Padwerker sterf toe trok op N14-snelweg omslaan

Die vragmotor wat omgeslaan het. Foto: ER24

Die vragmotor wat omgeslaan het. Foto: ER24

ʼn Padwerker is dood en verskeie mense beseer nadat ʼn vragmotor Woensdagmiddag in die nat weer op die N14-snelweg, wes van Pretoria, omgeslaan het.

Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, het gesê die vragmotor het naby die Petroport in Lanseria-Noord plaasgevind, waar tans aan die pad gewerk word.

“Ses werkers was in die vragmotor toe dit omgeslaan het. Drie konstruksiewerkers het vermoedelik op die agterkant van die vragmotor gesit en het met geringe beserings die ongeluk oorleef,” het Vermaak gesê.

Toe paramedici van ER24 op die toneel kom, het die vragmotor op sy dak gelê en die kajuit is deur die impak verwoes.

“Drie mense was in die kajuit vasgekeer, waarvan een reeds dood was. Die ander twee moes uit die wrak gesny word, voordat hulle gestabiliseer kon word.”

Die beseerdes is met ambulanse na verskeie hospitale geneem vir verdere behandeling.

Foto: ER24

Foto: ER24

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Wat-ek-lees ·

‘n Nat pad is niemand se maat, veral waar daar na ‘n lang tydperk ‘n lagie verkeersafval (olie, diesel ens.) op die pad neerslag gevind het. Dis dan wanneer jy té laat uitvind wat jy nie verwag die werklikheid word. Ook dam water op omdat die skouer van paaie nie skoongehou word vir dreinering en jou voertuig dan letterlik skaats en sy eie rigting volg. Nogal ‘n ondervinding om te probeer stuur maar niks gebeur.

Theresa B ·

Die mense dink hulle kan “normal” ry as dit so reën op ‘n nat pad. Die feit dat die pad glad is en dat jy stadiger en versigtiger moet ry dring nie deur tot vele padgebruikers nie. Dan kry jy nou sulke gebeure. Op die snelweë snel hulle net voort en kyk wat gebeur…………………….

Danie ·

Peter, ek dink nie mense gaan daar staan met sambrele as dit nie reen nie :) Nat paaie is baie gevaarlik en dit is so sleg dat iemand nou moes betaal met sy lewe. Ry versigtig mense, asseblief.

Armando ·

Dis net verskonings. Die feit is dat hierdie drywers te vinnig ry met lorries wat 10 of 15 of meer ton weeg. Die probleem is spoed en onverskilligheid.

MM ·

Ek het gisteraand in daai verkeer gesit oppad van my werk na Pta.
Die konstruksievoertuie ry op die kant van die pad. Die kant van die pad was net modder en water gewees, en soos hulle ry is dit geen wonder dat hy die trok gerol het nie.
Dit gaan elke dag so op die N14, maar die metropolisie is NOOIT op daardie pad deur die week nie, net naweke.
Hulle weet baie goed wat die verskil is tussen wit en swart, maar tussen nat en droog nee glad nie!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.