Paia-aansoek oor raskwotas by mediese skole

Die Universiteit van Kaapstad. (Foto: https://www.news.uct.ac.za)

Die Demokratiese Alliansie (DA) het Donderdag ’n formele aansoek ingevolge die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting (Paia) ingedien om die 13 Suid-Afrikaanse mediese skole se toelatingsvereistes spesifiek rakende ras vas te stel.

Dit volg op die bedanking van dr. Angelique Coetzee as voorsitter van die Suid-Afrikaanse Mediese Vereniging (SAMV) ná haar opmerkings teenoor ’n radiostasie oor toelatingsvereistes by mediese skole. Sy het onder meer gesê die proses is hoogs verpolitiseer en dat mediese fakulteite raskwotas vir voornemende mediese studente het.

Die Universiteit van Kaapstad se 2022-prospektus is ook onlangs onder die loep geneem oor die uitgebreide rasgebaseerde kriteria wat in sy toelatingsproses uiteengesit is.

“Daar is ’n desperate tekort aan mediese beroepslui in Suid-Afrika, en die DA is oortuig dat alle verdienstelike studente toegelaat moet word om medies te studeer, en dat geen student op die kleur van hul vel beoordeel moet word nie,” sê Chantel King, die DA se skaduminister van hoër onderwys.

Die DA se aansoek aan Paia beoog om die volgende vas te stel:

  • Die huidige toelatingsvereistes vir nuwe studente tot ’n MBChB-graad.
  • Of bevestiging van aansoekers se rasse-identiteit as maatstaf vir toelating gebruik word, en indien wel, ’n presiese beskrywing van die wyse waarop dit toegepas word.
  • Of bevestiging van verskillende toelatingskriteria of -drempels geld vir aansoekers van verskillende “rassegroepe”.
  • Die kriteria en fisieke eienskappe waarop staatgemaak word om individuele aansoekers op rassegrondslag te klassifiseer.
  • Die kriteria en fisieke eienskappe waarop gesteun word om te bepaal of ’n aansoeker se “rasse-selfklassifikasie akkuraat” is.
  • Die aantal aansoekers wie se aansoeke vir die 2021-inname afgekeur is op grond daarvan dat hulle nie klassifiseer om aan voorkeur- “aangewese groepe” te behoort nie en wat andersins toegelaat sou word as hulle geklassifiseer is as behorende tot ’n voorkeur- “aangewese groep”.

Die DA se Paia-aansoeke is ingedien by die Universiteit van Kaapstad, Universiteit van Witwatersrand, Universiteit Stellenbosch, Universiteit van KwaZulu-Natal, Universiteit van Pretoria, Sefako Makgatho Gesondheidswetenskappe-Universiteit, Universiteit van die Vrystaat, Universiteit van Limpopo, Walter Sisulu-Universiteit, Universiteit van Johannesburg, Universiteit van Wes-Kaapland, Noordwes-Universiteit en Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit.

“Die land se gesondheidstelsels is onder enorme druk, en om waardige kandidate te verhinder om die mediese beroep te betree is nie net ’n onreg aan daardie individue nie, maar benadeel ook die lede van die publiek, insluitend die armes en kwesbaarste mense.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Di ·

Dis reg! Laat hulle nou met die hele sak patats vorendag kom, dink mos als kan verewig weggesteek word sonder dat mense die waarheid uitvind nie. As dit WEL die geval is dat jy gekeur word weens jou kleur moet hierdie spul hof toe gesleep word, punt! Ons blankes raak nou moeg vir die rasmal spul want dink hulle kan alles beheer, REGTE KOMMUNISTE

Marius ·

Die mense wat die minste bygedra het tot al die opvoedkundige instellings, van laer skole tot universiteits instellings, het nou meeste sê oor die instellings en is op pad om dit te vernietig. Dit is maklik om iets af te breek as jy dit verniet gekry het.

casper ·

Die spul twak is al meer ‘n dekade aan die gang –
Wit dogters met 6 onderskeidings HG word weg gewys en swart kinders met net 2 onderkeidings word toelaating gegee.
Dit was al in 2012 die geval by UP.

Bosvelder ·

Daar is nou al meer skokkende verhale wat uitkom. By ons is skolier met 80%+ gemiddeld afgekeur, maar ander skolier met 37% gemiddeld is goedgekeur. Die kleure is vanselfsprekend. Nou gaan sulke ouens ons dokters wees en saam met al die ingevoerde Indiërs en Kubane gaan ons nooit weer hospitaal toe nie.

Althes ·

Ek sidder as ek dink aan hoe laag die standaarde daal en hoe daar met mense se lewens gespeel word

Jakes ·

Dit is n skreiende skande dat hierdie praktyke toegepas word terwyl die standaard van mediese sorg al lankal veragter het veral in staatshospitale. Omgekeerde rassisme word sedert 1994 deel van die huidige ANC regime se beleid en word wyd en suid toegepas op vele gebiede.

Eclectus ·

Hoekom wil die DA dit nóú skielik doen. Hierdie is al vir jare algemene kennis. Tipies politici met hulle koppe in hulle ballonknope opgedruk.

Jacques ·

Julle mense moet’ie so negatief wees nie – die DA gaan ons nog almal red van die ANC…..
Bahahahahahshahaaaaaa!

lodewyk ·

Dus reg,hulle is mos vinnig om te skors as iemand die waarheid wil ontbloot,nou sal ons sien wat se kan wurms hier oopgemaak gaan word teen die wat teen wittes en ander rasse is ,dit is pure rasissme !!

Philip ·

Ek verneem dat die ou metode weer toegepas word die potlood toets omgekeerd is blykbaar n wenner wat wyd aanbeveel word deur die verlinkse raadgewers en sosialiste.

Madz ·

Natuurlik gaan daar mos nou weer teenkanting wees en verskoning en wie weet wat nog… Vra vir daai kinders wie se aansoeke geweier is om hul “bewyse” in te stuur sodat julle dit swart-op-wit het en gee DAN gas!

Jr ·

Jy sien om te praat in hierdie dae van social media het resultate. As mens net stilbly hoor of sien mense soos Afriforum, DA en ander organisasies dit nie. Dis hoekom ek jou respekteer Dr Coetzee.

Stofpoepertjie ·

Ja. Dis al jare aan die gang. N familielid was die nr 1 student in haar provinsie, en het nie keuring gekry nie.

VaalDonkie ·

Ek weet in elk geval nie hoeveel kennis jy nodig het om antibiotika en ACC200 voor te skryf nie. Of om “THE VACCINE IS SAFE AND EFFECTIVE” te antwoord op enige vrae nie. Ek kan ‘n program skryf wat daai doen en dan vra ek net R99 vir ‘n “konsultasie”. Of R999 vir onbeperkte aanlyn-konsultasies vir ‘n jaar. Laat weet wie belangstel.

Diets ·

Hou so aan DA, miskien net miskien stem ek volgende keer vir julle…

Althes ·

Dankie DA dat jul ondersoek instel. Die diskriminasie hou nie op by die toelating van mediese skole nie. Daar word gediskrimineer teen wit personeel vir permanente plasings.

Erika ·

Dit is n skande dat Politiek -Anc se Agendas moet voorkeur geniet ten koste van Dienslewering & Gesondheid
Meriete/Integriteit is mos nie meer n Faktor deesdae nie

Adriana ·

Dit is nie net op mediese vlak nie , dis orals, my meisiekind het vir 4 jaar aansoek gedoen om in te kom vir veearts by Onderstepoort, al het sy 6 onderskeidings gehad in matriek,op die ou end het sy maar haar 2de keuse, veearts nursing gedoen. Daar was onder andere van die ander studente wat as gevolg van kleur ingekom het en wat se gemiddeld 45% was, hul was so bang vir die diere, een het die dag toe hul prakties moes doen op beeste en skape eenvoudig net weggehardloop, maar nodeloos om te sê sy is deurgesit die einde van die jaar al het sy nie eers haar prakties deurgekom, of sy toe gekwalifiseer het as veearts en gepraktiseer het weet ek tot vandag toe nie, dink sy het toe opgeskop, want hul kom nie die mas op die 1ste jaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.