Padsterftes oor langnaweek ‘skok’

Die gru-botsing in Randfontein waarin 13 mense dood is. Foto: Netcare 911

Die gru-botsing in Randfontein waarin 13 mense dood is. Foto: Netcare 911

Die minister van vervoer het Dinsdag haar skok en ernstige kommer uitgespreek oor die getal noodlottige ongelukke wat die afgelope langnaweek op die land se paaie plaasgevind het.

Minister Dipuo Peters het tydens ʼn mediakonferensie aangekondig dat die Padverkeerbestuurskorporasie 179 noodlottige ongelukke, waarin 237 mense dood is, oor die afgelope langnaweek aangeteken het.

Peters het intussen ʼn taakspan aangestel om ondersoek in te stel na die oorsaak van drie groot ongelukke waarin 26 mense dood is. Altesaam 13 mense is dood in ʼn ongeluk op R41 in Randfontein terwyl agt mense dood is in ʼn ongeluk op die N1 naby die Nyl-plaza. Vyf mense is dood in ʼn ongeluk in Kaapstad.

“Ons deel direk en indirek in die pyn en smart van diegene wat geraak word deur die onlangse vlaag noodlottige ongelukke en ons hoop dat ons pogings om die trauma te verlig vir hulle verligting sal bring. Mag hulle troos en genesing vind in die deernis van die almagtige Here,” het Peters gesê.

Die minister het gesê hoewel die ondersoeke na die onderskeie noodlottige ongelukke steeds aan die gang is, dit moeilik sal wees om die moontlike bydrae van spoed en roekelose of nalatige bestuur uit te skakel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

louis ·

Mense moet meer deeglikke onderrig kry om padreels te ken. Leer mense om n voertuig behoorlik en volwasse te bestuur. Groter boetes vir oortredings. Baie meer en groter sigbaarheid van verkeersbeamptes. Probeer bedrog en omkopery stopsit. Hou kop en hou koers!!!

Gerbrandt ·

Dis waar.begin deur basiese oortredings te beboet.ry oir rooi ligte moet ernstig beboet word,doen dan sommer inspeksie op motor,en haal onpadwaardige motors af van ons paaie.dan eers sal dinge begin verander.

M A ·

Ek sê nou nie mense met motors bestuur goed nie – van hulle is ook maar roekeloos verby, maar kyk ‘n bietjie hoeveel taxies en busse is in noodlottige ongelukke betrokke. Hulle dink hulle is bo die wet verhewe. Die minister weet dit en doen absoluut niks nie.

ANONIEM ·

Ek stem. Dit is taxies wat al die ongelukke veroorsaak. Ry mos nes hulle wil.

Leon ·

Kom ek se julle wat, en dat 90% mense met verstand weet dit. Min Peters het die mag om die roekelose TAXI’S vas te vat maar is te bang om op te tree. Hoekom sal net sy weet. Vir jare gaan dit al so op ons paaie. Die verkeersbeamptes sit in hul karre met KFC en sien al die verkeerde dinge wat Taxi’s doen en doen niks. Het dit al met my eie twee oe gesien. Die regering is te bang om met die Taxi Base te verskil want daar is miljoene $ op die spel, Daar sterf baie mense op ons paaie onnodig. Die leiers van S, A. Moet wakker skrik ek kyk wat om hul aan gaan.

ig ·

Leon, die rede hoekom dit nie sommer sal stop nie is dat elke 2 de poliesman,spietkop,amptenaar ens n taxi of taxi,s besit en n blinde oog gooi wander opgetree moet word.

arno ·

Ons was die naweek na groblersdal! Wat n chaotiese storie en nagmerrie het ons beleef. Die verkeer is opgehou en taxis het van agter af gekom en die hele pad en selfs die aankomende verkeer vir hulle self gevat en voor gaan indruk. Ons wat die wet gehoorsaam moes 2 ure in die verkeer sit terwyl n verkeersmotor van agter af kom met ligte en afdraai na hulle woning in die township! Dis n skande. Ek was amper van die pad af forseer deur n taxi. Hulle voel n veer vir enige iemand. Die land is in chaos gedompel! Daar is geeeeeen wet en orde!

JMPD ·

Dit gebeur as sommige mense te maklik aan hul bestuurderslisensie kom. en met totaal onpadwaardige voertuie wat oorlaai is in oormaat op die paaie is, en teenoor wie die verkeerspolisie nie optree nie.

Piet Piper ·

Gaan kyk in die Weskaap waar die DA regeer, bv. in George.
Daar is die Go- George mini en maxi….groter busse wat die mense vervoer….ordelike en veilige bestuurders wat die verkeers reels gehoorsaam. DIT WERK !!!!
Nie ongelukke van roekelose en wettelose en gewentenlose Taxi bestuurders soos in die ander ANC verwoeste provinsies.

PIETER ·

Nou Johannesburg gery na sasol trokke het nie volg afstand nie pleks hul moet almal in 1 baan ry ry hul verspried oor 4 bane hou verkeer op ,ek praat nie eens van taxis nie bly aan linkerkant verby gaan op geel strepe en sper strepe ,dan voertuie wat se ligte nie werk nie dit is belaglik ,voertuie wat 60 ry in n 120 kh zone belaglik _ ma ek dink die minister moet dit n skoolvak maak en verpligtend ook

Nico ·

Mense ek het nou weer baie in die Oos Kaap gery oor die langnaweek. Mense is absoluut roekeloos en onbedagsaam en daar is nie eintlik woorde nie. Kar gaan n string karre verby op n dubbel sperstreep en het die vermetelheid om ligte vir my te flicker dat ek na die geel lyn moet oorbeweeg. !!!!! Nou waar het so mens sy lisensie gekry ??? Dan weet die mense nie van ligte domp in die aand nie. Ry met hulle helder skerp ligte en verblind jou !! Nee regtig Min Peters jou verkeersdepartemente sal moet sokkies optrek. EEn verkeersbeampte buite Jeffreys gekry maar verder bokkerol……..

Tiger ·

Hoe gouer die land se spoedperke op openbare paaie VERLAAG word en daar 20 keer meer spoedlokvalle op ons paaie gehou word hoe gouer sal die ongelukke verminder.Nou sal daar gese word maar die verkeersmense wat spoed lokvalle beman word in elkgeval net omgekoop.Ja is seker so maar as jy in plaas van 2 verkeersmanne moet omkoop skielik 7 of meer op dieselfde roete moet omkoop OMDAT JY gejaag het sal mense begin twee keer dink want nou begin dit hulle erg kos om almal om te koop!Dis ‘n begin al is dit nie al wat gedoen moet word nie.Stem saam daar is te veel onpadwaardige voertuie op ons paaie deesdae.Maar almal probeer stemme behou of bykry en daar le die probleem.Die minister Peters is heeltemal uit voeling uit met wat presies op ons paaie aangaan elke dag.

Kellies ·

Julle almal sit die pot mis. Gaan kyk na Malawie, Somalie, Egipte, ens. Kyk na omtrent al die Afrika lande hoe dit gaan op hul paaie. Geen reels. Die eerste een by n kruising ry. geen stopstrate, Robotte ens nie. Dit is Suid Afrika se voorland. Chaos!! Sterkte.

Siestog ·

Ja nee, tussen die “op die rug grootword”, lisensie koop en 30 % slaagsyfer – dit is die soort resultate wat ons kry, van die pad tot in die werksplek.

Hendrik ·

Ek is natuurlik nie geskok oor die hoe sterftesyfer ni een is verbaas dat dit nie hoer is nie. Wat ons elke dag sien en beleef is verskriklik en dit word net al hoe erger.

Will i am ·

Ek was die naweek verstom om te sien hoeveel drink en bestuur. Hul steek dit nie eers weg. Voor hospitaal in Krugersdorp. By robots in Randfontein. Dan ry hul soos hul wil en jy as onskuldige moet boet vir hul nonsens. Spreek jy hul aan kry jy middelvinger.

Willie ·

Jy mors jou asem as jy n taxi drywer vermaan om by die padreels te hou … nie een van hulle weet wat die reels is nie..75% van hulle het nie n rybewys nie die ander25% het hulle se’n gekoop

LJ ·

Ons het die afgeloopte tyd so om en by 4000 km deur ons land gery en verkeersmanne net agter kameras gekry. Het agter gekom dat daar net op spoed gelet word. Wil daarop se dat daar n verskil is in vinnig ry en jaag. Wat ons gekry het is mense wat kanse vat om op. Sperstreepe verby te gaan ,verby te gaan as voertuie van vooraf kom,nie by stopstraate of verkeersligte stilhou nie, u draaie maak op onveilige plekke, voor jou inry en dan skielik regrdraai, drink terwyl hulle bestuur, nie volgafstande hou nie, vragmotors wat mekaar wil verby gaan en sodoende n vragmotor reisies veroorsaak, voergangers onder invloed van drank,en so kan ek aangaan en geen verkeersbeamte in sig nie. N oplossing is, meer sigbare en op die tone verkeersbeamtes wat oortreeders kan vasvat, kameras wat verby gaan op sperstrepe afneem, beter padtekens, soos genoem is padveiligheid as skoolvlak, beter bestuursopleiding, vat die n persoon wat kom vir betuurdersliksensie op die ooppad om te sien of hy n voertuig op 120 km per uur kan hanteer, sit hulle op n glybaan en sien hoe hy optree in nood situasie. Dit is maar my beskeie meening

Johann Marx ·

LJ….ongelukkig werk jou beskeie mening net in ‘n EERSTE WêRELD land!! Hierdie is Afrika…

magda ·

Die regering moet regtig kyk na die taxi’s dit is hulle wat roekeloos en onpadwaardig is en al die ongelukke veroorsaak .Onskuldige mense wat afhanklik is van openbare vervoer boet met hulle lewe en families word wees agtergelaat sonder inkomste van die wat afsterf . Bestuurders is die oorsaak van wat gebeur het deur hulle nalatigheid , geen gevoel vir ander mense nie en on ervare en meeste van die tye nie eers wettige lisensies nie . Waar is al die verkeersbeamptes wat op paaie moet wees en kyk , nee hul staan op plekke waar dit nie saak maak en wag vir volgende ene wat hulle geld kan gee , die hoofweg is n voorbeeld hoeveel taxi’s ry eenvoudig verby hulle maar hulle trek eerder karre af en sien hoeeel geld hul kan kry vir die dag .

Johan ·

Ek sal net graag wil hê dat die owerhede moet sê wie en watter sort voertuie in die ongelukke betrokke is. Dan kan hulle mos die problem vir eens en altyd vasvat.

Scalla ·

Was sy nie die een wat so vol lof was na die paasnaweek oor die ongeluksyfer wat laer was nie, besef sy nie die vakansie dae was meer versprei en dus verkeer minder nie, hier is mos nou die bewys, onpadwaardige voertuie en roekelose en nalatige bestuur is die oorsaak.

wilma ·

Miskien moet ons begin waar Taxi ongelukke is, wat in elk geval die meeste op ons paaie is, eise in te dien teen die Taxi -Unies.

Jef ·

Ek het n idee….sluit alle petrolstasies en weg met al die karre en gee elkeen n fiets dis gesond en as jy erens moet wees wat baie ver is dan vat jy gewoonweg die trein, probleem opgelos.

Rina ·

Hier by ons koop hul lisensies. As jy in die straat ry kan jy sien hoe hul bestuur, dit is skrikwekkend. Nou kan ek verstaan al die ongelukke op ons paaie. Die agtergeblewenis moet mos bevoordeel word, daarom kan hul dit koop sonder om te kan bestuur

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.