Padwoedevoorval: Man in hof

Pearce saam met sy vrou Tammy. Foto: Facebook

Pearce saam met sy vrou Tammy. Foto: Facebook

Die motoris wat na bewering die motorfietsryer, Douglas Pearce (39), tydens ʼn padwoedevoorval doodgeskiet het, verskyn Vrydag in die Roodepoort-landdroshof.

Meekahefele Masooa (43) is tydens sy vorige hofverskyning op 17 Februarie op borgtog van R5 000 vrygelaat. Pearce is op 14 Februarie vanjaar in Malibongwerylaan in Johannesburg doodgeskiet.

Masooa het in sy beëdigde verklaring gesê hy is getroud en het vier dogters. Die gesin woon in Centurion en besit ʼn huis ter waarde van R2,2 miljoen. Masooa, die gesin se broodwinner, is ʼn arbeidswetkonsultant.

Hy het gesê Pearce het hom gekonfronteer. “Hy het op my geskree, en sy middelvinger na my gewys… ek weet nie hoekom hy dit gedoen het nie,” het Masooa gesê. Volgens hom het Pearce toe sy vuurwapen uitgehaal en op hom gerig. Masooa sê hy het besef hy is in ʼn gevaarlike situasie, en het sy eie vuurwapen uitgehaal om homself te beskerm.

“Ek het geen voorneme gehad om hom dood te maak nie. Ek besef die erns van die oortreding, maar ek het opgetree binne die wetlike grense.”

Lees ook:
Padwoedevoorval: Verdagte kry borgtog
Padwoedeaanval: Man in hof wat glo motorfietsryer doodskiet
Man vas wat glo motorfietsryer doodskiet
Motorfietsryer glo in padwoedeaanval doodgeskiet

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Ria Maritz ·

Ek hoop van harte nie hierdie moordenaar is van mening dat sy “skatte” hom vrywaar van tronkstraf nie.

Jasper ·

Eeerstens gaan hierdie saak lank sloer. Sodra hy in n hoek gedryf word, gaan hy “siek” speel. Hou dop.

Marietjie ·

Wat het sy 2.2 miljoen rand se huis met die prys van piesangs te doen? Hy behoort die Wet beter te ken as hy ‘n Arbeidskonsultant is. Opgetree binne die wetlike grense – het hy enige beserings opgedoen dat hy dit nodig geag het om te vuur? Vra maar net…

Marita van Staden ·

Pearce was een van ons kliente, en ‘n liewe dierbare saggeaarde mens. Hy het ook ‘n goeie gesin met goeie morele waardes. Soos ek verstaan het Masooa vir Pearce van agter af in die rug geskiet. Pearce was dan alreeds terug na sy motorfiets toe.Hoe noem jy dit self verdediging? Ek noem dit woede. Mosooa het Pearce geskiet uit woede uit.

BikerGirl ·

Die lae luis van n slaguitwerpsel is n lafaard! Hy het na Vrydag se hofverkyning stilletjie uit n sy of agterdeur by die hof “ontsnap” . Ek dink sy broek bewe – jy is nie eers mans genoeg om by die hoofingang van die hof uit te loop nie . Hy weet hy is skuldig en n papbroek daarby – was te bang on die motorfietsryers wat buite die hoeg gestaan het in die oe te kyk. Selfs die pers wou n foto van dire dreksel neem..maar nou ja. Papbroek aap met te veel “connections” Kan julle glo – toe ons by die hofgebou wou ingaan het n swart beampte van ver af aangehardloop gekom en aangedring dat al die motorfietsryers hulle leerbaadjie uittrek en dit ook die die skandeermasjien sit. Ek dink hulle besef hoe kwaad is ons – maar hulle verstaan gladnie wat n Silent Protest beteken nie. Almal lafaarde!

Toodels ·

Doug was ook een van my kliente. Awesome man om mee besigheid te doen. Sal nie n vlieg seermaak nie. My hart gaan uit na sy vriende familie en sy dogtertjie Nix. Doug sal nie daar wees as sy haar 1ste dag skool toe gaan nie, nie daar wees vir haar “Sweet 16” verjaardig nie, nie wanneer sy matriek skryf en juigend haar naam in die koerant onder die top tien sien nie, nie wanner haar groot dag kom wanneer sy trou en op haar pa se arm die kerk inloop nie, nie daar wees as sy graag vang nie…nee…dis te hartseer. My hart is so seer vir klein Nix – sy verstaan nie – die fototjie van haar waar sy in die lug opkyk na sy helium balonne op haar verjaarsdag vrygelaat het met boodskappies vir haar pa – dis die seerste foto ooit. Groot manne huil. Dis pappa se groot meisie en sy is so braaf – sy kyk in die lug op tot die balonne verdwyn, want sy weet haar pappa het dit gevang en gaan die briefies lees.

Toodels ·

Doug was ook een van my kliente. Awesome man om mee besigheid te doen. Sal nie n vlieg seermaak nie. My hart gaan uit na sy vriende familie en sy dogtertjie Nix. Doug sal nie daar wees as sy haar 1ste dag skool toe gaan nie, nie daar wees vir haar “Sweet 16″ verjaardig nie, nie wanneer sy matriek skryf en juigend haar naam in die koerant onder die top tien sien nie, nie wanner haar groot dag kom wanneer sy trou en op haar pa se arm die kerk inloop nie, nie daar wees as sy graag vang nie…nee…dis te hartseer. My hart is so seer vir klein Nix – sy verstaan nie – die fototjie van haar waar sy in die lug opkyk na sy helium balonne op haar verjaarsdag vrygelaat het met boodskappies vir haar pa – dis die seerste foto ooit. Groot manne huil. Dis pappa se groot meisie en sy is so braaf – sy kyk in die lug op tot die balonne verdwyn, want sy weet haar pappa het dit gevang en gaan die briefies lees.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.