Paia-aansoek ingedien oor Zuma-standbeeld in Noordwes

Pres. Jacob Zuma. Argieffoto: Ntswe Mokoena, GCIS

AfriForum het Dinsdag ’n aansoek ingevolge die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting (Paia) van 2000 ingedien by die kantoor van Noordwes-premier, Supra Mahumapelo, oor die oprigting van ’n monument van pres. Jacob Zuma in Groot-Marico.

Dié aansoek volg op die vorige aansoek in Maart vanjaar oor die oprigting van ’n Zuma-standbeeld. “Beplanning om met die oprigting van die standbeeld voort te gaan, is ná talle teenkanting – onder meer deur AfriForum, wat bereid was om die hof te nader – gestaak,” het Tiaan Oosthuizen, AfriForum se distrikskoördineerder vir Noordwes gesê.

In die jongste Paia-aansoek versoek die burgerregte-organisasie notules van vergaderings van die provinsiale wetgewer, kennisgewings in die media en alle toepaslike dokumentasie oor die begroting vir en die koste van dié projek.

Oosthuizen meen dat die oprigting van ’n Zuma-monument totaal onvanpas is gegewe die hoë vlakke van korrupsie en armoede wat onder sy presidentskap in Suid-Afrika heers.

“Zuma word verder met talle skandale verbind en daar is reeds ’n reeks strafregtelike klagtes teen hom. ’n Monument wat iemand eer moet meriete en waarde hê. AfriForum is bereid om met ander organisasies saam te werk om die oprigting van ’n Zuma-monument te verhoed.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Everything For Free ·

Los maar dat hulle die beeldjie tog oprig. Die EFF soek tog iets om weer af te breek.

Jan ·

En daar spring julle my voor. maar moenie fout maak nie, daar is baie ander wat ook sal meedoen, baaaie.

Wille Willem ·

Mooi man! Uiteindelik ook iets wat ons kan verf en afbreek.

Potlood ·

Bou dit, maar vervang sy ore moet twee groot boude :). Tenminste sal ons dan kan lekker lag vir ons geld en bietjie waarheid…

John ·

Hierdie gebied is geoormerk vir uitbreidings ooreenkomstig Zuma se plan vir oorname van die hele gebied in Noordwes om glo plase aan swartgemeenskappe toe te ken. By Marico is ‘n groot Indiergemeenskap wat dalk die plan en die beeld ondersteun. Die beeld is dalk net ‘n blykie van dankbaarheid van die toekomstige base van die plase.

Andre ·

Rig dit op net langs die N3 snelweg. Ons kan dit as ‘n “boom” gebruik en om op te teken en boodskappies skryf.

Stortkop ·

Hier by my le n ou stort kop, sal dit skenk vir die beeld.

Scalla ·

Ek voel nou in die gesig gevat, ek het van dit bekend gemaak is aangebied om ou sinkplate en longdrop gratis te verskaf vir die oprigting van die beeld.

Karin ·

Rig op!

Dan gaan almal van ons met ‘n warmlug ballon oor en maak of ons voëls is!

vrikie ·

Stem heeltemal saam om ‘n standbeeld vir stortkop op te rig, maar dan moet hulle die rou riool wat in die strate afspoel vir die joppie gebruik

Anti-stortkop ·

Rig op die beeld sal stortkop en sinke skenk. Op gedenkplaat moet die volgende staan Eerste President wat SA tot by rommelstatus kon kry en dan apartheid daarvoor blameer.

Regstegnies ·

Maroela PAIA is ‘n engelse afkorting vir Protection of Access to Information Act. Julle artikel plaas dit eerstens in ‘n afrikaanse artikel en dan nog ook in kleinletters. Nee man.

Swartkat ·

Stem vir die monument, omring met fonteine van rou riool sodat ons na geslag altyd ou rommelstatus kan onhou en gedenk

.van coller ·

Bou hom dan kan ons dit afbreek ek klip nodig vir paving voor plaas toilet

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.