Padsterftes oor Paasnaweek aansienlik minder

Blade Nzimande, minister van vervoer. (Foto: ANA/Jacques Naude)

Padsterftes tydens Paasnaweek het met 40% gedaal in vergelyking met dieselfde tydperk verlede jaar.

Blade Nzimande, minister van vervoer, het gesê 80 ongelukke waarin sterftes voorgekom het, is landswyd aangemeld.

“Groot dalings is aangemeld in KwaZulu-Natal met 13 noodlottige ongelukke en in Gauteng waar 11 noodlottige ongelukke aangemeld is,” het Nzimande gesê.

In KwaZulu-Natal het 26 mense op die paaie gesterf en 12 mense is dood in ongelukke op Gauteng se paaie.

“Tussen 18 en 21 April is 104 sterfgevalle aangemeld, ʼn daling van 41% van die vorige Paastydperk. Die syfers wys dat met vasberadenheid, gehoorsaamheid aan die basiese padveiligheidsreëls en samewerking tussen die regering en padgebruikers, ons beslis die vlaag padongelukke kan stuit,” het Nzimande gesê.

“Dit lyk altyd onmoontlik, tot dit gedoen word.”

Die minister het ook motoriste sowel as rolspelers bedank wat saam met die departement van vervoer by padveiligheidsoperasies betrokke was. Daar is veral gefokus op die bekamping van dronkbestuur, sowel as op veiligheidsbewusmakingsprogramme.

“Ons betuig namens die regering ons innige meegevoel aan die families en vriende van diegene wie se geliefdes op die paaie dood is. Ons wens ook spoedige herstel toe aan diegene wat steeds in hospitale of by die huis aansterk.

“Ek het die Padongelukkefonds opdrag gegee om hulp te verleen aan die families van oorledenes en beseerdes in dié moeilike tyd,” het Nzimande gesê.

Volgens die minister gaan wetstoepassers en nooddienswerkers op hulle pos bly, met die oog op Vryheidsdag en Werkersdag wat binnekort gevier word.

Sterftesyfers volgens provinsie:

Limpopo: 27

KwaZulu-Natal: 21

Mpumalanga: 14

Gauteng: 12

Wes-Kaap: 9

Oos-Kaap: 9

Noordwes: 8

Noord-Kaap: 2

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Sulette ·

Ek wonder hoeveel mense was op die pad die jaar. Dis dalk in vergelyking nie n groot prestasie nie. Baie mense kan nie bekostig om weg te gaan met die swak ekonomie en petrol prys nie.

Wonder Net ·

Ek dink die antwoord is 100% reg. Met die petrol pryse en alles wat so duurder geword het, het meer mense by huis gebly.

Nee wat ·

Nee wat Sulette, die daling van 40% is heeltemal uit verhouding met styging in petrolpryse en verswakte Ekonomie. Jy mag maar erkenning gee waar dit toekom.

Jennifer ·

Jy is reg, as mens aan n nasionale roete bly, kan mens sien dat daar minder verkeer as verlede jaar was.

Susan ·

Baie geluk met die daling van 40%! Dit is ‘n baie groot prestasie. Dankie aan elke beampte wat onverpoosd gewerk het die naweek. Ons hoop volgende jaar op ‘n verdere 20%. Vang dronk en onverskilliges bestuurders, en gooi hulle in dit tronk! So jammer dat ‘n dronk bestuurder 5.30vm ‘n klomp fietsryers in Randburg iewers geploeg het. Een dood en 8 beseer. Hy was so dronk soos ‘n lord, en het weggehardloop toe hulle hulle beseerde makkers prober help het. Die fietsryers was baie duidelik sigbaar, en hulle het in die geel streep (wat baie breed is) gery. Dronk bestuurders moenie genade kry nie.

Marius Vermaak ·

Sigbare polisiëring was baie meer die afgelope Paasnaweek. Ek dink dit het baie gehelp om bestuurders te kry om by die padreëls te hou. Dronkbestuur slaan my dronk! Hoe kan jy aan ‘n stuurwiel vat indien jy weet jy het te veel gedrink? Dit is soos om ‘n moord te wil pleeg!

Pieter ·

Stem. Ek het oo die N3 gery tot by Villiers. Dit was opvallend hoeveel beamptes hulle Paasnaweek opgeoffer het om almal dop te hou. Tot die taxis het spoedgrens gehou. Ek is drie keer af getrek en my sleepwa en motor bekyk, maar ek kla nie. Dit was die moeite werd. Dankie speedcops!

Hendrik ferreira ·

Ek was gelukkig ek het reis monitering gehad my skoonma het my elke uur gebel totdat ek in die Kaap was toe se ek maar vir haar ek kom laai haar nie meer op om saam te gaan nie.

Boerboel ·

Die paaie was besonder stil by ons in die Oos Kaap, seker van die swaar reen, ek dink ook omdat paasnaweek voor die maandeinde val en die prys van brandstof.

Zoro ·

Dis baie waar – te danke aan die relatiewe min verkeer op ons paaie agv. Die hoë brandstof prys – Paasnaweek is verby ek hoop die prys word nou verlaag

Stebastiaan ·

Wil voorkom asof daar in die Vrystaat geen sterftes was want hy word nie eers genoem nie????

Die Skim ·

Die statistiek is behoorlik gekook in die Vrystaat op die R57 is 4 mense dood en daar was nog andere in die Wes Kaap by Napier is 8 mense in dié ongeluk dood en wat van die andere

Francois Joubert ·

Netwerk 24 het reeds berig daar is 33 mense dood in die Weskaap. Maar Die Blade vertel van hul nuwe metingsinstrument wat meet hoeveel bloed jy in jou alkohol het. As jy nognie die video gesien het nie vra ‘n vriend.

willie ·

Mens kan ook nie waag om weg te gaan anders word jou huis leeg gedra.

Johanna Botha ·

Te bang om te ry en petrol ook te hoog …so bly tuis en pas die huis en goed op en ook onsself !

Pieter du plessis ·

Great,maar die plaas aanvalle was meer so wat is die beplanning vir volgende paasnaweek .Ek hoop dit is meer fidelity guards ontplooi op die platteland met n inisiatief soos…. KEEP THEM ALIVE THEY FEED US.

Ivan ·

Al die gegewe syfers is 102 en nie 104 nie. Gewone laerskool wiskunde.

Realis ·

Hier’s ‘n idee; maak die petrolprys volgende paasnaweek twee en ‘n half maal duurder en die paas sterftesyfer gaan 0 wees. 100% af van laasjaar af.
Mense se bestuur vermoeëns het nie verbeter nie, daar was net minder van hulle op die pad.

Heksie ·

Net voor die paasnaweek Vrystaat toe gery en terug, en daar was baie verkeer vroeg in die oggend met baie trokke. tussen OD en Kroonstad alleen 3 spoedkamers, baie metro lede wat voertuie (taxis) aftrek, windgatte wat sonder registrasie plate ry boetes uitskryf, en sigbaar is!
Hoekom kan dit nie altyd so wees nie?

Limpopo ·

Ons bly baie naby aan die N1 wat gewoontlik oor paas tyd baie besig is maar die jaar was hy verbasend stillerig. Tog is die sterfte syfer die hoogste in Limpopo….

Jaco Pool ·

Ek is baie bly soos almal dat daar minder sterftes op ons land se paaie was, maar daar moet gekyk word na hoeveel minder voertuie op die paaie was invergelyking met vorige jare.

Die middelklas / algemene man op straat het nie meer geld om op langnaweke te gaan nie, dus minder voertuie op die pad – ons kan skaars die potte aan die kook hou, wat nog te se van vakansies neem.

Nie te min, ek is baie bly daar is minder sterftes – en ja dit lyk tog of BLADE probeer van sy kant af, dit is net skokkend om te hoor van hoeveel bestuurders steeds onder die invloed van drank bestuur.

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.