‘Padwoede’-video: Pa dam glo man by ná botsing met dogter

'n Skermskoot uit die video.

‘n Skermskoot uit die video.

ʼn Video van ʼn beweerde voorval van padwoede Dinsdag in Port Elizabeth het opslae gemaak nadat dit wyd op die internet versprei is.

Die video is geneem toe die pa van ʼn jong vrou glo by ʼn ongelukstoneel opgedaag het. Die pa het toe glo die man wat met sy motor teen die dogter se motor gebots het rondgeruk en met die vuis geslaan.

ʼn Omstander het met sy selfoon ʼn video van die voorval geneem en die beeldmateriaal aan The Herald verskaf. Die video is sedertdien wyd op sosiale media versprei.

In die video kan gesien word hoe die man wat geslaan word in ʼn stadium die omstander vra om hom te help en daar kan gehoor word hoe die persoon met die selfoon sê dat hy die video vir hom sal stuur sodat hy die aanrander kan dagvaar.

Maroela Media het met die jong vrou wat in die ongeluk betrokke was kontak gemaak. Sy het egter gesê sy wil nie kommentaar lewer nie.

Dave Gardner, woordvoerder van Gardmed-ambulansdienste wie se paramedici na die ongelukstoneel ontbied is, het aan Maroela Media gesê ʼn motor het glo van agter teen die jong vrou se motor gebots. Die vrou het glo haar pa gebel wat kort daarna by die toneel opgedaag het.

Volgens Gardner het die bestuurder in die ander motor geweier om uit sy voertuig te klim en geweier om met enigiemand te praat. “My personeel het hom heeltyd gevra of hy oukei is en of hy mediese aandag nodig het, maar hy het net geweier om met hulle te praat. Later het ons uitgevind die man het nie ʼn bestuurslisensie of ʼn ID by hom gehad nie en klaarblyklik het hy ook nie versekering op sy voertuig nie”.

Volgens Gardner het die vrou se pa probeer om met die man te praat, maar hy het steeds geweier om met enigiemand te praat of vrae te beantwoord. “Die pa het sy humeur verloor en die man te lyf gegaan,” het Gardner gesê. “Ons personeel het gesien wat gebeur en hulle het my gebel om te vra wat hulle moet doen. Dit was my duidelike instruksies aan hulle dat hulle nie betrokke moet raak nie. Ons is nie die polisie nie, ons is paramedici en ons kan in groot moeilikheid kom indien ons by sulke voorvalle van geweld betrokke raak. Die polisie was toe reeds op pad na die toneel.”

Kapt. Sandra Janse van Rensburg, woordvoerder van die polisie, het gesê die polisie dra kennis van die voorval, maar geen strafregtelike klagtes is aanhangig gemaak nie. Die aanrandingsvoorval word dus nie deur die polisie ondersoek nie.

Klik hier om na die video te kyk. WAARSKUWING: Die video bevat geweld en kru taal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

41 Kommentare

willie du toi ·

Ja nogal!! Dis uiters onbesonne en swak gedrag om sonder ‘n lisensie te bestuur…

stoney ·

Dis nou regtig lelik. Die man kan seker sy swygreg gebruik? Die pa is darem ook baie groter as die ander man.

Johann Marx ·

As jy sonder ‘n lisensie of ID dokument in ‘n voertuig sonder versekering in ander mense wil vasry….gaan jy pak slae kry. Hoe anders gaan jy leer?

Sollie ·

Johann Marx – geweld en/of onbeheersde gedrag was nog NOOIT ‘n antwoord nie!

Willie du Toit ·

Onder sulke omstandighede sou ek ook my koel verloor het! Daar is soveel gevalle waar onbekwame mense ander wetsgehoorsame burgers se lewens versuur deur hulle onbesonne dade. En die wetstoepassers is apaties en doen niks ivm die tipe wetteloosheid nie. En, mob justice word toenemend ingespan om hierdie sort van vergrype te vergeld.

Ben ☺☺☺ ·

Ek wil niks se nie want dan sal my kommentaar verwyder word – sekere suid afrikaners moet regtig op `n dieet gaan – dan sal hulle vinniger kan reageer en hulle self beter kan handhaaf teen mense wat hulle koppe teen hulle hande stamp…

KarenG ·

Ben, met alle respek wat het oorgewig te doen met jouself handhaaf? Dis iets wat deel van jou is, ten spyte van die groote van jou liggaam, jy kan maer wees en nog steeds onvanpas optree. Maar nou ja, dis net my opinie, soos wat jy geregtig is op joune, alhoewel dit glad nie vir my sin maak nie.

Ben ☺☺☺ ·

Karen G jy moet tussen die lyne lees – ek se soos Gert maar bewoord dit net anders – as dit my kind was sou ek ook toelaat dat die ander persoon sy kop teen my hande slaan….

gert ·

As dit met my dogter gebeur het dan so ek die selfde doen of hy grotter of kleiner is as ek hulle bestuur soos wat hulle wil (dit is hulle land ) en ek kan jou nou se hy was op sy selfoon toe die ongeluk gebeur

gert ·

luister soos ben se sy gesig kon dalk in die pad wees van sy hand maar alle grapies op n stokkie die person wie se dogter dit was kon dood gewees het vandag so ek woel vir die man en dat die drywer nog so arrogant kan wees dit is waar die man alles verloor het soos ek se ek sal ook

Bart ·

Moet net nie regse kommentaar hier lewer nie want dit sal verdwyn!!!!
MAW. moenie vir jou mede Afrikaner blankes opkom nie!

B ·

Wat soek hy op die pad sonder ñ lisensie in die eerste plek?Neem onskuldudige mense se lewens op die pad!Wat maak dit so verskillend van moord dan as hy jou kind se lewe neem in ñ ongeluk??

daan ·

Wel eerlik,wat sou gebeur is as die ou se dogter in ń kritieke toe stand was…Oom ek’t nou nie jou naam nie maar eerlik ek sou dieselfde gedoen het en die ou wat die video geneem het sou ek sommer ń warm klap gegee het ook….want in die land is jou hande afgekap en mede Suid Afrikaners is of regs of links….

WS ·

Ek kan nie begryp hoekom hier van die mense is wat so te kere gaan nie… dit was maar net ‘n paar plathand-klappe — nog nooit iemand skade aangedoen nie. En ja, wat soek hy op die pad sonder ‘n lisensie ??

nig ·

WS en ander – dis dan vir die gereg om di tuit te sorteer. As elkeen wat nou ‘n probleem het dit met klappe en sulke gedrag gaan wil uitsorteer hoe sal dit dan gaan? Soos dit is is daar allerhande wetteloosheid en geweld en as jy vir hierdie tipe geweld ja sê dan moet jy nie kla as geweld op ander maniere gepleeg word nie. Regtig mense! Ek verpes ALLE geweld!

Willie du Toit ·

Antie Nig, die gereg doen niks in sulke gevalle nie. Geweld is nie die antwoord nie maar ek voel hierdie man is gedryf daartoe. Dis regverdigbaar en die saak sal ook deur ‘n goeie prokureur gewen word.

JG ·

Ek wens dit wil so by ons kom reën; die meeste wat ons in Oktober gehad het, was 13mm :(

Johan v H ·

EK stem saam met almal wat hier bo komentaar lewer wat dink hul sou ook n paar klappe uit deel. Daar is so baie mense wat met gekoopte lesensies ry en nie n idee het wat pad reels beteken. Ek bestuur dagliks tussen 100 en 600 km en voel dagliks seker bestuurders kan bly wees ek bestuur n gemerkte voertuig. Maar as dit by jou kinders kom dink ek dit verander mens se uit kyk op dinge. En vir baie van jul wat voel dis walglik, ek wonder wat jy sou doen as dit jou kind was…..?

M.G. ·

Johan v H – opgevoede mense tree nie so op nie en as dit my kind was sou ek die wettige kanale toegepas het. Nou het hierdie ou sy saak bemors en gaan hy klagte van aanranding teen hom kry. Oplossing? NEE!

klippies ·

MG, die wettige kanale is vol riool. Wetgewing is ‘n bespotting, niks sal met die knap gebeur nie en dink jy vir een oomblik hy sal nou ‘n lisensie en versekering gaan kry? Ek twyfel. Oplossing? Beslis!

wouter ·

M.G.
DIe man se versekering gaan ‘n siviele eis indien teen die ongelisensieerde bestuurder. vir die totale skade aan die vrou se voertuig. En as hy nie kan betaal nie, word hy onder administrasie geplaas. Dus, die aanrander het nie sy ‘saak bemors’ nie

klipppies ·

Mens volg kanale. Mens pas nie kanale toe nie. En, “wettige” kanale?? Rerig??

Jacoba ·

Ai tog sulke video’s vuur net rassehaat aan.
Mnr. dis nie die regte manier om iets op te los nie. Voel jy nou beter nadat jy hom geslaan het?

Joan ·

Ek glo hy voel beter – ek sou ook – gemors sonder lisensies!

Knersus D ·

Ek was nie eers daar nie en ek voel beter! Mooi so oom, ek wens net ek was daar om te sien hoe die oukie panic!

SNEL ·

Ja Jacoba, daai pa moes sommer die ou wat die video geneem het en die wêreld ingestuur het ook n oorveeg gegee het. Party mense moes nooit met tegnologie te doene gekry het nie, hulle weet net eenvoudig nie hoe om dit te gebruik nie en gee ook nie om wie hulle daarmee te na kom nie.

Hettie ·

Ag nee hy moes nie vir die man geslaan het nie want hy sal sy sake oor sy dogter se ongeluk verloor!

Knersus D ·

Hettie, nee hy het nie. Die saak is tussen die onwettige bestuurder en sy dogter se versekerings maatskappy. En die onwettige bestuurder gaan 2e kom. Ook die aanranding saak sal nie veel van kom nie. Die aanrander gaan buite die hof skik, want hy kan dit bekostig.

broos ·

ek was twee keer in een jaar in ongelukke betrokke, albei kere was die ander drywer skuldig en albei kere was die drywer op die pad sonder lisensie en sonder versekering wat bedoel het dat ek vir die gelag moes betaal (in die laaste ongeluk was my kar afgeskryf en ek moes vir die ou wat voor my was se skade betaal al was dit nie my skuld nie). volgende keer neek ek die “arme ou onskuldige drywer sonder lisensie” myself!!! hulle hoort nie op die pad nie KLAAR!

Lynette ·

Meeste ry sonder lisensies, bestuurs vernuf en GEEN assuransie. Dan veroorsaak hulle ongelukke en jy wat jou voertuig ten duurste koop en oppas moet die spit afbyt. Nie eers jou assuransie probeer jou skade verhaal nie want die persoon het nie asssuransie of geld of vaste adres nie. Nee wat, ek het simpatie met die pa. Geld groei ook nie op my rug nie.

Christie Joubert ·

Ek sit nou die dag en kyk, hoe n voertuig oor n rooi lig ry, naelskraap die karre mis wie se beurt dit is om oor die kruising te gaan. En hoe twee polisie voertuie dit sien gebeur en NIKS daaraan doen nie. Wat soek jy op die pad sonder n lisensie. Waar is jou maniere? Klim uit, praat, vra om verskoning, sorteer die saak uit, want dit is jou skuld. JY het van agter af in haar vas gery. Ek is gatvol daarvoor om altyd die minste te wees en die een te wees met maniere en n opvoeding. Hy het daai pak slae verdien!

Klippies ·

@Joan – ek stem heelhartig saam met jou! Ek voel al klaar beter net om te weet die knaap het sy gaai af geskrik!! :-)

Ronell Wilken ·

Eerstens… lees net weer oor voordat julle pos. Nr 2: As my kind se lewe in gevaar is.. dinges hy sewe nul en ek is a vrou! Jy sien… ons is deesdae so Sannie Jammergatte….. laat hulle maar wegkom met moord… diens kan maar swak wees… taxis kan maar ‘n u-draai in die robot sirkel maak……siestog hulle is so haastig…….!! Daar sal wel IEMAND IEWERS wees wat sal optree….net nie EKKE nie… behoede my….????? Tot jou kind voor jou vermoor word… dan wil ek sien hoe vergewensgesind jy gaan wees.

EK ·

Hy het nie eens n I.D nie…. vra eder wat soek hy in ons land!

SNEL ·

Ek neem die pa nie kwalik nie, inteendeel hy het dit baie goed hanteer. Sonder n lisensie….vra mos n pakslae.

Wonder hoekom my vorige kommentaar nie geplaas is nie, daar was niks wat nie volgens die reëls was nie.

Muller ·

Ek stem saam met die pa, maak hom goed wakker. Hy sal nou 2 keer dink voor hy weer agter ‘n stuurwiel inklim. As dit my dogter was, en ‘n idioot sonder ‘n lisensie ry in haar vas en kon haar dood veroorsaak het, sou hy nie so lig afgekom het met net ‘n paar klappe nie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.