Padsterftes daal met 7% oor feestyd

(Argieffoto)

Terwyl baie Suid-Afrikaners die afgelope Kersvakansie eerder tuisgebly en die Covid-19-regulasies ʼn stokkie voor talle ander se reisplanne gesteek het, sê die minister van vervoer, Fikile Mbalula, die departement het een van die uitdagendste padveiligheidsveldtogte in jare agter die rug.

Mbalula het Vrydag die padsterftesyfer vir die tydperk 1 Desember tot 11 Januarie vanjaar bekend gemaak.

Altesaam 1 448 mense het in hierdie tyd in 1 210 noodlottige ongelukke omgekom. Dit is ʼn 7%-daling in sterftes en ʼn 10,3%-daling in noodlottige ongelukke op ʼn jaar-op-jaar-grondslag.

“Meer as die helfte (54,3%) van noodlottige ongelukke het op ʼn Vrydag, Saterdag en Sondag gebeur,” het Mbalula gesê.

Daar was vanjaar ook ʼn afname van 4,9% in die getal voetgangers wat in vergelyking met die vorige jaar op die land se paaie dood is.

“Bestuurdersterftes as ʼn persentasie van die totale sterftes het egter toegeneem van 24,2% tot 26,6%, passasiersterftes het toegeneem van 32,2% tot 34,5%, terwyl sterftes van fietsryers 1% van sterftes uitmaak.”

Mbalula sê die grootste oorsaak van sterftes was mense wat op enige plek oorsteek, tref-en-trap-voorvalle, motoriste wat te vinnig ry, motoriste wat ander voertuie verbysteek, nat en gladde padoppervlakke en bande wat bars.

“Terwyl die syfers wys die meeste Suid-Afrikaners het die aandklokreël gehoorsaam, was ʼn paar onversetlike motoriste op die pad wanneer hulle nie moes wees nie. Gevolglik het 34,1% van ongelukke tussen middernag en 06:00 plaasgevind.”

Met die uitsondering van Mpumalanga het al die provinsies minder sterftes op die paaie gehad.

ProvinsieSterftes in 2020-’21Sterftes in 2019-’20Daling/styging
Wes-Kaap132157-15,9%
KwaZulu-Natal289336-14%
Limpopo188205-8,3%
Noord-Kaap3639-7,7%
Gauteng231249-7,2%
Noordwes99101-2%
Oos-Kaap228231-0,9%
Mpumalanga1411354,4%

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Anel ·

Ja, nê. As hulle inperkings enigsins gewek het, sou daar geen stetftes wees nie. Wat ‘n klug!!!

Hennie ·

Mababalubra jy doen sooo goed ou seuna! Geen regdenkende sal ‘n woord glo wat jy uiter nie!

Suzette ·

Ek is werklik bly dat daar minder padsterftes is, maar dit is beslis nie te wydte aan Mbalula en sy span se vernuftigheid nie – die aandklokreël het sekerlik ‘n rol gespeel, maar dit is omdat daar baie minder mense met verlof gegaan het.

Jaco ·

Padsterftes daal met 7% en bankrotskappe van toeristebesighede aan die kus, waar alle strande gesluit is, styg met 70%

koos10 ·

Frikkie, hoekom verban julle nie ook seks nie, dan sal die HIV sterftes ook mos daal???

Tanniepetoors ·

Met ander woorde, die belaglike inperkings het bykans geen uitwerking op padsterftes gehad nie, net ‘n dramatiese, vernietigende uitwerking op die toerismebedryf en res van ekonomie. Tsek Mbalula en die res wat die belaglike regulasies steun.

Natasha ·

Ban petrol/diesel en kyk dan die ongelooflike resultaat….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.