Padwoede-hofsaak: Verdagte daag nie op nie

'n Skermskoot uit die video

‘n Skermskoot uit die video

‘n Lasbrief is uitgereik vir die inhegtenisname van die man wat glo die naweek ʼn motoris gedurende ʼn padwoedevoorval in Fourways, Johannesburg, aangeval het.

Die man moes Woensdagoggend in die Randburg-landdroshof verskyn maar het nie opgedaag nie. Die landdroshof het beveel dat hy onmiddellik in hegtenis geneem word en dat sy borg teruggetrek word.

Die man het homself Dinsdag aan die polisie oorgegee en is deur sy regspan vergesel. Die man is later die dag op borgtog vrygelaat en word aangekla van aanranding.

Die voorval het Saterdag om 15:00 in Witkoppenweg plaasgevind en is deur ʼn ooggetuie afgeneem. Beeldmateriaal van die voorval het soos ʼn veldbrand op sosiale media versprei.

Die video wys hoe ‘n man gewelddadig ‘n VW Polo skop. ‘n Porsche is langs die man geparkeer.

Die bestuurder van die Polo draai sy ruit af waarna die man sy arms by die motor indruk.

Volgens die slagoffer het die man glo twee blikkies uit die Porsche gegooi en hy het die man konfronteer, waarna die aanval plaasgevind het.

Klik hier om die video te sien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Grassie ·

Ek hoop hy word laat op ‘n Vrydagmiddag gearresteer sodat hy tot Maandag in die tjoekie moet sit. Hy is waarskynlik vermoënd en sal andersinds net ‘n boete betaal en wegstap.

Belinda ·

VARK VARK VARK MORSJORS ek wil sy gevreet sien!!!!!!!!!!!!!!!! ONGEPOETSTE DING ook geen opvoeding by die huis gekry nie!!!!!!!!!!!!!!!!!

Elizabeth ·

Ja-nee, kyk nou hoe ‘n “sissy” is hy eintlik! Grootmeneer toe hy ‘n ander se kar skop en hom slaan terwyl hy basies vasgekeer is in sy eie kar, maar nou is hy nie meneer genoeg om pa te gaan staan in die hof vir sy droogmakery nie! Grassie ek hou saam met jou duimvas. Sulke tipes wat mors en aggressief is en optree soos hy gedoen het, moet uit die samelewing verwyder word en klaar.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.