‘Padwoede’: Man in kop geskiet

Nicky Botes kort voor sy dood by sy nuwe Toyota Hilux. (Foto: Facebook)

Die polisie in Noordwes ondersoek ’n saak van moord nadat ’n man tydens ’n beweerde padwoede-voorval in Klerksdorp in die kop geskiet is.

Nicky Botes, ’n inwoner van Schweizer-Reneke, is dood nadat hy na bewering Saterdagaand met ’n sekerheidswag in ’n argument betrokke geraak het. Dit het later op ’n vuisgeveg uitgeloop en die sekerheidswag het toe glo ’n vuurwapen te voorskyn gebring en ’n skoot afgevuur.

Dit is onseker waaroor die twee baklei het.

Kol. Adele Myburgh, woordvoerder van die polisie, sê die polisie is Saterdagaand na die hoek van Buffeldoorn- en Josephstraat in Wilkoppies ontbied ná ’n argument tussen die bestuurder van ’n silwerkleurige Toyota Hilux (Botes) en die bestuurder van ’n Nissan NP200 uitgebreek het. Die Nissan behoort volgens Myburgh aan ’n veiligheidsmaatskappy, hoewel die naam van dié maatskappy nie bekend is nie.

Die argument het volgens Myburgh “vererger” en die twee het handgemeen geraak. Myburgh sê volgens inligting het die sekerheidswag tydens die konfrontasie ’n vuurwapen uitgeruk en glo die bestuurder van die Hilux in die kop geskiet. Hy is op die toneel dood.

Twee passasiers van die Hilux is ongedeerd. Die sekerheidswag is egter ná die voorval na ’n hospitaal geneem weens sy beserings.

Niemand is nog in verband met die moord in hegtenis geneem nie en ’n volledige ondersoek word gedoen.

Myburgh kon nie Maandagoggend die slagoffer se naam aan Maroela Media bevestig nie, aangesien hy nog formeel uitgeken moet word.

Medelye stroom egter in op ’n inskrywing wat Botes kort voor sy dood op Facebook gemaak het oor die nuwe silwerkleurige Toyota Hilux wat hy aangekoop het. Boodskappe van gelukwensing het sedertdien in dié van medelye verander.

Africa-Offroad Racing het ook ’n foto van Botes en sy jong seun gedeel en hul medelye met sy vriende en familie ná die “skietvoorval” betuig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

18 Kommentare

jongste oudste gewildste
Swerwer

So hartseer. Ja, dit verg baie om padwoede in te hou. Jammer daar is nie ‘n kringkamera wat kan wys wat werklik gebeur het nie. Ek glo nie Botes sou onnodig die man konfroteer het as hy nie onverskillig opgeree het nie. Ek weet hoeveel keer moet ek op my tande byt en ander pad kyk omdat my woede ook by die venser wil uitspring oor roekelose nalatige bestuur van ander, en dan word daar net nika aan “die bestuurders” gedoen nie, want hul mag mos

Persheks Adri

My innige simpatie aan die familie en vriende in die moeilike tyd!

Hel, pluk jou wapen uit en skiet net? Die wag moes al toegesluit gewees het hy’t iemand se lewe geneem!!! Raak net erger maggies man

Wielspore

Jy konfronteer geen persoon op die pad al het hy hoe verkeerd gery, jy kan met jou lewe boet. Ek voel vreeslik jammer vir die gesin wat nou sonder ‘n man en ‘n pappa is, dit is so verkeerd.

Piet

So onnodig……. RIV….

Venter

Ai Nicky…. jy het so baie vir so baie mense beteken… jy was ‘n pappa en nou moet jou seuntjie groot word sonder ‘n pappa. Om 3 keer geskiet te word, is nie net padwoede nie – DIT IS MOORD… sê wat wil!