Pakhuis brand in Parow

Brandbestryders spook ure lank om brand te blus (Foto: Verskaf)

Brandbestrydingspanne spook al ure lank om ’n brand te blus wat Maandag vroegoggend in ’n pakhuis in Parow, Kaapstad, uitgebreek het.

Lede van die brand-en-reddingsdienste in Kaapstad is omstreeks 05:25 na die pakhuis op die hoek van Fritz Spilhaus-rylaan en Jean Simon-straat in Parow-Oos ontbied.

Volgens Jermaine Carelse, woordvoerder van die brand-en-reddingsdienste in Kaapstad, het lede by hul aankoms op die toneel die brandende pakhuis bevestig dat die dak weens die brand reeds ineengestort het.

“Altesaam 40 brandbestryders is tans op die toneel om die brand te blus en om aangrensende strukture teen die brand te beskerm,” bevestig Carelse.

“Geen beserings is tot dusver aangemeld nie. “

Die oorsaak van die brand is in hierdie stadium nie bekend nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Ruby ·

Ek het nou nie ‘n graad in joernalistiek nie maar ek sou genoem het:
1. wat word daar gestoor
2. wat die toeskouers onder mekaar spekuleer

Swerwer ·

Hoef glad nie te wonder wat die oorsaak van die brand is nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.