaardig, bande goed, familie vas gegordel.

Varkie ·

Met die busse wat staak en almal wat in massas na taxi’s toe gana draa ivir vervoer, glo ek hier kom weer rekord sterftes

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.