PAIA-aansoek oor studentegeldeverslag te midde van gerugte

studentebetogings 2015 feesmustfall fees must fall

Studentebetogings (Oktober 2015) (Foto: verskeie bronne, sosiale media)

Die Demokratiese Alliansie het ʼn aansoek by die presidensie ingedien, ingevolge die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting (Paia), vir toegang tot die verslag van die Heher-kommissie van Ondersoek oor hoër onderwys, algemeen bekend as die studentegeldekommissie.

“Dit volg ná verskeie versoeke aan die [parlementêre] portefeuljekomitee oor hoër onderwys, die nuwe minister en pres. [Jacob] Zuma om die verslag vry te stel,” het Belinda Bozzoli, woordvoerder vir die DA, gesê.

Dit is dringend en noodsaaklik dat die publiek die verslag dadelik sien. Daar was nou verskeie ontstellende gerugte wat aandui dat Zuma ‘uit sy eie’ wil optree, het sy gesê. “Volgens gerugte in die City Press, Sunday Times en Mail and Guardian het hy sy oog op ʼn baan wat die multimiljoen rand se verslag se noukeurige en deurdagte bevindings ignoreer.”

Zuma het die verslag twee maande gelede op 31 Augustus ontvang en “dit is ondenkbaar” dat hy só lank daaraan kan vashou. “Ongeveer 1,7 miljoen universiteit- en TVET (Tegniese Beroepsopleiding en -opleiding)-studente en hul ouers is angstig en onseker oor hoe om die die akademiese jaar in 2018, oor twee maande, te begin,” het Bozzoli gesê.

Universiteite het gesê hulle sal nie kan funksioneer sonder ʼn verhoging in studentegelde nie en is gretig om te hoor of die regering ʼn oplossing het vir hul dilemma. In hierdie stadium kan hulle nie enige verhogings in studentegelde aankondig sonder dat hulle ʼn aanduiding van die regering het oor moontlike ondersteuning vir hulle nie, soos die afgelope twee jaar gebeur het.

“Die verslag is gebaseer op belangrike inligting uit alle bedrywe, belanghebbendes en kenners. Dit is noodsaaklik dat die publiek toegang bekom daartoe,” het sy bygevoeg.

“Daar is nou bisarre gerugte van die president se beweerde verknogtheid oor ʼn vlak en onvolledige ‘finansieringsmodel’, wat deur ʼn student en vriend van sy dogter opgestel is. Volgens gerugte wil die president enige professionele raad ignoreer, die normale tesourie-prosedures omseil, welsynstoelaes en BTW sny, en ander programme vernietig binne en buite die departement van hoër onderwys, sodat hy ‘gratis hoër onderwys’ kan aankondig,” het Bozzoli verduidelik.

“Dit is verregaande en selfs al gebeur dit, kan geen van die talle ander probleme wat deur die kommissie se verslag oorweeg is, insluitend TVET-finansiering, die NSFAS [Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente]-stelsel en talle ander, aangespreek word deur dié benadering nie.”

Die gerugte word aangeblaas deur Zuma se versuim om die verslag vry te stel en ʼn wyse en weldeurdagte besluit oor studentegeldefinansiering bekend te maak. “Hy moet nou duidelikheid verskaf oor dié kommerwekkende gerugte en die verslag vrystel, aangesien dit die enigste manier is hoe mense se vrese oorbrug sal word.”

Zuma se versuim om die verslag vry te stel het reeds gelei tot betogings by verskeie universiteite, met verdere vandalisme. “Die toekoms van duisende studente is in gedrang deur sy versuim om op te tree en die DA sal alles in sy vermoë doen om die jeug te verdedig en seker te maak dat hulle toegang tot onderwys kry soos hulle benodig om hul lewens te verbeter,” het Bozzoli gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

snoefie ·

die verslag gaan nie tot die publiek se saligheid of veiligheid bydra nie. vertel gerus die breeeeeee publiek tersiëre instellings isbluukse wat voir betaal moet word. so betaal of behaal net A+. die enigste poorte tot tersiëre onderrig.

Privaatskole en Universiteite ·

Goeiste die mense wat daar betoog moet al oumas en oupas wees. Die probleem is daar IS nie geld om gratis onderwys te verskaf nie, maar ek verstaan dat die mense daarop aandring want hulle het destyds hulle stem vir die ANC daarvoor verkoop. Gratis behuising en gratis onderwys was van die beloftes wat gemaak is. Die probleem is na al die geplunder IS daar nie meer geld om die kinders verniet te laat oplei nie, nou val hulle skole aan waar mense hoe fooie betaal om hulle kinders in kleiner klassies te hou om die ander wat hulle daar wil indruk ast ware te subsidieer. Hulle wil 70 in ‘n klas he waar daar nou maar 30 in ‘n klas is .. wie gaan betaal? Die 30 wat oorspronklik daar was en bereid was om te betaal .. ek sien swarigheid vir die opvoedingstelsel in SA . Privaatskole is AL uitweg. Dieselfde gebeur met universiteite, steeds word miljoene rande se beurse toegeken en STEEDS is dit te min, so elke jaar hierdie tyd word daar klipgegooi en brandgesteek .. Weereens ‘ subsidieer’ die betalende ouer die NIE BETALERS! Dis ‘n KRISIS in SA.

Leahim ·

Die DA hou hom net op om ondersteuning te kry vir die volgende verkiesing wat van huidige probleme soos die verandering van die skolewet malema se rasse haat teen wit mense die enorme elektrisiteit verhoging dinge wat ons almal raak.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.