‘Padwoede-motoris’ vra dat saak teruggetrek word

Meekahefele Mosooa waai vir fotograwe buite die hof tydens 'n vorige verskyning. Foto: Werner Beukes / SAPA

Meekahefele Mosooa waai vir fotograwe buite die hof tydens ‘n vorige verskyning. Foto: Werner Beukes / SAPA

Die motoris wat na bewering die motorfietsryer, Douglas Pearce (39), tydens ʼn padwoedevoorval doodgeskiet het, het Donderdag die Roodepoort-landdroshof versoek om die saak teen hom so gou as moontlik af te handel.

Meekahefele Mosooa het aan landdros Denise Smith gesê hy is keelvol daarvoor dat die saak aanhoudend uitgestel word.

Mosooa het ook versoek dat die saak van moord teen hom, voorlopig teruggetrek word.

“Indien die saak teruggetrek word, sal dit die ongerief om hof toe te kom uit die weg ruim. Indien die saak teruggetrek word en die ondersoek voortgaan, en die staat dan bevind dat hulle ‘n saak teen my het, dan weet hulle waar om my te vind,” het hy gesê.

Mosooa sê hy is welbekend in die land en dat die staat weet wat sy adres is, bedoelende dat hy nie ‘n vlugrisiko is nie.

Hy het versoek om die hof direk aan te spreek, aangesien sy regsverteenwoordiger glo siek is en nie die hofverrigtinge kon bywoon nie.

Landdros Smith het Mosoaa herinner dat hy tereg staan op ‘n ernstige aanklag en dat dit lank kan vat om die saak te ondersoek. Smith het vroeër ‘n beroep gedoen op die ondersoekers om hulle werk te doen. Die saak is tot 30 September uitgestel.

Mosooa het met ‘n glimlag by die hof uitgestap sonder om na Pearce se naasbestaandes in die openbare galery te kyk.

Hy is vroeër op borgtog van R5 000 vrygelaat.

Pearce is op 14 Februarie vanjaar in Malibongwerylaan in Johannesburg doodgeskiet.

Masooa het in sy beëdigde verklaring gesê hy is getroud en het vier dogters. Die gesin woon in Centurion en besit ʼn huis ter waarde van R2,2 miljoen. Masooa, die gesin se broodwinner, is ʼn arbeidswetkonsultant. Hy beweer hy het uit selfverdediging opgetree.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

"Huh!" ·

Te lekker. Ons maak soos ons smaak in die land. Ek wonder of die regter nou bedreigd voel dat iets haar dalk aangedoen kan word indien sy nie die saak terugtrek nie. Die beskuldigde klink alte seker van homself.

liezl ·

ja lekker arogant, pleeg moord en voel nog trots daarop ook, gemors

Nick ·

“…sal dit die ongerief om hof toe te kom uit die weg ruim…” Jammer om van die ongerief te hoor wees die klag van moord teen jou. Wonder hoe die familie en vriende van die slagoffer voel?

Cindy ·

Ek word so KWAAD.!!!! My Hel jy iemand dood gemaak jy moet in tronk sit Mnr…. Waar in jou lewe het jy so iets gesien. Saak moet vinnig afgehandel wees want hy wil aangaan met sy lewe.. My hel jy het iemand dood gemaak verstaan jy nie….!!! O ja Mnr besef nie.. Want hy is mos MNR DIE GROOT BAAS……

Lettie ·

Ek hoop as hy vry wegstap dat Oscar ook sal vrywees. Selfde ding.

HENNIE ·

Ja-nee, omgekeerd sou die Gauteng premier en elke hooggeplaasde ANC lid alreeds ‘n pers- en TV-verklaring uitgereik het en heel waarskynlik ook by die slagoffer se familie gaan kuier het – dalk met Julius die Nar heel vooraan!!

estelle ·

lettie stem 100% saam – die arrogante blik….m kry borg vir R5000-00, waar Oscar R1,000,000-00 moes opdok en ja dit is presies dieselfde geval – GESKIET UIT WOEDE!

Renate Barnard ·

Dalk moet die landdros dit oorweeg om sy borg in te trek. Hy is in die eerste plek nie in die hof vir ‘n “petty-crime” nie. Siende dat hy ‘n “regsgeleerde” is, moes hy die gevolge van sy dade besef het VOORDAT hy die sneller getrek het. Wonder net hoekom is hierdie voorval nie ook as ‘n rassistiese daad beskryf nie, of is dit omdat die slagoffer wit is en die oortreder swart. Twee stelle reels…

veronica ·

Ja nee my mede burgers! Leer en word wys: Hy pleeg moord, (as ek reg onthou is die oorledene in die rug geskiet) maar dit was selfverdediging! En nou moet die hof hulle asb haas, want hulle verontrief hom!! Maar o hel, as dit nou ‘n witman was wat ‘n swarte geskiet het was daar nou al “riots” en buitebande gebrand ens ens!!! Soos: Die haatspraak plakkate van nou die dag op die kampus! As dit andersom was was daar al ‘n klein oorloggie! Maar nou is doodstil!!!!!! My bloeddruk wil by my ore uitklim!!!!!

Rikku ·

Hoekom loop hy nog vry rond ???????????? Verontrief hom nog meer en gooi hom in ‘n tronksel.
Twee stelle reels word hier toegepas.

Gerda Pool ·

Jinne maar ons is pittig! So dood gewoon sommer so! Ja nee hy behoort seker aan die JZzzzzz klub!

Vanessa Curlewis ·

Moord gepleeg maar lekker arrogant en selfvoldaan. Geen swympie van skuldgevoel. Sulke mense is n gevaar vir die samelewing. Kom ons kyk of geregtigheid sal seevier!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.