‘Padwoede’ eis pa en seun toe taxibestuurder glo skiet

Danie en André Duvenhage (Foto: Facebook)

’n Taxibestuurder het Vrydag glo ’n pa en seun van Limpopo by ’n vulstasie in die omgewing van Louis Trichardt (Makhado) doodgeskiet ná ’n beweerde voorval van padwoede op die N1.

Danie Duvenhage (29) is op die toneel dood, terwyl sy pa, André (52), met sy aankoms by ’n hospitaal in Louis Trichardt aan sy wonde beswyk het.

Die taxibestuurder (33) is tans onder polisiebewaking in ’n hospitaal nadat hy homself glo tydens die voorval raakgeskiet het.

Brig. Motlafela Mojapelo, provinsiale polisiewoordvoerder, sê die skietery by die vulstasie spruit uit ’n voorval wat vroeër op die N1 vanaf Louis Trichardt se rigting na Polokwane plaasgevind het.

Mojapelo het nie die presiese omstandighede rakende die voorval van padwoede bekend gemaak nie, maar wel gesê die taxibestuurder is ná die voorval na die vulstasie by Bandelierkop. André en Danie het glo die taxibestuurder tot by die vulstasie gevolg.

“Die taxibestuurder het ’n vuurwapen te voorskyn gebring en die pa en sy seun doodgeskiet.”

Die taxibestuurder het glo ’n gelisensieerde vuurwapen gebruik en dit is intussen vir ballistiese toetse gestuur.

Twee aanklagte van moord word ondersoek.

Lt.genl. Thembi Hadebe, die provinsiale polisiekommissaris in Limpopo, het intussen die voorval veroordeel en ’n volledige ondersoek gelas na die vuurwapen wat gebruik is, die eienaar van die vuurwapen en die omstandighede wat tot die skietery gelei het.

Ook Marcelle Maritz, leier van die VF Plus in Limpopo en lid van die provinsiale portefeuljekomitee oor polisie, het versoek dat ’n deeglike ondersoek na die voorval geskied.

Maritz het die voorval as skokkend bestempel en gesê voorvalle van die aard kan nie op openbare paaie geduld word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

42 Kommentare

melaney ·

Skokkend maar absoluut te verwagte. Dit is nou hulle land. Innige simpatie aan familie en vriende.

JB ·

Hier is n duidelike bewys dat die vuurwapen wet op self verdediging nie verander kan word. Want mense moet hulle self kan verdedig.

Samuel ·

Skokkend!! Ek kan net hoop dat geregtigheid sal seëvier. Innige simpatie aan die naasbestaandes.

Moeggeploeg ·

Wat was sy rede hoekom hy vuurwapenlisensie benodig? Selfverdediging

MakersMark ·

Ja en hy het sy reg om self verdediging gebruik. As jy lees sal jy sien dis ‘n gelisensieerde wapen. Dae is verby waar ander rasse vir jou bang is omdat jy wit is.

Cherokee ·

Ek dink commin sense sê wanneer ‘n vuurwapen as gelisensïeerd beskryf word, dan is dit aan die gebruiker, oftewel moordenaar in betrokke geval.

Eden ·

Soos 2 maande terug in Vanderbijlpark, ooglopend rassistiese moorde. Maar die pers is doodstil.

louis ·

As die wittes nou gaan betoog by die hof dan is ons seker weer rassiste , die EFF is nou doodstil

Hester Wilhelmina ·

Innige simpatie. Maar MOENIE INGEE AAN PADWOEDE NIE!!!! JY TEKEN JOU EIE DOODSERTIFIKAAT!! Just let it go!!!

Francois Le Cochon ·

Stem saam. Ek staan maar terug en laat taxis maar ry soos hul wil. Ek gaan my nie laat ontstel deur hulle nie.

Snowball ·

Beter so ja. Enige konfrontasie tydens padwoede het die potensiaal om in iets te ontaard wat net skaamte, skuld of skade tot gevolg het.

Anita ·

*Nadat hy homself raakgeskiet het*. So wat het van sy wapen opleiding geword of het hy hulp gekry met n lisensie. My 2c.

Thea ·

Miskien was hulle in ‘n fisiese geveg betrokke en het hom so raakgeskiet. Ons kan maar net bespiegel.

Sarel ·

Twee mense….familie in rou en so onnodig.
Mense dink tog azn die familie voor kommentaar grlewer word

Persheks Adri ·

Innige simpatie met die familie dis werklik onnodig!!!

Wonder aan wie behoort die wapen of is dit net om ons te probeer stil hou oor onwettige wapens?

Ek lees nie dat die taxibestuurder aangekla word van moord x 2 nie… Skiet sommer homself ook “per ongeluk” raak hoe de hel?

Kokerboom ·

Diepe leedwese by denke aan nuttelose verspilling van kosbare lewens. Meegevoel aan familie. Ons land is terminaal siek!!!

N ·

n Taxi drywer vandag is bo die wet. Hulle kan doen wat hulle wil, waar hulle wil en wanneer hulle wil. Hy gaan seker R500 borgtog kry. Daarna n tik oor die vingers en vrygespreek word op ‘self defence’.

MakersMark ·

Nie die beste besluit om toe te gee aan padwoede nie het al baie mense wêreldwyd hul lewens gekos. Dis ‘n tragedie – Pa en Seun dood.

casper ·

En dan is die taxi bestuurde seker so by Vrydag by die huis ne!!

Objektief ·

Onthou wie het Zuma se regskostes betaal met sy verjragtingsaak

Michelle ·

Wonder of hulle sy geleseneërde vuurwapen gaan konfiskeer of hom net gaan laat gaan.

Francois Le Cochon ·

As ek die berig reg lees, was pa en seun die aanvallers, en die taxi bestuurder die verdediger. Of mis ek iets?

MakersMark ·

Jy is korrek. Tragedie, maar mens moet wegbly van moeilikheid af. Gebruik net geweld as dit oor lewe en dood gaan en dan moet jou aksies die dringendheid weerspieël. Padwoede is nie lewe of dood nie.

Thea ·

Jy is reg. Die seun en sy vrou/meisie het gery en daar was probleme op die pad met die taxi. Die seun het sy vrou/meisie en kind gaan aflaai en sy pa gaan oplaai en daarna die taxi gaan soek waar hulle hom by die vulstasie gekry het.

Hennie ·

So is/word families en lewens vernietig. Wat hier gebeur het is tragies, maar probeer verby kleur kyk. Die pa en seun moes nie die taxi agtervolg het nie. Die hof sien dit dat hulle twee die “aggressor” is. Jy sal presies dieselfde doen as iemand jou agtervolg. Mens moet leer om hierdie tipe di ge te vermy en te los.

Oubobbejaan ·

Ja, was die kleur nou anders om, dan het hoofstroom media weer gehardloop met storie. Selfde as vanderbijlpark storie van slapchips skiet voorval. Maar nou ja.

Mariana ·

En dis die tipe wat nie naby vuurwapens moet kom nie. Maar onskuldiges moet ontwapen word. Pfft!!!

Realis Thailand ·

Daar word nie n woord gese oor rassisme nie maar laat dit net omgekeerd wees en die koerante en TV is vol van die rassisme va ndie blankes teen die afrikaan

Misky ·

Die pa en seun het by die vulstasie gestop en wie sê hulle die taxi bestuurder gevolg? Dalk wou hulle ook net diesel ingooi en is dit nou die taxibestuurder se woord en is dit wat hy gesê het? Die ou het inelkgeval so wild geskiet, dat hy homself ook raak geskiet het….. Nee wat, ek dink daar is meer agter die storie as wat die ou nou kom vertel

Kobus ·

Innige simpatie aan die familie en vriende. Ek wil nie negatief klink nie maar dit is die volgende tydbom in SA. Iemand sal dringend met die minister moet gesels. Die taxi verenigings begin nou omtrent die land oorvat. Die taxis het net geen respek vir die reels van die pad nie en maak soos hulle wil. Ek wil my kop op ‘n blok sit dat hulle verantwoordelik is vir die brand van die busse en treine, veral in die kaap.

Peetjie ·

Ongelisensieerde vuurwapens is die probleem… Kry húlle uit die sisteem en los die mense wat wettige wapen eienaars is… Die pa en seun was nie gewapen nie, waarom sommer net skiet????

Thea ·

Wat ek nie kan verstaan nie, waarom het hy sy pa gaan haal en agter die taxi aangery? Waarom hom nie net gelos en maar aangegaan nie. Ons weet wat die situasie in die land is, ons weet waar ons staan maar so baie mense stel hulle eie lewens so onnodig in gevaar. Die taxi drywer sal wegkom hiermee want hy het homself beskerm teen pa en seun. Kom ons hou maar die saak dop.

Nico ·

Alweer ‘n taxi, hulle is die mees ongeskikte ongedissiplineerde pad verbruikers wat dink die paaie behoort aan hulle, die verkeers afd. het net soveel skuld aan die sake, die taxi’s kom skotvry deur net ‘n bripe te betaal.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.