Padwerker kry geraamte langs snelweg

Die geraamte wat gevind is. Foto: SAPD

Die geraamte wat gevind is. Foto: SAPD

Die Vrystaatse polisie het ʼn beroep op die publiek gedoen om hulle te help met inligting nadat ʼn mensgeraamte Vrydag langs die N1-snelweg naby Verkeerdevlei gevind is.

Sers. Ikobeng Hlubi, polisiewoordvoerder, het gesê ʼn padwerker het op die geraamte afgekom en die polisie is ontbied. “Die geraamte het steeds klere aangehad, naamlik ʼn blou denimbroek en swart All Star-skoene.”

Dit is nog nie bekend hoe lank die oorledene se liggaam daar gelê het nie. “Ons wag vir forensiese uitslae om te bepaal wanneer die persoon dood is.”

Hlubi het ʼn beroep gedoen op mense wat ʼn familielid vermis of enige ander inligting het om sers. Zachariah Nzintshe by 051 841 8401 of 082 479 2337 te bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Fanie ·

Hy moes lank daar gelê het om ‘n geraamte te word.
Snaaks dat niemand iets geruik het nie. Seker maar gedink dit is ‘n dooie dier in die veld.

Mercy ·

As die publiek se hulp gevra word, dan moet ons sekerlik tenminste weet of dit n blanke of nie – blanke persoon was? Of sal daai vraag as rassisme geag word?

DPJ ·

Mercy Froenties toets sal kan bepaal van watter ras hy was. Maar ek twyfel sterk of hulle die ras sal bekend maak.

Tonginniekies ·

Maroela, wat het van my kommentaar geword? Meer as ‘n uur terug gepos.

Landi Slatter ·

Dagsê Tonginniekies,

Die kommentaar wat jy onder die skuilnaam “Paplepel” gelewer het, is ongelukkig afgekeur. Dit voldoen ongelukkig nie aan ons bepalings en voorwaardes vir lesersdeelname nie.

Groete

Landi nms Maroela Media

Tonginniekies ·

Dan wil ek graag ook kapsie maak teen Mercy en DPJ se plasings. Myne was slegs ‘n observasie, net soos hulle s’n.
Lekker dag.

Sune van Heerden ·

Dagsê Tonginniekies

Jou kommentaar is weens jou tweede paragraaf afgekeur, nie die feit dat jy navraag gedoen het oor meer besonderhede oor die persoon wat gesterf het nie.
Ons volstaan met ons besluit.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

MM ·

Dalk het die moordenaar die lyk daar gaan aflaai, na hy n ruk terug die persoon vermoor het? mens kry maar siek mense in die wereld.

Wil net weet ·

SunecDit sou kon help as mens kon weet of dit n man of vrou was

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.