Paia-aansoek vir inligting oor Ivermektien ingedien

Die Ivermektien-tablette wat gevind is (Foto: SAPD)

Die burgerregteorganisasie AfriForum se regspan het ’n formele aansoek ingevolge die Wet op Bevordering van Inligting (Paia) gebring om dokumente en ander inligting te bekom wat gebruik is om die effektiwiteit van ivermektien in die voorkoming en behandeling van Covid-19 te bepaal.

Die aansoek is na die Ministeriële Advieskomitee (MAK) oor Covid-19 en die Suid-Afrikaanse Gesondheidsproduktereguleringsowerheid (Sahpra) gestuur. Dié organisasies meen daar is nog nie genoeg bewyse dat ivermektien wel suksesvol vir dié doel aangewend kan word nie. Daarom, meen AfriForum, is dokters nog huiwerig om die middel voor te skryf.

“Daar het die afgelope paar maande verdere inligting oor ivermektien se positiewe impak op die voorkoming en behandeling van Covid-19 aan die lig gekom,” sê Barend Uys, hoof van navorsing by AfriForum. ’n Voorbeeld hiervan is ’n meta-ontleding wat Saterdag in die American Journal of Therapeutics gepubliseer is. Die ontleding het bevind dat sterfterisiko met 62% en infeksierisiko met 86% verminder kan word deur ivermektien te gebruik.”

AfriForum en die doktersgroep I Can Make a Difference het reeds op 12 Mei ʼn skriftelike versoek aan gesondheidsowerhede, insluitend Sahpra en die departement van gesondheid gerig, waarin hulle versoek dat ivermektien vir die behandeling van Covid-19 aanbeveel moet word, aangesien daar bewyse is wat daarop dui dat die volgende vlaag van Covid-19-infeksies in Suid-Afrika begin het.

Hierop het prof. Helen Rees, raadsvoorsitter van Sahpra, aangedui dat die MAK, Sahpra, die nasionale komitee vir die lys van noodsaaklike medisyne (NEMLC) en die Suid-Afrikaanse vereniging vir aansteeklike siektes (IDSSA) almal die beskikbare data oor ivermektien vir die behandeling en voorkoming van Covid-19 onafhanklik hersien het en daarom nie geneë is om dit te gebruik nie.

Barend Uys (Foto: Verskaf)

AfriForum en I Can Make a Difference het toe ’n versoek aan die betrokke instellings gerig om hul hersieningsdokumente oor ivermektien beskikbaar te maak.

Die NEMLC het AfriForum na die departement van gesondheid se webwerf verwys.

Hierop is ’n verouderde ivermektien-hersieningsdokument wat van 25 Januarie dateer beskikbaar. Die IDSSA het aangedui dat dié instelling nie oor so ’n dokument beskik nie.

Herhaaldelike skriftelike navrae aan Sahpra en die MAK oor die kwessie het sedertdien grotendeels onbeantwoord gebly.

Uys sê deur ʼn kombinasie van heraangewende medisynes te gebruik in die voorkoming en vroeë behandeling van Covid-19, kan die druk op hospitale verlig en lewens gered word. “Alles dui daarop dat die owerhede se huidige aanbevelings oor ivermektien op verouderde inligting berus. Indien ivermektien deur al vier die genoemde instellings beoordeel is, sou die dokumente wat daarop betrekking het immers beskikbaar wees en aangestuur kon word. Die vraag moet gevra word of die publiek opsetlik mislei word, en of mense wat leiersposisies beklee nie weet wat aangaan nie,” sê Uys.

AfriForum moedig mediese dokters en die publiek aan om verantwoordelikheid te neem en self navorsing te doen oor voorkoming en doeltreffende vroeë behandeling van Covid-19 deur middel van veilige, bekende en bekostigbare heraangewende medisyne. Goeie bronne van inligting is die FLCCC in die VSA, BIRD in die Verenigde Koninkryk en die webwerf https://c19early.com/.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

70 Kommentare

Strandloper ·

Wow! Was dit nie vir ivermektien nie was ek n wewenaar vandag! Dokters maak dit af as snert. Ek moes dit by die hospitaal in smokkel en my vroutjie wat kronies siek is het deur getrek! Prys die Here vir ivermektien. Dit stop nie daar nie, my suster het by die dood om gedraai met borsluis koors en ivermektien het gehelp.

Willem ·

Word baie swak opgeneem as jy smeer. Gaan lees op FLCCC ALLIANCE se website.

Marie ·

Diets ek hoor hulle sê as jy dit drink werk hy beter.My vriendin drink elke week 1 ml en haar man 2 ml.En hulle is ouerige mense en hulle het nog niks siek geword nie hulle drink dit nou al amper i jaar sê sy.So ek glo drink gaan beter wees????‍♀️

Pieter ·

Marie, dit is goeie nuus. Drink hulle dit skoon of met water? Neem aan dit is koöperasie vee Ivermektien.

Francois Le Cochon ·

“Ek hoor hulle se^”? Dis soos alle fopnuus begin!

Francois Le Cochon ·

Vra jou dokter, dan hoor jy die waarheid. As jou kar breek neem jy tog nie jou kar na ‘n droogskoonmaker nie.

Pieter ·

Hang of watse dokter. My dokter is hoogsgeleerd, het Covid gehad en homself reggedokter met goedkoop medisyne. As my kar breek bring ek die kar na die een wat die meeste vertroue inboesem en ‘n goeie getuigskrif het. Heel elementêr.

Johan ·

Die geld krane gaan vir jou en die bende begin toedraai Frans.

piet ·

Hoekom? Die wat wil geld maak uit Ivermektien sal geldmaak. Selfde storie maak nie saak wat die produk nie.

Ilze ·

Jio. Kan nie glo dat ivermektien so ” weggesteek” word nie. Enigste meds wat kan help.

Samuel ·

Ek is daarvan oortuig dat die publiek van meet af aan mislei word. Daarmee bedoel ek geensins dat Covid-19 nie bestaan nie. Die gesondheidsowerhede is suinig met die waarheid. Dankie Afriforum vir wat julle doen.

Hennie ·

Ivermectin werk bo alle twyfel! My vrou is ‘n diabeet met genoeg probleme. Sy het positief getoets, het vinnig in die verkeerde rigting beweeg. Een 6mg Ivermectin en sy het begin beter voel. Na 4 ure het sy haar kop opgelig en sy kon weer mooi asem haal! Sy is nou op dag 6. Lyfseer, bietjie slym hoes, maar beslis nie in die hospitaal nie!

Diets ·

Gesmeer of gedrink? Ek probeer uitvind watter metode die beste is…

My siening ·

Smeer 2ml 1keer n week as voorkoming op sagte vel onder bo arm of lieste en as jy covid het elke dag dit werk en ons nog gesond met bure positief en ivermetkin 2 dae toe is hulle beter sonder komplikasies!

Francois Le Cochon ·

Dieselfde met my vrou , sy het net nie Iverktien geneem nie.

Ilze ·

Ivermektien saam Christus se genade en genesing=enigste beskerming teen covid.

Johan ·

Ekt dit begin drink toe ek in Desember moer siek was, drink elke week die 1%, dier meds, saam n allergie pil, sommer so uit die spuit, was nog nie weer siek nie. Waarheid begin deer syfer, die bende wat so teen die middel veg moet ASB onthou wie was verandwoordelik vir die hele covid katastrofe en hul vriende se dood.

piet ·

Ek drink al vir 3 jaar koeksoda elke dag. Gout is weg en ook nog nooit weer siek gewees van enigiets nie. Ek dink koeksoda is ‘n wondermiddel.

Anel ·

Ivermectin word al jare en jate gebruik. Daar is al hoeveel studies gedoen en word in baie lande aan beveel. Nou, hier by ons wil hulle nie hê ons moet dit gebruik nie, maar eerder ongetoetsde inentings. Hoekom? Die regering maak meer geld uit inentings en dit is beter om mense paranoïes te hou. Daar is geen doel daarin om vir mense te sê dat daar n veilige medisyne is nie. Sodra dit gebeur kan ons weer normaal aangaan met ons lewens, ophou met die al ewige hande was en dra van vervloekte maskers. En dit wil die regering nie. Hulle wil nie beheer oor ons verloor nie. Wel ek het nuus vir hulle, druk die inenting waar die son nie skyn nie. As ek nou die dag siek word SAL ek aandring op Ivermectin. Dít is my reg. Nie ongetoetsde inentings nie. Dankie Afriforum.

Pieter ·

Mooi Anel. Raak saamgevat. Die inentings is eintlik daar vir verlaagde immuniteit, siektetoestande en dood aan te help met tyd en bevolkingsaanwasbeperkings. Die pandemie se gebeure is verdag en dikwels teenstrydig. Om klimaatsverandering teë te werk is daar minder mense nodig. Die Covid angs en inspuitings is beter as fisiese oorlog reken die top.

Francois Le Cochon ·

Ja, WHO en die vervaardiger, Melck, voorsien dit al sedert die 70’s gratis aan lande vir die gebruik teen inwendige menslike parasiete. Indie is die groottste verbruiker, tog het dit nie gehelp met covid in Indie nie.

Vlooitjie ·

Oh give it a rest. Los asb die mense uit wat ondervinding gehad het met Ivermectin wat gewerk vir hulle en karring liewer aan met jou masker en glo jou entstof is veiliger. Hoekom MOET jy reg wees en die res verkeerd. Glo wat jy glo en ons respekteer dit maar los die uit wat Ivermectin wil gebruik. Dit verander niks aan jou saligheid nie.

Thom ·

Ek vermoed dat Prof Rees bietjie meer van Covid weet as die totale ledetal van Afriforum saam .

Jaco ·

Ivermektien is ‘n wit boere ding. Ek vermoed dat daar bitter min of selfs geen regstellende aksie en BEE in die vervaardiging en verspreiding van ivermektien is. Daarom word dit nie gebruik om Corona te beveg nie.

Francois Le Cochon ·

‘n Wit boere ding? Ivermektien is in die 60’s deur ‘n Japanees ontwikkel, en word tans deur die Duitse maatskappy Melck in VSA vervaardig.

Bushy ·

Kla hulle aan vir moedswillige verswyging van lewensreddende medisyne. Te veel onnodige sterftes deur hulle arrogante geldgedrewe politieke agandas.

Thom ·

Dit is en bly ‘n wurmmiddel . Vir diegene vir wie dit gehelp het vir Covid sou smarties ook gehelp het .

piet ·

As veedip so goed was sou dit teen hierdie tyd reg oor die wereld vir Covid gebruik gewees het. In ‘n land soos Indie waar dit vrylik beskikbaar is word dit nie vir Covid gebruik nie. Daar’s ‘n rede daarvoor anders sou mense dit op ‘n massaskaal gebruik het. Ek pos maar weer want my eerste kommentaar is nie geplaas nie, bevorder seker nie Afriforum se narratief nie.

Danie ·

@Piet gaan kyk weer. Vandat hulle evermiktien gebruik in Indie het hulle sterfte syfers baie gedaal. Ek dink nie jy is op hoogte van wat aangaan in Indie nie

piet ·

Dis seker die rede hoekom die Indiese gesondheidsministerie op 7 Junie besluit het om die gebruik van Ivermektien te laat vaar ne? Die gebruik daarvan het blykbaar hand uitgeruk sonder enige noemenswaardige mediese voordeel vir pasiente.

piet ·

Die sterftesyfer het nie gedaal weens die gebruik van Ivermektien nie. Dus bloot die einde van hul 2de vlaag en hulle verwag hul 3de vlaag ook binnekort. Ivermektien kan as simptomatiese behandeling gebruik word om ligte en matige simptome te behandel soos om pynpille te gebruik wat ook help. Dit het geen effek op die sterftesyfer nie en kan nie Covid sterftes keer nie.

KB ·

Dit word onder andere met sukses in Australië gebruik. Indië is nie ‘n eerstewêreld land nie, en goeie higiëne is nie hul kenmerk nie.

piet ·

Australie is nie ‘n goeie voorbeeld nie, omtrent niks positiewe gevalle nie. Mense wat in Australie woon het geen idee van die omvang van die siekte nie want hulle beleef dit nie daagliks eerstehands op ‘n massiewe skaal nie. Die siekte het verwoesting gesaai in van die wereld se rykste eerste wereld lande so higiene is ook nie juis die alfa en omega nie.

Johan ·

Net daar verstaan jy nie lekker nie Piet…net daar, jy kan nie glo dat Politici vir jou lieg nie….of jy maak ook geld uit die katastrofe.

piet ·

Daar gaan meer geld gemaak word uit Ivermektien veral op die swartmark (dis nou as bevind word die goed is enigsins die moeite werd). Veedip gaan ook nie verniet wees soos die vaksiene nie so meer geleentheid om geld te maak. Jy sal dit nie nou verstaan nie maar wel later.

Chris dupreez ·

Die regering wil nie evermektien goedkeur omdat dit alreeds orals beskikbaar is en hulle nie gaan geld maak vir die anc met die verspreiding nie

piet ·

Dokters kan dit voorskryf, daar’s geen beletsel daarteen nie. Hoekom skryf hulle dit nie voor nie?

Thom ·

Piet , omdat dit nie werk nie en as ek iemand doodmaak deur ‘n wurmmiddel vir Covid te gee kan die familie van die oorledene my uitroei .

Gato ·

Die doktors skryf dit wel voor. Ek en my vrou gebruik dit op voorskrif van ons dokter. Sy het ons wel n keuse gegee of ons dit wil gebruik of nie. Ek kan getuig dit werk defnitief vir ons.

piet ·

Panado’s of enige ander pynpille help ook vir simptome. Dit word nie ontken dat dit kan help met die simptome nie (soos pynpille ook sal help), gaan egter nie sterftes keer nie.

koos10 ·

Daar is. Moet aansoek doen by regering om dit voor te skryf.

piet ·

Nee, nie meer nie. ‘n Dokter kan dit voorskryf, hoef geen aansoek te doen nie.

Johan ·

Piet, hulle kan nie want hul versekering dek dit nie, want die owerheid keer dit nie goed nie. Kom by ASB.

Gato ·

As mense tog net die internet se wil gebruik om ingelig te raak dan sal dit soveel beter gaan met die mens”dom”. Daar is kommentare hier wat boekdele spreek van mense se intelek. Luiter na die doktors se raad en maak dan julle eie oordeel. (Die wat in staat is om dit te doen)
https://fb.watch/5ZzIrnEcph/

piet ·

Twee random dokters se mening gemeet aan die opinie van derduisende ander dokters, die WGO en mediese rade van meeste lande wat waarsku teen die gebruik daarvan. Die veedip help hoogstens om matige simptome te verlig. DIT KEER NIE STERFTES NIE en dis die “boottom line”. Ek is seker as jy vir enige dokter vra of Panado’s (of enige ander pynpil gaan help met simptome van Covid (soos hoofpyn), gaan die antwoord ja wees. Hou ook in gedagte dat die herstelkoers in elk geval baie hoog is of jy nou medikasie in enige vorm neem of nie.

KB ·

Ek stem saam dat die grootste deel vd wêreld oningelig is. Voeg daarby impulsief en emosioneel.
Gaan doen eerder self bietjie navorsing en staak hierdie napratery van die media.

Kwikkie12 ·

Net ‘n vraag as jy jou dokter vra om dit voor te skryf, mag hy weier? En by watter apteke kan dit gekry word? Hoekom verkies die regering en mediese dat mense ingeënt word met inentings wat nog nie FDA goedgekeur is nie (daars ‘n groot verskil in nood goedkeuring en finale goedkeuring wat jare se navorsing insluit)? Maar om een of ander geheimsinnige rede is Ivermectin nie hulle goedkeuring waardig nie? Dit het baie mense in Indië gered soek self dit op!

piet ·

Natuurlik kan ‘n dokter weier om dit vir jou voor te skryf as hy dink dis nie die regte ding om te doen nie. Jy kan nie ‘n dokter dwing om ‘n sekere medisyne vir jou voor te skryf nie. Watter vaksiene mag ingeent word voordat dit goedgekeur is? Die Corona virus word al vir jare nagevors (al dekades lank, daar’s ‘n klomp varieteite daarvan) dis hoekom hulle so vinnig vaksienes kon vervaardig het. Veedip het niemand in Indie gered van die dood nie. Dalk ‘n paar simptome verlig.

Thom ·

Piet , daar is blykbaar navorsing wat gevind het dat Ivermectin teen 30 x die veilige dosis wel kan help ; jy kan dan natuurlik saam met jou wurms sterf !

Persheks Adri ·

Ek’s baie jammer, maar my risiko is té groot om die inenting te vat. Onder gewig, bloeddruk is 80 oor 50, gewasse op my skildklier, suiker probleme en nog onderliggende siektes. Ek sal nie eers gaan vir chemoterapie nie so wat nog van die inenting? Smeer maar Ivermectin 1 keer per week en bly op my knieë!!!

Ian ·

Indien Ivermektien of enige ander middel suksesvol teen covid19 aangewend kan word mag die mediese owerhede blykbaar nie die eksperimentele entstowwe aanbeveel vir noodbehandeling nie. Die entstowwe kan eers na ‘n paar jaar se suksesvolle toetse volledig goedgekeur word. Dit wil dus voorkom asof hulle so desperaat is om die entstowwe onmiddelik te gebruik dat hulle nie wil erken dat daar wel ander baie suksesvolle medikasies beskikbaar is nie.

KB ·

Miskien moet Afriforum met Dr. Reiner Fuellmich, Dr. Peter McCullough en Dr. Simone Gold (www.aflds.org) begin gesels en sodanig spoed begin kry voor 3 Julie 2021 se hofsaak in Nürnberg, Duitsland.

Elizabeth ·

ñ kollega se gade het onlangs Covid gehad en was baie siek. Hy het ivermektien gebruik en dit het onmiddellik begin werk. Hulle is heeltemal oortuig.

piet ·

As hy nie onmiddelik so siek was dat hy in die hospitaal opgeneem moes word en aan ‘n asemhalingstoestel gekoppel moes word nie, was hy nie dodelik siek nie en in elk geval in die kategorie wat herstel met of sonder medikasie, Dalk net vinniger gesond geword.

Hippo ·

Wow Piet ek het nou al jou kommentare gelees. Dit klink of jy ‘n dokter, raadgewer, professor en mediese kenner van Covid kan wees. Ek het my eerste vaccine gekry en het nog nie ‘n ekstra arm gegroei nie en ek het ook Ivermektien maar nog nie gebruik nie.
Almal doen hulle eie ding.

Jack ·

Dit raak vir my daagliks al hoe duideliker dat die regering nie lewens wil red nie. Kyk na die tempo van die” Jab “ en die ignorering van ivermektien se voordele dan kan ek nie anders as om te dink dit gaan oor geld vir elke spuit wat j&j kan verkoop.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.