Padstal-hoender: Uitslae werp lig op ‘vergiftiging’

hoenders

Foto: Zdenet/Pixabay.com

Die stad Kaapstad het sy ondersoek na die moontlike voedselvergiftiging van twee kinders in Brown’s Farm in Philippi voltooi.

Dit volg ná twee kinders vroeër dood is nadat hulle hoender by ʼn padstal gekoop en geëet het.

Raadsheer JP Smith, die burgemeesterskomiteelid vir veiligheid, sekuriteit en maatskaplike dienste, het gesê die toetse se uitslae dui aan dat die hoender wat deur die slagoffers geëet is veilig was.

“Die stad Kaapstad se laboratorium het die toetse voltooi en het nou die resultate. Hulle het monsters van die hoender en sous wat die kinders geëet het, bestudeer. Die resultate toon dat daar nie voldoende vlakke van bakteriële organismes is om siekte of lewensverlies te veroorsaak nie,” het Smith gesê.

Smith het gesê die stad se departement van omgewingsgesondheid kan dus bevestig dat die hoender veilig was om te eet toe dit gekoop is.

Volgens Smith is daar monsters van die sous geneem wat in die pot oorgebly het ná hulle geëet het. Slegs die bevrore hoender wat gekoop is, kon egter getoets word omdat al die reeds voorbereide, gaar hoender klaar geëet was.

“Die stad se omgewingsgesondheidsbeamptes het die plaas waar die hoenders gekoop is asook die padstal waar die hoender gekoop is, besoek en is tevrede dat die hoenders gesond is,” het Smith gesê.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Scalla ·

Onhigiënies , word op die pavement in ou olie blikke gekook, wette bestaan nie in die nuwe s a nie

MissDemeanor ·

Hul het mos nounet berig dat die toetse gewys het die hoender was getoets en bevind dit was geskik vir gebruik.

Aijaijai ·

Ons moet mooi lees, padstal. Dit is eerder hoender gekoop, in die kar in die son laat lê en toe eers ge-eet. Dan word hy giftig.

?? ·

Tog is daar monsters geneem van die sous in die pot ná hulle geëet het. Dit sou dus ook vergiftiging getoon het indien so?
Aijaijai, ek stem wel saam met jou oor die hoender self want daar is toetse gedoen op die bevrore hoender.

M A ·

En die ander mense wat die pot leeg geëet het? Is hulle nie siek nie? Dit maak nie regtig sin dat net twee kinders dood is nie. Dit is baie moontlik dat die kos bederf het deur onhigiëniese praktyke nadat dit gekoop is. Of die kinders het siek geword van heeltemal iets anders. Daar word nie veel inligting in die berig gegee nie en mens kan nie juis afleidings maak nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.