Padwoede-video: Man verskyn in hof

Gregory Kleinhentz tydens 'n vorige hofverskyning. Foto: Werner Beukes/SAPA

Gregory Kleinhentz tydens ‘n vorige hofverskyning. Foto: Werner Beukes/SAPA

Gregory Kleinhentz, wat daarvan beskuldig word dat hy ʼn motoris tydens ʼn padwoedevoorval in Fourways, Johannesburg, aangeval het, het Donderdagoggend in die Randburg-landdroshof verskyn.

Kleinhentz het vlugtig in die hof verskyn op aanklag van aanranding en kwaadwillige saakbeskadiging. Die saak is tot 11 September uitgestel vir verdere ondersoek.

Die voorval het op 26 Julie in Witkoppenweg plaasgevind en is deur ʼn ooggetuie afgeneem. Beeldmateriaal van die voorval het soos ʼn veldbrand op sosiale media versprei.

Die video wys hoe ‘n man gewelddadig ‘n VW Polo skop. ‘n Porsche is langs die man geparkeer. Die bestuurder van die Polo draai sy ruit af waarna die man sy arms by die motor indruk.

Volgens die slagoffer het die man glo twee blikkies uit die Porsche gegooi en het hy die man gekonfronteer, waarna die aanval plaasgevind het.

Kleinhentz het homself kort na die voorval aan die polisie oorgegee en is op borgtog vrygelaat.

Klik hier om die video te sien

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Theresa ·

Ek verstaan nie die baie uitstel en hofverskynings en uitstel en uitstel nie. Alles is vir verdere ondersoek. Hoe lank moet alles altyd ondersoek word…………..??

Bienkie ·

Afrika tyd, more is nog ‘n dag, volgende maand, volgende jaar ook.

Elfie ·

@almal – dis hoe die prokureurs werk! Hulle vra allerhande uitstel vir sekere “redes” net sodat die aanklaer gatvol kan word en nie meer tyd kan afvat by sy werk om elke keer hof toe te gaan dus los hy die saak later maar net en so kom aangeklaagdes weg met dit!

Gerrit ·

Jy is amper reg oor die prokureurs, maar nie heeltemal nie.

Hoe meer kere `n saak uitgestel word, hoe meer verdien die prokureur. Dit word “werkskepping” genoem.

ekke ·

Sluit hom toe en gooi die sleutel weg!! Maak ‘n voorbeeld van die vabond! Daar is nie plek vir hierdie optrede nie.

Theresa ·

Arrogansie Ekke. Dit is wat dit is. Lees die ander berig van waar die motorfietsryer doodgeskiet is. Die arrogante knaap vra sommer dat die saak teen hom teruggetrek moet word. Hy gee voor sy tyd word gemors.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.