Die saak is voorheen uitgestel vir verdere ondersoek. Meekahefele Masooa (43) is tydens ‘n vorige hofverskyning op borgtog van R5 000 vrygelaat.
Pearce is op 14 Februarie vanjaar in Malibongwerylaan in Johannesburg doodgeskiet.
Masooa het in sy beëdigde verklaring gesê hy is getroud en het vier dogters. Die gesin woon in Centurion en besit ʼn huis ter waarde van R2,2 miljoen. Masooa, die gesin se broodwinner, is ʼn arbeidswetkonsultant.
Masooa beweer hy het uit selfverdediging opgetree.
Gregory Kleinhentz sal intussen Donderdag in die Randburg-landdroshof verskyn. Hy word daarvan beskuldig dat hy ʼn motoris tydens ʼn padwoedevoorval in Fourways, Johannesburg, aangeval het.Die voorval het op 26 Julie in Witkoppenweg plaasgevind en is deur ʼn ooggetuie afgeneem. Beeldmateriaal van die voorval het soos ʼn veldbrand op sosiale media versprei.
Die video wys hoe ‘n man gewelddadig ‘n VW Polo skop. ‘n Porsche is langs die man geparkeer. Die bestuurder van die Polo draai sy ruit af waarna die man sy arms by die motor indruk.
Volgens die slagoffer het die man glo twee blikkies uit die Porsche gegooi en het hy die man gekonfronteer, waarna die aanval plaasgevind het.
Kleinhentz het op 30 Julie in die hof verskyn waarna die saak vir verdere ondersoek uitgestel is.
Maak n voorbeeld van hierdie…Barbare…sluit toe…
Elders het ek gelees dat Kleinhentz nie opgedaag het by ‘n hof. Nou word dit gesê dat die saak uitgestel is. Wàt is die waarheid? Na gelang van visuele getuienis behoort hy toegesluit te wees en dit geld ook vir Masooa. Sulke bestuurders se bestuurlisensies behoort ook in die gedrang betrokke te wees. Behoort opgeskort te word.
Hy het wel later die dag by die hof opgedaag. Kan nie onthou wat sy verskoning was nie, toe is die saak uitgestel en die lasbrief vir sy inhegtenisname teruggetrek, as ek die laaste reg onthou.
Ja, wat Riaan sê is waar
Stem sluit toe en gooi die sleutel weg.
Hy pleit broodwinner te wees. Was Douglas Pearce nie dalk ook ‘n broodwinner?
Ek stem Babs. En as ek reg is, is dit nie die 1ste keer wat hy in padwoede betrokke is nie. Maar dit wys jou net van watter stofasie is hulle gemaak. Maak mense dood en gaan aan met hulle lewe asof niks fout is nie. Lewe lekker en lag en waai vir die fotograwe. Amazing. Hy ken ook seker weer die regte mense op die regte plekke en weet hy gaan niks oorkom nie – net soos die vorige keer.
Meet the untouchables………………….
Hy pleit broodwinner te wees. Was dit nie dalk ook die geval met Douglas Pearce?
Skuus, nie opgemerk dat ek dit dubbel gepos het. Besig gewees met ander werk dieselfde tyd èn ‘n kragonderbreking.
kyk nou net SA se wonderlike regstelsel, hy skiet ‘n man uit woede, kry borg vir R5000, praat nie wat Oscar gedoen het goed nie, maar sy borg (ook vir skietery) R1,000,000-00!!! waar is die wonderlike reg en geregtigheid waarvan ons gewaarborg word in al die dokumente wat ons nuwe regering ons op papier belowe het???? en daai “smile” se klaar, ek WEN!!! EN DIT IS OOK ‘N VALENTINE MOORD!!
R5000 borg vir moord? Dis darem nou mos lekker