Padsterftes oor langnaweek ‘skok’

Die gru-botsing in Randfontein waarin 13 mense dood is. Foto: Netcare 911

Die gru-botsing in Randfontein waarin 13 mense dood is. Foto: Netcare 911

Die minister van vervoer het Dinsdag haar skok en ernstige kommer uitgespreek oor die getal noodlottige ongelukke wat die afgelope langnaweek op die land se paaie plaasgevind het.

Minister Dipuo Peters het tydens ʼn mediakonferensie aangekondig dat die Padverkeerbestuurskorporasie 179 noodlottige ongelukke, waarin 237 mense dood is, oor die afgelope langnaweek aangeteken het.

Peters het intussen ʼn taakspan aangestel om ondersoek in te stel na die oorsaak van drie groot ongelukke waarin 26 mense dood is. Altesaam 13 mense is dood in ʼn ongeluk op R41 in Randfontein terwyl agt mense dood is in ʼn ongeluk op die N1 naby die Nyl-plaza. Vyf mense is dood in ʼn ongeluk in Kaapstad.

“Ons deel direk en indirek in die pyn en smart van diegene wat geraak word deur die onlangse vlaag noodlottige ongelukke en ons hoop dat ons pogings om die trauma te verlig vir hulle verligting sal bring. Mag hulle troos en genesing vind in die deernis van die almagtige Here,” het Peters gesê.

Die minister het gesê hoewel die ondersoeke na die onderskeie noodlottige ongelukke steeds aan die gang is, dit moeilik sal wees om die moontlike bydrae van spoed en roekelose of nalatige bestuur uit te skakel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

25 Kommentare

jongste oudste gewildste
louis

Mense moet meer deeglikke onderrig kry om padreels te ken. Leer mense om n voertuig behoorlik en volwasse te bestuur. Groter boetes vir oortredings. Baie meer en groter sigbaarheid van verkeersbeamptes. Probeer bedrog en omkopery stopsit. Hou kop en hou koers!!!

M A

Ek sê nou nie mense met motors bestuur goed nie – van hulle is ook maar roekeloos verby, maar kyk ‘n bietjie hoeveel taxies en busse is in noodlottige ongelukke betrokke. Hulle dink hulle is bo die wet verhewe. Die minister weet dit en doen absoluut niks nie.

Leon

Kom ek se julle wat, en dat 90% mense met verstand weet dit. Min Peters het die mag om die roekelose TAXI’S vas te vat maar is te bang om op te tree. Hoekom sal net sy weet. Vir jare gaan dit al so op ons paaie. Die verkeersbeamptes sit in hul karre met KFC en sien al die verkeerde dinge wat Taxi’s doen en doen niks. Het dit al met my eie twee oe gesien. Die regering is te bang om met die Taxi Base te verskil want daar is miljoene $ op die spel, Daar sterf baie mense… Lees meer »

arno

Ons was die naweek na groblersdal! Wat n chaotiese storie en nagmerrie het ons beleef. Die verkeer is opgehou en taxis het van agter af gekom en die hele pad en selfs die aankomende verkeer vir hulle self gevat en voor gaan indruk. Ons wat die wet gehoorsaam moes 2 ure in die verkeer sit terwyl n verkeersmotor van agter af kom met ligte en afdraai na hulle woning in die township! Dis n skande. Ek was amper van die pad af forseer deur n taxi. Hulle voel n veer vir enige iemand. Die land is in chaos gedompel! Daar… Lees meer »

JMPD

Dit gebeur as sommige mense te maklik aan hul bestuurderslisensie kom. en met totaal onpadwaardige voertuie wat oorlaai is in oormaat op die paaie is, en teenoor wie die verkeerspolisie nie optree nie.