Padwoede-voorval: ‘Hulle het net aangehou en aangehou’

Willem Potgieter in die hospitaal. Foto: Verskaf

Willem Potgieter (52) is in ʼn stabiele toestand in die Milpark-hospitaal in Johannesburg nadat hy so erg aangerand is tydens ʼn padwoede-voorval in eMalahleni (Witbank) dat hy aanvanklik in ʼn koma was.

“Hy is stabiel maar nog nie buite gevaar nie,” sê Potgieter se broer, Lourens. “Hy sal vanoggend weer rekonstruktiewe chirurgie aan sy gesig moet ondergaan.”

Willem en sy vrou, Santie, was Saterdagaand 20 Julie net na 21:00 op pad terug na hul huis in Tasbetpark nadat hulle gaan uiteet het toe die nagmerrie-aanval plaasgevind het.

Vier mans in ’n Dodge Ram-bakkie het glo ’n rooi verkeerslig verontagsaam en Willie het sy toeter gedruk. Die bestuurder van die bakkie het glo stilgehou en daarna die Potgieters begin agtervolg.

Hy het die egpaar se Toyota Hilux-bakkie glo verskeie kere van die pad probeer druk. Die Potgieters se bakkie is kort hierna van die pad gestamp en die bestuurder het hierna herhaaldelik teen die passasierskant vasgery wat tot gevolg gehad het dat Santie nie haar deur kon oopkry nie.

Die Potgieters se bakkie. Foto: Verskaf

Volgens Potgieter het Willem uitgeklim en ʼn waarskuwingskoot in die grond geskiet waarna drie van die mans hom oorrompel en erg begin aanrand het. “Hulle het hom vir amper ʼn uur lank aangerand. Toe hulle sien Santie probeer iets op haar selfoon doen, het hulle die selfoon gegryp en dit in die bos gegooi en haar ook aangerand.”

ʼn Ambulans het intussen op die toneel opgedaag en volgens Potgieter is dit eers toe die aanranding gestop het. “Een van die mans het ’n vriend gebel en gesê hy moet ’n ambulans stuur en die gemors kom opklaar.” Daar word vermoed dat iemand wat verby gery het ook ʼn ambulans ontbied het omdat hulle vermoed het dit was ʼn ongelukstoneel.

“Hulle het vir Santie gesê ‘ons het hierdie outoppie nou ʼn lekker les geleer’. Santie het ook by hulle gepleit om op te hou en vir hulle gesê sy het gesondheidsprobleme maar hulle het net aangehou en aangehou.

“Mens dink tog daar moet in ʼn stadium deernis of rasionaliteit intree wat jy besef dis nou genoeg ons kan maar los. Hulle het vir my broer en skoonsuster gesê hulle gaan hulle doodmaak en in die dam gooi. Een van die mans was van kop tot tone vol van my broer se bloed.”

Die Dodge Ram-bakkie. Foto: Verskaf

Santie het snye op haar kop opgedoen, twee ribbes gekraak en ʼn rib gebreek. Haar been is ook erg gekneus weens die skade wat aan die passasierskant van die bakkie aangerig is.

Willem het baie ernstige beserings opgedoen en daar is van die toneel met hom na die Life Cosmos-hospitaal gehaas. Volgens Potgieter het sy broer net na 22:00 by die hospitaal aangekom waarna daar vir sowat twee uur lank gespook is om hom te stabiliseer. Daar was bloeding op sy longe wat hom versmoor het en daar is gesukkel om sy lugweg oop te kry.

Willem is met ʼn ambulans na die Milpark-hospitaal oorgeplaas. Sy bloeddruk het aanhou val en dit is gevrees dat sy organe kan ophou funksioneer. Willem is by dié hospitaal in ʼn geïnduseerde koma geplaas. “Hulle het lank aan hom gewerk. Hy het hoë bloeddruk, so daar was die kans dat hy nog ʼn beroerte ook kon kry.”

‘n Bebloede hemp wat op die toneel gevind is. Foto:L Verskaf

Willem is steeds aan ʼn asemhalingsmasjien gekoppel en word onder verdowing gehou. “Hy is baie onrustig en weet wat om hom aangaan. Hulle maak die verdowing soms bietjie ligter en dan kan hy hoor en redelik verstaan.

“Ek het met hom gepraat en gesê hy moet my hand druk as hy kan hoor en hy het dit gedoen. Sy polsslag en bloeddruk en goed styg egter dan, so ons probeer maar om nie met hom te praat nie. Hy het baie, baie seer en is op sterk pynmedikasie.”

Volgens Potgieter sal sy broer nog ʼn hele paar operasies moet ondergaan om die skade aan sy gesig te herstel. “Sy wangbeen is vergruis, sy kaak is gebreek en hy het ʼn skedelbreuk opgedoen.”

Drie mans het hulself verlede week aan die polisie oorgegee in verband met die voorval. Hanno Bierman (30), Pieter de Beer (29) en Hannes Viljoen (28) het in die Witbank-landdroshof verskyn op aanklagte van poging tot moord en is op borgtog van R10 000 elk vrygelaat.

Volgens Kapt. Eddie Hall, woordvoerder van die polisie, word nog na ʼn vierde verdagte gesoek in verband met die voorval. “Ons volg leidrade op en die ondersoek is nog aan die gang.” Die verdagtes moet weer op 1 Oktober in die hof verskyn.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

160 Kommentare

Gjvanwyk ·

Plaas asseblief fotos van die aanranders, mense moet sien hoe hulle lyk, dit kan ander se lewens red.

Inge ·

Snaaks…as mens hulle op Facebook soek, is al 3 se profiele skielik… fotoloos.
Maar van die ‘posts’ laat jou besef daar is BAIE haat tussen die 3 ouens….

Pieter Brits ·

Ek het nou n hele klomp opinies gelees maar nie een se kom ons wag en kyk tot almal se weergawe van wat gebeur het bekend is nie dit is verskriklik wat gebeur het maar alles is nie so eenvoudig soos wat dit altyd lyk nie so ver het ek nog net eenkant van die storie gehoor dalk moet n mense wag vir die hele storie elke saak het mos 2 kante daarna kan jy mos begin oordeel en veroordeel soos jy lus het

Lalie ·

Wonder wat hulle sal maak as dit hulle pa, ma, vrou ens was wat so aangerand is. Gooi hulle in die tronk en vergeet van hulle. Hulle is regte gemors en hoort nie in die samewelewing nie.

Anon ·

Hoekom? Hulle het hulle self oorhandig aan die polisie. Kan nie dieselfde se van die ander aanvalle wat gebeur in die land nie.

Werkgewers ·

Hulle werkgewers moet geidentifiseer word en moet hulle onmiddelik afdank.

Skaap ·

Hierdie padwoede en ander dinge wat in SA gebeur is alles tekens van hoe die wettelose land verder en verder in Anargie verval….

Lielie ·

@Pieter Brits…wat ookal die weergawe, geen mens slaan n ander een amper dood nie. Wat nog te sê 4.

Johan ·

Sou die gebeure waar wees, hoort die aanranders vir baie, baie jare in die tronk sonder die moontlikheid van parool. Suid-Afrika kan sonder hulle klaar kom.

Frank ·

Seg ek ook. Sulke blankes hoort nie op straat nie. Verdien ander terme as “blanke”.

R6 ·

4 teen 1, jô ! Goed groot geword en groot sleg geword. Hulle moet hulle net teen die regte ou vasloop wat hulle vuis-lus sal blus.

Elmarie ·

Pieter maak nie saak wat die 2 kante van die stories is nie. Niks gee niemand die reg om iemand aan te rand nie. Asof ons nie genoeg plaasmoorde het nie.

Nika ·

Dat grootmense so kon optree? Dan nog blanke mans wat n oom so slaan nadat dit hulle was wat oor n rooi lig gery het!! Hoop julle kry tronkstraf!! Dit is onaanvaarbaar!!

Jaques ·

Nika, ek sal jou se wat aangaan. Tel bietjie die mannetjies se jare terug, dan sal jy vind dis ongeveer die tyd wat wet en orde uit die skole weggeneem is. toe die arme kindertjies meer mense regte begin kry het as die onderwysers, die tyd toe onderwysers begin minag word het, en kinders kon doen wat hulle wou, en wegkom daarmee, want dissipliene is by die agterdeur uitgegooi.

Gert ·

Jaques,

Dissipline begin in jou huis, ouers se verantwoordelikheid nie onderwysers.

JR ·

Ek sou ook die hooter geblaas het en ook my ligte geflash het as jy n robot skip
Vra altyd jouself hkm sal een ou 3 of 4 manne alleen wil aanvat.
Ja alle stories het 2kante maar om n ou so aan te rand
Ek noem sulke ouens slapgatte.
Ek hoop hy gaan heel aan die anderkant uitkom.
Iemand se dat dissipline by die huis begin.
Ja is seker so! Maar die skole het n groot verskil gemaak met n rottang
As jou pa afwesig was maak dit nie jou n slapgat om een man so te probeer vermink nie.
Baie van ons het sonder n pa groot geword.
As die manne gesuip of gedrink was! Voel hulle n veer wie hulle aanrand.
Ek was al in sulke situasies en jy kan probeer mooi praat dit ignoreer
Maar jammer daai ouens sal nie Los nie
En selfverdediging is al wat gaan oorbly..
Weereens ja 2 kante is daar met n storie maar my punt bly jy rand nie ou alleen aan as n paar vreeslike sterk manne het nie.

Chantel ·

Daai Oom kon hulle Pa gewees het, dis skandelik dat hulle so liefdeloos optree teenoor hulle medemens. Sies man.

Yvonne ·

Indien hierdie drie manne skuldig is moet hulle maar die spreekwoordelike pak vat wat hulle gaan kry. Dit was so onnodig. Wie gaan nou n les geleer word? Sterkte aan Willem en Santie .

Hendrik ·

Die naweek sien ek ‘n volwasse man skree op sy dogtertjie van so Gr2. Ons het maar almal moeilike dae, maar asb mense, ons moet beter doen. Dis eenvoudig nie reg nie.

Nicola ·

My goeie genugtig….!! Is daar nie al reeds genoeg geweld in ons land soos wat dit is nie! Ek hoop hierdie 3 jong mans kry hul dag in die hof. As dit een van my kinders was, sou ek baie beslis my opvoeding wat ek hulle gegee het bevraagteken. Dit is skokkend. Sterke aan Willem en sy familie.

Mariettek ·

Toevallig is die storie van die waterkloof 4 vanaand op die tv, klink amper soos dieselfde storie hierdie mans is net ouer ek kan net dink dat drank betrokke moes gewees het want nugter denkende mans sal nie so optree nie, n mens moet die vrug van jou dade pluk

Anda Hoffman ·

Ek wil net weet wat daai spul wat hulself manne noem sou gedoen het as iemand dit aan hul ouers gedoen het

@Anda ·

Jammer om te sê maar hulle is nie naam “manne”nie werd nie. Lafaards is die gepaste woord.

Anda Hpffman ·

Ek wonder wat daai spul wat hulself manne noem sou gedoen het as dit hulle ouers was.

Blom ·

Dink baie mans in SA het ‘n onderliggende woede oor wat aangaan in SA.. En met sulke onderonsies raak hulle mal.. Drank was dalk ook teenwoordig dan is daar baie mannemoed.. Hulle sal hul straf moet vat. Vir seker! Jammer maar sulke malheid kan jou lewe baie vinnig verander.

Daniël Dercksen ·

Manne is hulle naam nie werd nie dis pateties maar te minste weet ek hulle gaan duur boet vir hul dade en hooplik lank in die tronk deur bring

Skok ·

Hoe doen hul dit aan n oom en kry geslaap in die aand? Hoe sou hul voel as iemand dit aan een van hul se pa moes aandoen? Nee nee nee

Sonja ·

Nee wat, ek glo hul ouers voel so sleg dat hul kinders betrokke was by so iets en weet nie nou waar om hul koppe weg te steek nie. Ek het al gesien, jy kan n kind groot maak soos jy wil, hul volg hul eie koppe. Jy kan n goeie voorbeeld stel, hul trap dit in die stof. Henri van Breda comes to mind. Goeie huis waarin hy groot geword het, betrokke geraak by dwelms en so te sê sy hele gesin vermoor. Hoop regtig Willem herstel 100% en sterkte ook aan Santie. Is reeds net n wonderwerk dat hy lewe. Een hou het al mense se dood veroorsaak. Mag die Here julle dra deur hierdie pad wat julle nou stap en mag hy spoedige herstel onder die Heer se hand van genesing.

Danie T ·

Ek skaam my tot in my siel vir sommige van ons mede blankes wat roem om Afrikaners te wees

Koos Nel ·

En dit, in tyd waar ons moet saam staan. Ai dis hartverskeurend.

Johan ·

Hierdie man se lewe is in gevaar. Maar sou hy die aggressiewe aanvallers geskiet het, was hy beslis sommer baie diep in die moeilikheid….

Danie Dercksen ·

Wel hoe sê hulle in die buitelewe is hulle die kat se snor maar daar diep in die tronk gaan hierdie drie iemand se vrou wees en dis wat hulle kort pyn en leiding

chris ·

Baie minder moeilikheid as wat hy nou het. Sy fout was die waarskuwingskoot. In sulke omstandighede is daar nie tyd daarvoor nie. Hy en sy vrou se lewens was bedreig en hy het die reg om dodelike geweld te gebruik.

Stella ·

Maar net 10k Borgtog? Hulle verdien nie om vry te wees nie.

RK ·

ek weet dis groot mans en hulle is verantwoordelik vir hulle eie dade, maar hoe is hulle grootgemaak dat hulle kan dink dis ok om enige iemand so aan te rand, na hulle in die 1ste plek verkeerd was?!

Wat 'n skande ·

Spoedige beterskap aan die beseerdes, mag julle berading ook kry vir die trauma waardeer julle is. Mense het geen respek meer vir padreëls nie en is erg aggressief. Hierdie mans het duidelik geen respek vir enige ander persoon nie.

Dieselfde kan vandag hier in Pretoria se middestad gebeur aangesien alle in- en uitroetes deur stakers en busse versper word. Sterkte aan diegende wat by die huis moet kom vanmiddag, vele mense kon nie eers by die werk uitkom nie, sommiges sit nog steeds vasgeknel in die verkeer van vanoggend vroeg af en van hulle se brandstof begin klaar raak!. Ideale omstandighede vir padwoede om te ontstaan.

Ilze ·

Julle drie is my seun se ouderdom. Sies, wat het met julle gebeur dat julle iemand wat so oud soos julle pa is so wreedaardig kan aanrand. Het julle nie ouers nie. Hoe sou julle gevoel het as die skoen aan die ander voet was.

Johanna ·

Hoe is dit moontlik dat borg toegestaan word. Wat ‘n verskriklike wrede aanval. Dis siek!!

DeVill ·

Ondanks sy handwapen het hy nog steeds tweede gekom…dit is baie jammer!

Suid Afrikaner ·

Hoe gaan ons ooit saam staan? Ek kan nie glo wat ek hier lees nie. Ek wens die oom spoedige herstel toe.

George ·

Kan jy glo blankes kan so laag daal. Hoe skaam kry !!! Wonder net as hulle 3 gevang het moet hulle mos weet waar die 4de is. Hulle kort vroeer dae se “army kampe”

Tiaan ·

Ek is 30, Ek het nie ‘n army kamp nodig om my respek en integriteit te leer nie. Jy is so groot gemaak. My Pa is wie ek ‘n Pa kan noem. Hy het my groot gemaak om respek te hê. Hy was nie ook ‘n klein ego boelie wat almal ‘n les wil leer nie. En die mannetjies het die tipe ouers want net almal lese wil leer, want dit is mos cool.
So ek se dit begin nie by army kampe nie dit begin by jou huis houding.
Hulle is ‘n klomp gemors man!

Engela Johnston ·

Ons leef in swaar tye
Jy doen die verkeerde ding en iemand anders moet daarvoor betaal….
Hulle moes in die tronk gebly het
Bid dat so iets nie met een van julle familie lede gebeur nie
Hoop geretigheid geskied en dat hulle vir poging tot n dubbele moord sal tereg staan

Wonder soms ·

Ag julle Ysters.
Ek word sommer buite myself woedend vir sulke mense en moet myself keer om myself tot op hulle Neanderthal vlak te bring en presies te sê wat ek dink. Maar dis Witbank vir jou. Vol rubbish
My gebede vir die arme slagoffers. Hoop die Oom herstel ten volle.

anton ·

As hulle my so aangerand het, het ek hulle geskiet!!!
Hy moes na die waarskuwings skoot die eerste een wat nog nader gekom het, summier in sy bene geskiet het.
As die ander ook nog nader gekom het, hulle ook in die bene skiet.
Want as hulle jou voertuig so stamp met opset, is dit alreeds poging tot moord.
Hy het elkgeval nie n kans teen 4 van hulle nie.

Johan ·

Vier teen een? En dan nog doodsdreigemente? Hierdie mense hoort nie op straat nie. Hierdie was ‘n wreedaardige aanval.

Risa ·

Ironies, as dit die ander kleur was wat aangeval het dan was dit die ANC se skuld. Noudat dit blankes is wat die daad gedoen het, sing baie ‘n ander deuntjie.

Pierre ·

Piet ek stem saam, ek is ook die “oom” se ouderdom.
3 vs 1 ek sou geskiet het en later dinge uitgesorteer het. Deur my voertuig so met hulle sin te stamp, dui klaar daarop dat hulle nie net wil “gesels” nie…

Johan ·

In watter hof gaan hulle verskyn?
Miskien moet ons daardie hofsaak bywoon en op ‘n manier ons misnoeë te kenne gee. Hierdie mense moet besef dat hulle nie die helde is wat hulle dink hulle is nie.

Erika ·

Ek bid saam die famielie oom is n goeie mens die eerlikste opregte mens goeie waardes en oom het dit nie verdien nie ons bid vir volle herstel ek kon nie glo wat gebeur het nie geregtigheid sal gebeur maak nie saak wie wat sê dit is 4 jong mans wat ou mense aanrand ons het nie sulke suurstof diewe nodig om ou mense seer te maak nie hulle hoort agter trallies hulle is n gevaar vir die mense hier buite

Mossie ·

Ouers van hierdie 3 manne en n 4de wat nog gesoek word…alle sterkte aan julle as ouers. Alle sterkte aan Willem en Santie, dit moes n verskriklike ervaring gewees het. Mag God julle almal in Sy Hande styf vashou!
Vir diegene wat die skuldiges se ouers aanval…pasop, die ouers het hulle nie noodwendig so grootgemaak nie. Bid liewer dat jou seun nie eendag dieselfde onbesonne ding aanvang nie!!

F Greyling ·

Skande, hetsy skuldig of nie. Ek hoop hul kry tronkstraf.

Leana ·

Hoe kan ‘n mens so onmenslik wees.
Jy kan ook deesdae niks meer doen bv. toeter druk vir mense wat padreëls verontagsaam nie want jy word of geignoreer of wie weet dalk beland jy in ‘n padwoede aanval

Hexadane ·

@Leana Jy is heeltemal reg, ek self het al n paar keer amper pakslae gekry oor ek my toeter vir n bestuurder blaas wat nie eers poog om stil te hou nie, ek woon op n hoek erf met n vier rigting stop, dat ek so moet oppas wanner ek uit ry dat iemand nie in my vas jaag nie aangesien stop mos vir sit toon op petrol staan. Die oom het niks verkeerd gedoen behalwe dat hy moes skiet en nie huiwer om te skiet nie, dit is nou maklik vir ons almal om dit te se maar niemand wil iemand se dood op sy hande he nie of dit nou in selfverdediging is of nie. Ook weet mens nie wat die omstandighede was voor hy n waarskiewing skoot geskiet het nie hoe ver van hom af het die skurke gestaan? Want op kort afstand staan jy nie baie kans nie. Sterkte aan die oom en tannie mag hulle ten volle herstel.

Hartseer ·

Mense hoekom oordeel jul die ouers? Het jul kinders en weet jul wat hul 24/7 doen? Hierdie ouers is dalk stukkend geslaan deur hierdie insident en pak dalk die skuld op hulself om te wonder waar het hul gevaal as ouers. Hul het nie jul snedige opmerkkings ook nog nodig nie. Bid eerder vir hulle.

Wielspore ·

As jou kinders nie geleer het om verantwoordelikheid te aanvaar vir wat hulle doen, gaan hulle eendag as hy groot is, iemand moet betaal om dit vir hulle te doen.
Ryk ouers, onverantwoordelike kinders.
As dit wat in die berig staan die waarheid is, gaan die jong manne jare in die tronk sit. Net so terloops, dwelm gebruik onder afrikaanse jeug in Middelburg / Witbank is ‘n groot probleem met buitelanders wat daar ‘n afset punt het.

Jepetto ·

Ek kan dit nie glo wat ek lees Dis ABSELIED walglik Doge Ram is a baie duur bakkie soos in baie Die manne gaan hulle seker wil los koop

Anoniem ·

Dis kinders jonger as myne, wat ‘n skreiende skande dat jong mense so kan optree, ek hoop hulle doen dieselfde met julle in die tronk

Groot Manne ·

Nou ja, jy dink jy en jou vriende is groot sterk manne wat n ou kerel nou lekker gwys het wie is baas. Foeitog. Nou gaan al die groot manne n verhoor kry en n hele paar jaar agter trallies sit. Wonder hoe “groot en sterk” gaan hulle daar binne voel. Ek let ook dat dit relatiewe jong manne is. Hulle het ook nou hulle eie lewens verwoes om nou so groot en sterk te wees. Hulle is mos tuff, hulle moet nou maar vat wat na hulle kant toe kom. Sterkte aan oom Willem en tannie Santie.

Boerseun ·

Stem saam Johan. Sal geniet om daar te wees en hulle so bietjie te wys hoe lyk dit as ou man van 51 hom beetkry

Waarheid ·

Madeleine …….stem saam.
Sterkte aan die 2 mense, mag jul volkome herstel, asook al die geskokte geliefdes.

inge ·

Het hulle op Facebook gaan soek. Die een ou het 2 klein kindertjies.
Mens sou hoop/dink dit sou hom ‘n HART gee…

Lizelda ·

Ons huil en kla elke dag by ander lande oor die geweld wat ander kleuriges teenoor blankes gee, maar wat word van ons nasie as ons eie kleur dit aan ons ouer mense doen? Ek wonder of hierdie jong mans ook pa’s het en of hulle ouers ook deur loop onder hulle vuiste? En natuurlik soos altyd moet ek byvoeg as hulle ouer mense so kan aanrand hoe is hulle nie teenoor arme diere nie…

Johan Maritz ·

Ek hoop die aanklag is poging tot moord en nie net aanranding nie maar ek moet ook by se daar is party outopies wat julle ook n les kan leer, ek dink byvvorbeeld aan oom Chuck Norris.

Lewens les ·

Hul mos nie lyfstraf gekry op skool. En nou moet die groot mens wereld hul n les Leer en vir hul plek maak in tronk met oranje oorpakke aan. In tronk gaan hul Sommer n klompie lesse Leer en wanneer hul eendag uit is op parool n boek skryf waar om dit belangrik is om liewers lesse te Leer op skool as om iemand n les tewil Leer wanneer hul eintlik n les moet kry. En Dan Kan hul Sommer begin af tebetaal aan pyn en lyding en hopelik Leer hul n waarde volle lewens les.

Wielspore ·

Gaan kyk na hulle gesigte op Facebook, bikes, Farm jam, die een het sy profile toegemaak en sy fotos verwyder, die realiteit het seker nou ingeskop. Ek hoop julle gaan sit vir lank in die tronk. Borg moes nooit toegestaan gewees het nie.

Maro ·

As dit waar is is dit goeie nuus…dan is daar geld om die oom se mediese kostes te dek. En ek hoop skadevergoeding! Ens ens. Sterke oom!

Slagyster ·

Woedeterapie: ‘n Mens het ‘n keuse om nie kwaad te word nie.

Daisy ·

Sies! Skaam julle!Glad niks geleer vir respek vir ouer mense! Hulle 3 was baie braaf saam, nou wil ek sien wat gaan gebeur as hulle in 3 aparte tronk selle toegesluit word!

maria ·

Hulle mag nie in die buitewereld wees nie hulle hoort agter tralies, die wiel draai glo my julle gaan dit besef wanneer die wiel gedraai het.

Liesl ·

Sies!!! Boelies… ???? Hulle dag sal kom. Dis nie vir ons om wraak te neem nie. Die Vader weet wat gebeur het en sal geen skuldige laat wegkom nie ????

Jaco ·

@ Maro, ek hoop maar so, want in Suid Afrika as jy geld het of n hoogeplaasde regeringsamptenaar is dan kan jy letterlik wegkom met moord! Ons regstelsel is FLAWED en verby lagwekkend.

Jepetto ·

Hierdie voorval het SA geskok die 4 mans moet hard gestraf .Daar moet a sterk voorbeeld uigeriek word

De Villiers ·

Dit maak my skaam om te dink dat blankes so kan optree. Ek wens hulle gaan lank tronk toe. Beterskap word vir die slagoffer toegewens, en mag sy vrou en familie sterk staan in hierdie tyd.

Antz ·

Sies ek skaam my dood, julle is my seun se ouderdom. Wat het julle besiel om so iets aan te vang. Asof daar nie genoeg geweld in die wereld is nie moet ONS EIE mekaar aanrand. En hoekom het hulle borg gekry??? Seker hulle eerste oortrede, maar ek sou hulle nie borg gegee as ek die regter was nie. Sies sies sies.

Woedend ·

Julle jong latte is n disgrace vir die bietjie wat oor is van SA. En om als te kroon hulle word vry gelaat op borgtog, en die man en vrou wat julle aangeval het?? Wat van hulle?? Ek hoop julle kry nagmerries aanmekaar!!! Skaam my oe uit my kop uit!!

Donderstorm ·

As iemand jou kar van die pad af probeer druk is hul klaar besig met n oortreding so dis wil hul jou leed aandoen veral as hul jou kar telke malle stamp so jou lewe is in gevaar waarom n waarskuwings skoot skiet? sy lewe en die van sy vrou was in gevaar so hy moes geskiet het om hul te stop n hof glo ek sal aan sy kant wees in so geval hy kon indaad werklikheid dood gewees het.

JohanL ·

Sekerlik moet die 3 wat hulself oorgegee het, die naam van die 4de persoon verskaf. Anders moet daar sommer klagte van dwarsboming van die gereg bygevoeg word by die poging tot moord klagtes.

Wessel ·

As hierdie aanranders sakemanne van Witbank is, boikot hulle besighede dat dit bankrot speel.

Wynand Bredenkamp ·

TARKA: Wat doen jy self daaraan Dafer?????
Net vinnig gekyk. Nuwe Ram prys vanaf R1,35 tot R2,05 miljoen. Stem saam met Juba – borg is kleingeld. Familielid ses jaar gelede (toe ongeveer 58 jaar oud) ook deur twee jong mans in Mercedes aangerand. Hul hoogsbetaalde regspan het telkens daarin geslaag om die saak te ontspoor op verskeie maniere en daar het dadels van hul vervolging gekom. Sal graag wil sien wat die uiteinde hier gaan wees. Word ons nog deur die regstelsel beskerm??

Andrew ·

Johannes 16:33 lees soos volg…Dit het Ek vir julle gesê, dat julle in My vrede kan hê. In die wêreld sal julle vedrukking hê; maar hou goeie moed, Ek het die wêreld oorwin. So spreek Jesus. Ons kan net in gebed bly. Ek is ook n oom. Ek sou geskiet het! Vrede en spoedige herstel word die paartjie toegewens. Daai mans….vergewe my maar ek vervloek alle kwaad en onheil. Dit was onnodig!!!

lali ·

Daar gooi 3 mans wat dalk pappa’s is en ‘n vrou by die huis het wat sit en wag vir haar man om tuis te kom ook hulle lewe weg. Die is ‘n duur les wat geleer gaan word! Almal raak kwaad op die pad maar ons kan nie na geweld draai nie. Dink verder as jou eie ek se kwaad! Julle aksie raak baie mense! Hoop die hof stel ‘n voorbeeld vir almal om te weet die gedrag word nie geduld nie.
Jammer vir julle wat dit moes beleef het! Genade dit maak mens so bang! Gedink mens hoor net van so iets op ‘n plaas maar toe nou nie. Ons eie mense haal ons nou uit.

monica ·

Padwoede – so het ek my man verloor glo n stryery opgetel toe stamp die persoon hom en toe hy op die grond le ,ry hy bo-oor hom en jaag weg.. Tot vandag weet ek nie wat die persoon se straf was nie.. tronk is nie die oplossing nie want ons belasting betalers sorg weer vir hulle… hulle behoort hulle te skaam……… moet nooit iets aan ander doen wat jy nie aan jou gedoen wil he nie… Onthou net God slaap nie.. My vraag is net hoe leef jy voort en hoe moet jy vergewe…?

Pieter ·

Hul houding en arrogansie sal uiteindelik ook hul en hul familie se ondergang beteken. Daar is baie sulkes in SA, want die land en sy mense se waardestelsel het mos totaal ineengestort. Drank, verwaandheid en geen respek vir ander is baie skepsels se base.

JohanL ·

Onse vriend g o o g l e vertel my dat al drie genoemdes in berig het vir Submerged IND krieket gespeel. Sal nie verbaas wees as die 4de persoon ook dalk in die span gespeel het nie.

Johanna ·

Wat n ongelooflike skandelike daad! 3 Jong mans wat n ouman aanrand. sies! skaam julle. mag julle dit ten duurste ontgeld. Daar is geen verskoning vir wat julle gedoen het nie. Julle ouers is ook Senior mense, hoe sou julle gevoel het as dit met hulle gebeur het.

Ina ·

Sies man, kry julle nie skaam nie? Hoekom het hulle borgtog gekry? Mama en papa het seker baie geld!!

Vintcent ·

Hierdié drie brawe “helde” gaan bitter lank sit. Net ‘n skelm prokureur en swak polisiewerk sal hul ‘n halwe kans gee. Kan amper met sekerheid sê dat hul ou skoorsoekers is.

erika ·

Ek wonder of dit papa se bakkie is of hul eie? Straf hulle hard want hul hoort agter trallies.
Ons het nie sulke mense in ons samelewing nodig nie. Hoekom het hulle elkgeval borgtog gekry?????

HPV ·

Erika, as dit syne was of hyself daarvoor moes werk of betaal sou hy dit of ander s’n nie so verniel het nie. Ons sal maar sien hoe braaf is hulle as hulle voor ‘n regter staan, of gaan hulle hom ook pak en ‘n les leer?

Juandre ·

Ek stem saam met wat ‘n persoon nou die dag gese het. ” Sy het geloof en vertroue in die mensdom verloor” SO WAAR

Geskok ·

Drank is sekerlik betrokke. Ons nasie gaan ten gronde agv drank wat vrylik en volop vloei….en so sosiaal aanvaarbaar is. Ons lag mos as iemand dronk is…

Suzelle ·

Soos ek lees, raak ek naar vir wat gebeur…ek kan nie glo dat een mens dit aan n ouer mens doen nie, wat baat jy daaruit?mag die skuld gevoel jul van binne af opvreet…moet asb nie eendag jou kind probeer straf vir sy dade as die pa self sulke houding het nie, moet eerder nie kinders he nie, jul is glad nie goed vir n kind, n ouer of n vriend se siel nie…ek skaam my dood vir ons kultuur se doene rn late

Muffin ·

Juba jy se hulle het groot besighede. Gee die name sodat die inwoners nie daai besihede ondersteun nie. Hoop hulle kry lewenslank dan sal geld niks help nie.

Johnson ·

Hierdie “sterk” manne se besigheid is seker brassery en skoorsoek. Iewers langs die pad gaan hul egter sleg tweede kom. Troos jul daaraan. Hierdié tipes leef gewoonlik op geleende tyd.

Maaksin ·

Hoop hulle gaan almal tronk toe en loop deur onder groot honger mans. Hulle is mos sterk as dit by ñ ou Oom kom.

Johan ·

Toemaar, hulle gaan baie liefde in die tronk kry, dan sien ons of hulle nog so braaf is. ????????????

RC ·

Die manne gaan nou ‘n baie duur en onaangename les leer. Wittes in SA is nerêns welkom nie….ook nie in die tronke nie! Buite is hulle net die manne en niemand kan iets aan hulle doen nie, in die tronk gaan hulle niks wees nie!
Sterkte vir Willie en Santie.

Linda ·

Dit is n uiterse skande dat mede afrikaners n ander afrikaner so kan aanrand. Hier behoort GEEN borg toegestaan te gewees het nie, nou gaan hulle se hul wil sielkundige verslae indien, nes die Dros verkragter !!!

Moppy ·

Sjoe dis werklik erg dat sulke jong ouens so laag kan daal en soos almal se ouer man so erg kan vermink en as ook n arme vrou waar kom hul opvoeding vandaan maar stem ook drank soos hul se brandewyn het ni brieke ni, hoop hul kry wat hul verdien want dis werklik baie erg want dis poging tot moord as jy na vorige persone kyk sterkte ek en my gebedsgroep sal Bid dat hul hul verdiende straf sal kry

Linda ·

Dis n skande regtig waar. Maar CB jy laat mens lag met jou kommentaar hahahaha

Natneuse ·

Dit gebeur as jy n waarskuwing skoot aftrek. Daai Dodge drywer se familie sal nou begrafnis reelings al begin het, miskien ook sy maaitjie. Seker linker stuur.

Giepie ·

Hulle kan ni mans of jong seun genoem word nie. Hulle lafhartig. Di vemeedelikheid om di dame nog te sê. Ons leer ‘n ou toppie ‘n les. Hul mos uit op borg kom wys jul gesigte no in di drinkplekke man teen man waar jul gewoonlik uithang. Ons sal sorg om daar te wees
Ek hoop van harte al di regs verteenwoordiggers wys hul saak van di hand en raak ni betrokke by di lot ni. Bierman jy moet weet erf is swerf. Ek glo jy moet dorp verlaat Nanna boy. Suigstokkie seun.

Anna ·

hulle was heel moontlik onder die invloed van dwelms – tik/meth of steroides. Die goed gemeng met alkohol en energie drankies maak mens verskriklik geweldadig en aggresief. Hulle het seker eers nadat die dwelms uitgewerk is besef wat hulle gedoen het.

Chantel ·

Sterte aan Willem en Santie en ‘n spoedige herstel.

Hoop hulle word goed gestraf vir dit wat hulle gedoen het.

Roger ·

Hanno Bierman…seker nie te moeilik om iemand met só naam en van op te spoor nie?? Ondersoek hom (en sy maters) deeglik…hul dalk al soortgelyke goed in verlede aangevang.

CHARLENE ·

Mag hulle nooit weer die voorreg he om sonlig tesien nie.

Samantha ·

Sies!!! die arme oom. Ek kry hom baie jammer. Kyk net hoe lyk hy.

Elmarie ·

Daar is net nie woorde vir wat die mans gedoen het nie. Plaas hul fotos hier sodat dit kan versprei word . Hul beroemdheid om geld te he sal verander in walging en hul sal hul gesigte nerens kan wys nie. Die Here slaap nie en mag ons reg stelsel hul gee wat hul toekom. En mag hul Bid dat so iets nooit aan hul Ouers, vrouens en kinders gedoen word nie en veral nie iets meer dergliks nie. Maar hul verdien die mees swaarste straf wat hul kan kry .

Sterretjie ·

R10,000 elk borg vir poging tot moord??? Hoe de joos verstaan ‘n mens dit? Oom Willem – ek bid vir jou vir ‘n spoedige herstel…

Sam ·

Ons sal moet vasstaan, gewapend met die wapenrusting van Ef. 6, want die worstelstryd van ons elkeen gaan feller raak. Ons word op fisiese, psigiese, geestelike vlak oorrompel en net dié wat by ons Vader skuil, sal verseël word teen die bose magte in die lug.

Se maar net ·

Sjoe dink net 3 jong mans wat n ou man net slaan en slaan. Sies. Julle is lafaards. Ek hoop julle gaan baie baie lank tronk toe en dat dit een van die slegste tronke in die land sal wees want julle hoort nie in die samelewing nie.

Rina ·

Julle arme ouers… vroueslaners … geen respek vir ouer mense. Tronk te lig. Regters moet dat oortreders in staat se lykshuise gaan werk. Goeie straf.

Silvia ·

Hoe kan hul op borg vrygelaat word, na so iets wat gedoen is???? Dit is poging tot moord!!! Die oomblik toe hul skuld erken het, moes daar nie eers borg oorweeg geword het.

A ·

As hulle haar ook so aangerand het, sê dit baie van hulle karakter, hulle slaan seker aan hulle vrouens.

Drie lafaards ·

Almal in Witbank weet nou baie beslis wie Hanno Bierman, Pieter de Beer en Hannes Viljoen is. Die inwoners van die dorp gaan nie saamstem met wat julle gedoen het nie. Die res van die land ook nie. Wat ‘n skande. Julle was wreed en onmenslik.

Julle ouers het julle tog seker beter grootgemaak? Of hoe Hanno, Pieter en Hannes? Of is julle bedorwe brats is wat ‘n bevoorregte lewe het waar daar baie geld is? Dan maak opvoeding seker nie saak nie want julle wrede dade word met geld reggemaak? Onthou meeste mense het ‘n gewete. En ‘n gewete het ‘n manier om mens in te haal. ‘n Gewete kan nie met geld vervang word nie.

Ram4 ·

Hanteer hulle soos die Waterkloof 4 sonder die voordele wat dai knape gehad het.
Dit is so goed soos moord om n rooi robot te skip.
Ek hoop die gemeenskap sorg dat hulle lank sit. Die wyngod is nie baie slim. Weet nie of hulle dronk was nie

Ram4 ·

Lewenslank. Hulle kan naweke die bebloede trollies by Milpark hospitaal gaan stoot en was van mense geraak is deur ander soos hulle opgetree het.

Johanna Botha ·

Watse opvoeding het die ouens gehad …dit is n GROOT SKANDE ! !

Renier ·

hulle het hom amper n uur lank aangerand,toe wil Santie iets op haar foon doen??
Hoekom het Santie nie die polisie dadelik ontbied,terwyl hulle nog gevolg was,of toe hulle begin stamp. Iets maak nie sin nie.

Hansie Slim ·

Renier, ek het al in die nag patrollie gery in Witbank se strate. Ek is al van die pad af gery toe die verdagtes agterkom wat ons doen. Ons het die polisie gebel….ek wag nou nog vir hulle!!! Daar is net een poliesman wat sy sout werd is!!!

WIEBO ·

Wat moet die ouens se ouers voel?? Hulle is nou net so sleg soos hul seuns………………………… sies mense! En dan is jul nog wit ook! Wat n skande!!!!

Oni ·

Drank is nie verskoning nie. Hul was mos nou baie sterk gewees om, twee ouer mensies net aan te val. Ons hoop dat hul, hul pakke sal vat, wat agter tralies aan hul uitgedeel word.

Ann ·

Toe ek die berig begin lees, het ek, seker soos almal, aangeneem dat dit dalk maar “African”-mans was. Ek weet mens moenie so vinnig oordeel nie, maar wat kan mens anders dink?
Ewenwel, toe ek by die name kom, het my mond oopgehang. Ek kon dit nie glo nie!! Wit jongmans wat ʼn oom en tannie sommer net van die pad af ry, en aanval? Ek is 7 jaar ouer as die oudste een, maar jinne, ek staan verstom dat hulle hoegenaamd geen gewetenswroeging gehad het na die aanval nie. En dan nog agteraf lag en sê “nou het ons hom ʼn ding gewys.”
Ghuh! Ek kry skaam!! Sies vir julle, man. Wat gaan julle verskoning wees?

hercu ·

“What is causing the quarrels and fights among you? Isn’t it because there is a whole army of evil desires within you? You want what you don’t have, so you kill to get it. You long for what others have, and can’t afford it, so you start a fight to take it away from them. And yet the reason you don’t have what you want is that you don’t ask God for it. And even when you do ask you don’t get it because your whole aim is wrong—you want only what will give you pleasure” – James 4 The Bible

Hugo D ·

Klomp lafaarfds! 4 teen 1 en slaan n vrou, ek is 54 en sal hulle 1 tot 1 daag om te wys hoe “tough” hulle regtig is. Sterkte aan die mense wat deur die patete aangerand was. Laffaards se ouers moet so trots wees op die gemors wat hulle groot gemaak het.

George in Bloem. ·

Hmmmm……die tyd sal leer of die klomp “tough guys” rerig so “tough” gaan wees in die tronk wanneer vier of vyf ouens hulle een vir een gaan opvoeter en dan vashou en “welkom heet” in hulle nuwe tuiste. Net jammer die ou man het hulle jammer gekry en slegs ‘n waarskuwingskoot in die grond geskiet. Hy het seker maar gedink daaraan dat hulle iemand anders se kinders is en of hulle dalk hulle eie kindertjies en vrouens erens het? Sy sagtheid en twyfel het hom en sy eggenoot duur te staan gekom want hy het die volste reg gehad om te skiet om hom en sy vrou te beskerm. Weereens is die voorval ‘n bewys dat dit soms beter is “just to let it go and look the other way.”

Janina ·

Wat ‘n absolute skande!!! Slaan ‘n ouer man half dood en dan rand hul nog die vrou óók aan… sies!!! Maar nee, hulle is mos “groot manne” wat kan maak en breek soos hul wil. Ek kan jul wed hul slaan aan hul vrouens/meisies óók. Ek sak my kop in skaamte vandag om te sê ek is blank. Maar wag, hul dag sal kom. Hul gaan verseker nie so braaf wees agter tronktralies tussen geharde misdadigers nie.

Die ergste is dat dit ons eie mense is wat so teen mekaar optree. Ek voel deesdae dat naasteliefde en verdraagsaamheid by die agterdeur uit is met dinge soos die. Genadiglik is nie almal so dankie tog, maar van dié vrot appels moet ons ontslae raak. Geen plek in die samelewing vir sulke gemors.

Klein Boer ·

Johann ek is ook 50. Sal like om hulle een een te ontmoet om te sien of hulle nog so goed hul man kan staan. MM hou ons op hoogte aub.

Hansie Slim ·

Johann
Stem saam maar 4 is dalk baie…
Jy beloel seker nie “more” nie?????

Hb ·

Ek hoop die straf is regverdig vir beide die slagoffer en di aanvallers as hulle skuldig bevind sou word maar ek twyfel. Kyk na di waterkloof 4 se vonnis destyds. Lewe is niks werd nie.

Adriana ·

Hulle het nou hulle gesinne ook verwoes die klomp lafaards
Moenie dat hulle landuit vlug nie.
Boikot hulle besighede
Excommunicate hulle.
Maak alle deure vir hulle toe.
Ons sal die name onthou indien hulle sou verhuis en dieselfde doen waar hulle ook al mag gaan voordat hulle tronk toe gaan.
Maroela hou ons asb op hoogte oor hoe dit met die aangevalde egpaar gaan?
Ek wens hulle sterkte en vrede in hulle harte toe.
Ons dink aan julle.

Muffin ·

Ek hoop hulle lees ook die kommentare sodat hulle besef daar is geen ondersteuning vir hulle nie.

tamboti ·

Ons dorpie het ook 2 sulke dapper helde gehad wat almal se (drinke-) pelle was. Hulle het eendag by ń vulstasie ook so saam-saam ń motorfietsryer so lekker reggesien – die video was nogal op die web. Aangenaam vir my om te vermeld dat hul so maand of 2 later wel so saam-saam die ewigheid in is!

Jeremia ·

Nie veel verskil tussen hierdie drie en plaasaanvalbendes nie – ten opsigte van onder meer ‘n algehele gebrek aan respek vir wet en orde, hul medemens en besittings/eiendom/voertuie. Voorts ontbreek normale gewete; enige selfdissipline, asook ware moed. Ten opsigte van laasgenoemde is dit meer as ‘n skande dat drie jong mans ‘n veel ouer man en vrou gepak het en redeloos verinneweer het. Daardie aanranding met die doel om te dood is net soos wat deur die aanval- en moordbendes op plase, hoewes, dorpe en in stede gedoen word.
In hierdie land dink te veel mense dat hulle kan maar doen net wat hulle wil.
Wetteloosheid jaag oor rooi robotte en dan word iemand wat vir jou durf toeter blaas só genadeloos en gewetenloos aangerand!
Wetteloosheid (geen respek vir jou medemens of ander se eiendom) is SA is finale ondergang.

Astrid ·

Wat het die skole hiermee uit te waai? Dit is niemand anders as die ouers se verantwoordelikheid om dissipline toe te pas nie, en met dit gese, hoe weet mens die ouers het nie hulle bes probeer nie. Moet nie die blaam probeer skuif en iemand anders die skuld gee nie, die ‘manne’, en ek sluk moeilik om te dink hulle moet eendag pa’s wees, moet verantwoordelikheid vat vir hulle afgryslike daad en beboet word soos ons Hemelse Vader goed dink – Moet nie doen aan ander wat jy nie aan jouself gedoen wil he nie – is al waaraan ek kan dink. Menere, mag julle gewete lewenslank by julle spook. Meneer en Mevrou Potgieter, ons ken julle nie, maar my hart is in n duisend stukke vir julle – Ek as n jong ma ken die gevoel en dis n lang pad na herstel, ons het het die pad gestap maar God is groter as die uitdaging en ek glo van harte dat Hy, Abba Vader, julle hierdeur gaan dra!! God se genade oor julle xxx

Willie ·

1 op1 julle moet dit probeer maar te veel van lafaards, julle sal julle dag kry

Gerhard ·

As die ouens dalk hierdie kan lees: Ek gun julle ‘n laaaaang tronkstraf. Sien uit om die berig later te lees.

Magsie ·

Hierdie ouens is lafaards. In Witbank ry gemiddeld 2 tot 3 bestuurders oor n rooi verkeerslig, keer op keer. Hulle gaan sit, dis verseker. Willem en Santie, baie sterkte vir jul en jul familie.

Isobel ·

Mens mag nie oordeel voor die anderkant van die storie gehoor is nie??? Daar is net een kant. Hulle was onder die invloed. Ons mag nie onder die invloed op die pad wees nie. Ons mag nie rooiligte skip nie. Dan wil hulle hulself wit Afrikaners noem?? Hulle het daai voorreg verloor. Keuses maak dat mens maar moet saamleef met die nagevolge. Mag hulle kry wat hulle verdien.

Yankee ·

Niemand verloor ewe skielik wat jy is nie. Hierdie is Boereseuns, Afrikaners om presies te wees. Trotse nasie, sout van die Aarde!! O Aarde, kyk hoe gly van ons nou. En ewe skielik is die trotse Afrikaner niks meer as geweldadige, bose mens nie!!

Rika ·

Ag die groot manne was gese dat is hulself oor gee dit hul saak goed sal doen in die hof. Kry photo, s dat die hele land weet hoe hulle lyk en verkla hul by hul werk en biokot hul besighede sukke tips Wil seker weer pad kaap toe vat ps ons soek julle tipe nie. Dankie

Jeremia ·

Dit is heel te verstane wat George van Bloem bedoel om soms: “just to let it go and look the other way”.
Die tou wat sulke mense gegee word, kom gewoonlik al ‘n baie lang pad. Dan word die blaam by ouers, skole, drank en dwelms gesoek.
Hier is ‘n hele houding en ingesteldheid ter sprake: om iemand ‘n les te leer op so ‘n wrede en irrasionele wyse. Boonop is die egpaar gedreig dat hulle doodgemaak gaan word en in dam gegooi sal word.

Johan ·

Tamboti, ek weet nie in watter dorp jy woon nie, maar hier in ons dorp was ook sulke tawwe ouens. Naweek vir naweek mense na willekeur aangerand en stukkend geskop. Mettertyd uitgevind dat die een klein gemors, verloof was aan ‘n blanke polisielid wat nogal die media verteenwoordiger van die SAPS was. Hy’t elke keer skotvry uit die howe gestap.
En wat het van hulle geword? Een het selfmoord gepleeg en die ander een het verdwyn, ons hoor en sien niks van hom nie.
Hierdie getatoeërde belhalms is vir ons niks werd nie. Hulle bring ons handjievol Boere in die skande en vernietig ons eens trotse tradisies in Suid-Afrika, juis nou waar ons elke blanke nodig het om saam te staan.
Wyle Pierre Spies het destyds gesê dat al die sukses wat jy bereik, nie kompenseer vir die mislukking in jou gesinsverband nie…….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.