‘Padwoede-aanval’ lei tot moordsaak

Johan, Marina en Pieter van Loggerenberg met 'n foto Sakkie. Foto: Jacobus Myburgh / Krugersdorp News

Johan, Marina en Pieter van Loggerenberg met ‘n foto Sakkie. Die fot Foto: Jacobus Myburgh / Krugersdorp News

ʼn 25-jarige man van Randfontein staan tereg op ʼn aanklag van moord nadat hy glo ʼn 59-jarige man ten aanskoue van sy lewensmaat en vier kleinkinders tydens ʼn vermeende padwoede-aanval in Krugersdorp geslaan het. Die man, Sakkie van Loggerenberg, het ʼn dag later in die hospitaal aan sy beserings beswyk.

Van Loggerenberg se lewensmaat, Marina, het Dinsdag aan Maroela Media gesê die tragedie het Saterdag 27 Junie omstreeks 17:45 in Krugersdorp-Wes gebeur. Hulle woon in Rant-en-Dal en was op pad na West Village om hul kleinkinders by hul ouers te gaan aflaai.

ʼn 25-jarige bestuurder het na bewering versuim om by die kruising in Moorcroftrylaan stil te hou.

Sakkie van Loggerenberg.

Sakkie van Loggerenberg.

Christo van Loggerenberg, Sakkie se seun, het aan Maroela Media verduidelik sy pa was ʼn administratiewe klerk wat  verskeie padfondssake en versekeringeise vir howe hanteer. “Hy is ʼn ervare padgebruiker en sal mense op hul foute wys, maar sal homself glad nie aan padwoede skuldig maak nie,” het hy gesê.

Marina het gesê Sakkie het agter die jong man aangery om by hom te hoor waarom hy nie stilgehou het nie. So ’n paar blokke van die kruising het albei motors stilgehou en in die proses het die jong man glo teen Sakkie se motor gebots.

“Die jong man was gedrink. Hy het uit die motor geklim en vreeslik gevloek. Hy het my man onder die ken geslaan. Hy het agteroor geval en sy kop het die teer getref. Daar het bloed by sy mond uitgekom,” het Marina vertel. “Ek was ʼn verpleegster en het uitgeklim om my man te help. Die man het my aan die arm geslaan en gevra of ek ook ’n klap soek.”

Sy het gesê die man het daarna van die toneel weggejaag. Daar was glo verskeie ooggetuies wat die voorval sien gebeur het.

Sakkie het sy skedel gebreek en bloeding op die brein opgedoen. Hy is met ʼn ambulans na die Netcare Krugersdorp-hospitaal geneem en is ʼn dag later breindood verklaar.

Marina en Sakkie was 18 jaar saam.

Sy sal hom as ʼn vriendelike mens onthou wat altyd hulpvaardig en baie handig was. “Hy was lief vir kook en kon baie goed doen, selfs naaldwerk. Hy het sy eie klere gemaak en selfs gordyne,” het sy gesê.

Sy gedenkdiens is Vrydag gehou. Hy laat Marina, ses kinders en 12 kleinkinders agter.

Marina het gesê sy hoop dat reg sal geskied.

Sers. Tshepiso Mashale, polisiewoordvoerder, het Dinsdag aan Maroela Media bevestig daar was ʼn vermeende padwoede-voorval in Moorcroftrylaan en dat die slagoffer ʼn dag daarna in die hospitaal dood is. “Die verdagte het reeds in die Krugersdorp-landdroshof verskyn en is vrygelaat op R5 000 borgtog. Die saak is tot 4 Augustus uitgestel vir verdere ondersoek,” het sy gesê.

  • Die foto’s word met met vergunninning van Krugersdorp News op Maroela Media geplaas. 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Se maar net ·

Vir padwoede en padvarke het ek geen tyd nie. Mag hy toegesluit word vir sy daad. Want dit is niks anders as moord nie.

anet ·

Ek is baie jammer vir die familie wat deur hierdie onnodige beproewing moet gaan wat veroorsaak is deur ‘n persoon wat nie selfrespek vir hom self en ander mense nie. Eis van hom vir pyn en leiding en ook dat die broodwinner se lewe weg geneem is, en dat hy vir die res van sy lewe vir die eggenoot moet sorg. Hy sal sommer gou weer terug wees in die samelewing want hulle word nie behoorlik gestraf in die strafhof nie. Krag en sterkte aan die familie

willem ·

Hoekom as Sakkie agter die man aangery het het die verdagte in hom vasgery ..????

Chris ·

Ek glo die antwoord sal wel in die hof beantwoord word Willem. Mense is vreeslik ongeduldig op ons paaie. Het gisteraand weer ervaar hoe n taxi my behoorlik van die pad af probeer druk net om by my op n draai verby te kom.

emma ·

Daardie belhammel is n skurk en moet op n jeugdige ouderdom die nagevolge van sy dade dra.

emma ·

Daardie belhammel is n skurk en moet op n jeugdige ouderdom die nagevolge van sy dade dra.

Pietie ·

Hierdie is weereens ‘n geval van iemand wat nie die verskil tussen reg en korrek verstaan nie en dit het sy dood veroorsaak. Hoewel dit in teorie korrek is, kan dit tog nooit reg wees om ‘n dronk padvark te konfronteer nie. Dit gaan NOOIT goed eindig nie. Was hy korrek? Ja. Was hy reg? Nee, dit het sy dood veroorsaak. Hy moes tog die moontlike gevolge van sy besluit kon insien en dit eerder gelos af gaan aanmeld het. Was hy reg? Nee hy is dood.

Katjie ·

Pietie hoe sal jy weet of hy reg of verkeerd was was jy da so los liewer die komentaar as jy niks mooi kan se nie let wel die oom wat oorlede is is een van my vriendinne by die werk se oom so asb los jou beter weete vir jou self

pop ·

Willem, dis n goeie vraag. Jy ry agter iemand aan om hom voor stok te kry , instede daarvan om dit by verkeersbeampte aan te gee. Klink vir my of Sakkie ook maar goed kwaad was.

Katjie ·

Pop dalk moet jy mooi gaan lees wat daar staan volgens die 18 jarige het Sakkie agter hom aan gery ma hy het nie die oom se kar was in die agter kant gestamp

Johan 2 ·

Klink vir my ook snaaks Willem en Pop..dink hy is ook verandwoordelik. Een hou op die ken nadat twee woedende mans op mekaar afloop is nie regtig n poging tot moord nie.

Cathy ·

Ja Pop jy is seker ook n voorstander van ” Gee jou samewerking as jy beroof word” Dis mos die mentaliteit wat by ons Blankes gekweek word. Moenie vir jou regte op staan nie jy kan dalk seer kry. Sou jy nie ook kwaad gewees het na so voorval nie.

Tammy ·

Ag nee, ons regstelsel het die oorledene in die steek gelaat. Die beskuldigde het inderdaad moord gepleeg en dan borg gekry? Hieroor is baie vrae te vra. Het iemand voordeel hieruit getrek is die eerste gedagte wat by my opkom. So jonk en hierdie tipe misdaad. Vat sy bestuurderslisensie vir ewig weg en laat hom soos n boemelaar met sy voete loop. Hy vedien geen genade nie want hy is nog n droklap ook wat bestuur as hy gedrink het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.