Padwoede-saak: Man wel in hof; naam bekend

Gregory Kleinhentz na sy hofverskyning. Foto: Werner Beukes/SAPA

Gregory Kleinhentz na sy hofverskyning. Foto: Werner Beukes/SAPA

Die man wat glo die naweek ʼn motoris gedurende ʼn padwoedevoorval in Fourways, Johannesburg, aangeval het, het wel Woensdag in die Randburg-landdroshof verskyn.

Gregory Kleinhentz het kort na 11:00 vlugtig in die hof verskyn. Daar is vroeër ‘n lasbrief vir sy inhegtenisname uitgereik nadat Kleinhentz en sy regsverteenwoordiger nie teenwoordig was toe die saak aangehoor is nie.

Kleinhentz se regsverteenwoordiger het die landdros om verskoning gevra omdat hulle in die hof teenwoordig was toe die saak aangehoor is nie. Hy het aan die landdros gesê dat hulle elders in die hof gekonsulteer het.

Die lasbrief is teruggetrek en Kleinhentz se borg is weer ingestel. Die saak is tot 21 Augustus uitgestel vir verdere ondersoek. Kleinhentz het die hofgebou deur ‘n ander uitgang verlaat om verslaggewers te probeer vermy.

Kleinhentz het homself Dinsdag aan die polisie oorgegee en is deur sy regspan vergesel. Hy is later die dag op borgtog vrygelaat en word aangekla van aanranding.

Die voorval het Saterdag om 15:00 in Witkoppenweg plaasgevind en is deur ʼn ooggetuie afgeneem. Beeldmateriaal van die voorval het soos ʼn veldbrand op sosiale media versprei. Die video wys hoe ‘n man gewelddadig ‘n VW Polo skop. ‘n Porsche is langs die man geparkeer. Die bestuurder van die Polo draai sy ruit af waarna die man sy arms by die motor indruk. Volgens die slagoffer het die man glo twee blikkies uit die Porsche gegooi en hy het die man konfronteer, waarna die aanval plaasgevind het.

Klik hier om die video te sien

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

charmaine ·

Maak nie saak wat jy ry, waar jy bly as jy kommin is, is jy kommin. Nou hou die man hom windgat net omdat hy n passasier in n porsche was, en die bestuurder? Is hy nou nie mans genoeg om skuldig te wees as hy soos n padvark ry en net omdat hy porsche ry kan hy ry soos hy wil. Hy kan ook maar n boete betaal en die skade aan die ander voertuig wat sy passier geskop het, dit was tog die bestuurder se skuld?

Elizabeth ·

Ek ken die tipe van “modus operandi” van die snaar en sy regspan. Hulle bly uitstel kry totdat die klaer nie meer tyd by die werk kan afvat om hof toe te gaan of uit moedeloosheid net opgee.So kom hy dus weg. Dit is ‘n OU storie, glo my. En kyk hoe skelm loer hy – ek hoop almal wat saam met hom werk sien raak wie hy is en almal anders wat hom ken sien ook dat hy die padvark is wat soos ‘n groot boelie opgetree het.

ekke ·

Hy moet asb vat wat na sy kant toe kom, môre is ek sy slagoffer by ‘n verkeerslig…nee wat, jammer hy het so gou borg gekry – hierdie damduiker gedrag moet ‘n les vir ons almal wees – jy pak en takel nie net links en reg nie!!!!!! Mag die regter wat die saak aan hoor, BAIE KWAAI wees!

Leeutjie ·

Ek het gehoor dat die bestuurder van die Porche hom distansieer van die insident. Nou is my vraag, hoekom nie gekeer dat sy vriend ‘n pateet van hom self maak nie. Dis tog hy wat roekeloos gejaag het en dit was hy wat agter die stuur was. Nou is hy ook stert tussen die bene! Dis nou ‘n “drinking pel”.

Sonet ·

Blykbaar het die persoon in die Polo met hom geraas omdat hy sy blikkies uit gooi. Nie oor n gejaagery nie. Ek sou self met hom geraas het, ons land lyk reeds soos n varkhok, dit is nie nodig om dit aan te help nie. Geen ordentlike mens gooi sy gemors by n venster uit nie. Dit spreek van swak karakter. Ek is bly die Polo persoon het met hom geraas, hy kry nou wat hy verdien. ‘n Stewige boete vir die morsjors sal hom hopenlik 2 keer laat dink.

Belinda ·

Weereens word bewys GELD kan eenvoudig net nie klas of styl koop nie…………………..as mens n vark is bly jy n vark dankie tog vir Maroela Media en FB en alles wat mens op hoogte kan hou van die tipe persoon wat nou erken word oral as n vark!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.